Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Is ons nog Gereformeerd?

AKTUEEL: Die Kerk in nood (Dr Pieter van der Dussen)

SKRIFOORDENKING:
Ten grond oor gebrek aan kennis

Mag ons die Bybel interpreteer?

Fundamentalisme ....

Gereformeerde Kerk Waterberg (dolerend)

Gelowige Skrifverklaring ....

Lykverbranding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Geref Kerk Aranos aan GKSA

Geref Kerk Orania ....

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Asmal - plan vir godsdiensonderrig

Asmal wil sinkretisme deur dwang bewerkstellig

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
"Nkosi sikel 'iAfrika"

Mosie kongres HNP

Prinsipiële kritiek op plasing van afbeelding van Jesus

Vrouediakens - 'n stap vorentoe! of agtertoe?

PERSRUBRIEK: 
Vereniging van nie-blanke kerke

Vervlakking in die kerk

Nuwe godsdiens, nie hervorming

GKSA Sinode 2003

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Pynbehandeling al sterf die pasiënt

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 3 Mei 2003

MEDIESE ETIEK

PYNBEHANDELING AL STERF DIE PASIëNT?

-  DR MC DURAND  -

Dikwels hoor ons die volgende ernstige stelling: Ons mag maar alles doen om die pyn te behandel, al sou dit die dood van die pasiënt beteken.

Hierdie stelling word gemaak vanweë die aard van die behandeling van erge pyn - soos dikwels die geval by terminale kanker pasiënte is. Erge pyn word dikwels met morfien behandel. Die behandeling met morfien is baie effektief. Alle pyn, ongeag hoe erg kan met morfien suksesvol behandel word. Die probleem is egter dat hoë doserings van morfien ook die asemhaling onderdruk. Hierdie asemhaling se onderdrukking kan aanleiding gee tot longontsteking. Baie hoë doserings van morfien kan selfs veroorsaak dat asemhaling heeltemal ophou en die pasiënt sterf.

Maar is dit reg? Kom dit nie neer op aktiewe eutanasie nie? Is dit nie gewoonweg moord nie? Is daar enige verdediging vir hierdie beleid van pynbehandeling sodat dit nie neerkom op moord nie?

Die verdediging van hierdie beleid vind ons by talle skrywers. Die verdediging is as volg: Daar word eers onderskei tussen daardie handelinge waarvan ons die gevolge bedoel (naamlik wat ons wens, of wil hê) en daardie handelinge waarvan ons die gevolge nie bedoel nie, maar wel kan voorsien (wat ons naamlik nie wens of verkies nie). Die handelinge met die bedoelde of gewensde gevolge is van groter morele betekenis as die handelinge met die ongewensde, maar wel voorsiene gevolge. Solank die ongewensde gevolge onvermydelik is en nie buitensporig erger is as die gewensde gevolge nie.

Volgens hierdie redenasie mag die arts morfien aan die terminale kanker pasiënt met erge pyn voorskryf in ‘n dosering wat hoog genoeg is om alle pyn weg te neem, al sou dit beteken dat die pasiënt van die hoë dosering morfien sou sterf. Aangesien dit ‘n morele goeie is om pyn te verlig, is die handeling om morfien te gee, goed. Aangesien die afsterwing - alhoewel dit voorsien was, nie bedoel was nie, sal hierdie negatiewe gevolg nie die goeie gevolg van pynverligting uitbalanseer nie.

Verbied God slegs daardie handelinge met bedoelde kwade gevolge, maar nie handelinge met voorsiene, maar nie bedoelde kwade gevolge nie? Duidelik leer die Skrif ons die teendeel: Wanneer iemand se bees tevore stoterig gewees het en hy gewaarsku was, maar dit nie opgepas het nie, en dit ‘n man of ‘n vrou doodmaak, moet die bees gestenig word, en sy baas moet ook gedood word (Eks 21:29). Seer sekerlik word nie net die man wat bedoel het om ander mense met sy bees dood te maak gestenig nie. Die man word gedood omdat hy moes geweet het sy bees gevaarlik is en omdat hy moes voorsien het dat sy bees iemand kan doodmaak.En as manne met mekaar veg en ‘n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan.maar is daar ‘n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe (Eks21:22-23). Die doodstraf word hier nie beperk tot die man wat bedoel het om ‘n letsel te veroorsaak nie. Die doodstraf word hier bedien aan mans wat versigtiger moet wees in die nabyheid van ‘n swanger vrou, want hulle behoort te weet en te voorsien dat ‘n geveg skade kan veroorsaak aan ‘n swanger vrou.

As jy ‘n nuwe huis bou, moet jy ‘n leuning aan jou dakmaak, sodat jy geen bloedskuld op jou huis bring as iemand daarvan afval nie (Deut 22:8). Die skuld word nie beperk tot die geval waar daar bedoel word dat iemand van die dak sal afval nie. Daar is skuld op daardie persoon wat moes geweet het en voorsien het dat iemand van sy dak sonder leuning kan afval. Buitendien is daardie spitsvondige onderskeid tussen bedoelde gevolge is, en voorsiene gevolge maar nie bedoel word nie onmoontlik om in die verstand te handhaaf.

Is ‘n mens se verstand in staat om ‘n gevolg van ‘n handeling te voorsien, en voort te gaan met die handeling en werklik nie die gevolg daarvan ook bedoel nie?

Duidelik strek my moraliteit nie net sover as wat my bedoelings strek nie. Duidelik leef ons nie in ‘n wêreld waar roekeloosheid nog ontdek moet word nie. Indien hierdie spitsvondige onderskeid tussen gevolge wat bedoel of slegs voorsien word waar was, dan sou aktiewe eutanasie vir pasiënte met erge pyn moreel toelaatbaar word, solank as wat dit met morfien gepleeg word.

 

Neem asseblief kennis van die verandering van Die Kerkpad

se telefoon- en faksnommer.

Van nou-af kan u ons bereik by die Pretoriase nommer

012 - 546 2846