Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Is ons nog Gereformeerd?

AKTUEEL: Die Kerk in nood (Dr Pieter van der Dussen)

SKRIFOORDENKING:
Ten grond oor gebrek aan kennis

Mag ons die Bybel interpreteer?

Fundamentalisme ....

Gereformeerde Kerk Waterberg (dolerend)

Gelowige Skrifverklaring ....

Lykverbranding

KERKLIKE JOERNAAL: 
Geref Kerk Aranos aan GKSA

Geref Kerk Orania ....

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Asmal - plan vir godsdiensonderrig

Asmal wil sinkretisme deur dwang bewerkstellig

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
"Nkosi sikel 'iAfrika"

Mosie kongres HNP

Prinsipiële kritiek op plasing van afbeelding van Jesus

Vrouediakens - 'n stap vorentoe! of agtertoe?

PERSRUBRIEK: 
Vereniging van nie-blanke kerke

Vervlakking in die kerk

Nuwe godsdiens, nie hervorming

GKSA Sinode 2003

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Pynbehandeling al sterf die pasiënt

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 3 Mei 2003

OPVOEDING EN ONDERWYS

ASMAL-PLAN VIR GODSDIENSONDERRIG

"Godsdiensonderrig moenie enige vorm van godsdienstige lewe bevorder nie. Dit is 'n program vir die studie oor gelowe."

In BEELD van Dinsdag, 1 April 2003 beskryf Alet Rademeyer die konsepbeleid oor godsdiensonderrig in skole, soos dit deur die minister van onderwys, Kader Asmal, voorgelê is. Sy skryf die volgende:

"Enige vorm van godsdiensleer, indoktrinasie, propaganda, katkisasie, bekering of belydenis sal in staatskole verbied word as die jongste konsepbeleid oor godsdiensonderrig in skole aanvaar word. Die beleid is ... aan 'n uitgesoekte groep mense voorgelê vir kommentaar.

Luidens die beleid is belydende of sektariese vorms van godsdiensonderrig in staatskole onvanpas in 'n demokratiese samelewing met sy godsdiensverskeidenheid.

Die aanvaarding van 'n godsdiens deur 'n skool moet ontmoedig word. Onderwysers moet eerder verduidelik waaroor godsdienste gaan met die opvoedkundige doelwitte om begrip en respek vir diversiteit te bevorder. Die beleid is die gevolg van tien jaar se navorsing en konsultasie.

Luidens die dokument is Suid-Afrika 'n land wat al die belangrikste wêreldgodsdienste omhels, al sê meer as sestig persent van die mense dat hulle Christene is.

Die uitgangspunt is dat godsdiensonderrig "opvoedkundig" moet wees.

Daar moet na 'n verskeidenheid vir 'n uiteenlopende samelewing gekyk word. Hoewel godsdiens belangrik is, is dit nie die enigste bron vir morele waardes nie.

Die beleid sê godsdiensonderrig mag nie godsdiensbelange bevorder nie. Die skool moet dié onderrig op 'n ander manier aanbied as wat by die huis, deur die gesin of in godsdiensgemeenskappe gedoen word.

'Die onderrig en vorming van 'n volgeling in 'n geloof is primêr die taak van die gesin en die godsdiensgemeenskap", lui die dokument.

Die beleid sê staatskole kan godsdiensonderrig buite die formele skoolkurrikulum toelaat, solank dit vrywillig en op gelyke grondslag gebeur.

Luidens die beleid moet godsdiensonderrig 'n akademiese program wees met duidelike oogmerke vir die leer van godsdienste en godsdiensverskeidenheid in Suid-Afrika en die wêreld.

'Godsdiensonderrig moenie enige vorm van godsdienstige lewe bevorder nie. Dit is 'n program vir die studie oor gelowe.'  Die beleid sê staatskole moet neutraal wees teenoor die verskeie geloofsgemeenskappe in ons land.

Godsdiensonderrig sal van graad 0 tot graad 9 op verskillende leergebiede, veral lewensoriëntering, ingesluit word. Dit sal ook vanaf graad 10 tot 12 as vak geneem kan word.

Van graad 0 tot graad 3 kan leerlinge leer oor simbole, diëte, kleredrag, heilige plekke en maniere van aanbidding in die verskillende gelowe. Van graad 4 tot graad 6 kan hulle leer oor waardes, feeste, rituele, gebruike en heilige plekke. In graad 7 tot graad 9 leer hulle hoe die spirituele filosofieë met die gemeenskap en sosiale waardes verband hou.

Luidens die beleid sal godsdiensonderrig nie 'aan predikante oorgelaat kan word nie. Dit vereis opleiding, toewyding en entoesiasme van professionele onderwysers.'

Godsdiensonderrig-onderwysers sal nie 'n bepaalde godsdiens kan voorstaan of geloof bely nie. 'Teaching en preaching ' sal duidelik onderskei moet word."