Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Afrika-renaissance

AKTUEEL: Terug na Dordt

SKRIFOORDENKING: "Mag die Here jou insig gee in alles" - 2 Tim 2:7,8

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (3)

'n Goeie Belydenis

Die nuwe Psalmberyming
Waarom 'n geslote saak?

Ds JP Coetzee geëmeriteer

BOEKBESPREKING:  WJ de Klerk se: "Die vreemde God en sy mense" (3)

Die Dordtse Leerreëls
Dordt teenoor die Arminianisme

Saak van die vrou in die leer- en regeerampte van die kerk

KERKLIKE JOERNAAL: 
Beswaar teen vroulike diakens
Diakonesse in die Kerkgeskiedenis
Metodistiese opwekkingsbeweging in SA (1859)

OPVOEDING EN ONDERWYS:
"Rassisme" in die Onderwys?!

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Groen van Prinsterer (10)

Die Konvent van Reformatoriese Kerke in Suider-Afrika

PERSRUBRIEK: 
Vroliker sang in Eredienste?

Skrifkritiek betwis tydens opening van APK Teologiese Skool

KOMMENTAAR: 
Repliek op professorale diskreditering van kritiek
Prof Amie van Wyk vra antwoord

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (6)

"Moet ons aanvaar dat die Kerk deur die eeue die leiding van die Gees verkeerd verstaan het?"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Palliatiewe Sorg

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

 

HOOFARTIKEL

DIE VERKIESINGSUITSLAG ... WAT NOU?

Territoriale Staatseenheid

 

 

DIE VERKIESINGSUITSLAG

... WAT NOU ?

Territoriale Staatseenheid

Die uitslag van die afgelope verkiesing het vir baie van ons mense, ook van die lesers van ons blad, geskok en verwar. Talle telefoonoproepe is aan ons gerig met die vraag: "Wat nou?" Dat daar so 'n swaai weg van die sogenaamde (Afrikaner-) "volksgerigte" partye, die Vryheidsfront (VF) en die Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB), plaasgevind het, is deur die voorstanders van die deelname aan die verkiesing oor die algemeen nie verwag nie. Die enigste gevolgtrekking wat hieruit afgelei kan word is dat baie voormalige ondersteuners van die VF en die Konserwatiewe Party (KP), óf nie gestem het nie, óf pragmaties vir die Demokratiese Party(DP), die Federale Alliansie (FA) en die African Christian Democratic Party (ACDP) gestem het. Daar is uitsonderings met betrekking tot ander partye, maar dit blyk uit waarneming dat dit die oorheersende stempatroon van die Afrikaner was.

Dit is normaal dat wanneer 'n saak skeef geloop het, gevra word, wat nou? "Wat moet ons nóu doen om dié mislukking weer te probeer regmaak?" As die ongeluk 'n mens getref het, staan hy anders teenoor 'n saak as daarvóór, toe dit vol moed en met hoopvolle verwagting aangepak is. Hoe moet ons hierdie terugslag verwerk en aanvaar óf ... dalk nie aanvaar nie? Dit is die vraag wat op hierdie oomblik by talle bekommerde volksgenote heers. Tog behoort dié uitslag van die verkiesing nie te verbaas nie. Wat die blankes, en des te meer die Afrikaner deel van die bevolking raak, is die oorweldigende getalle-oorwig van die swartes wat in die een-mens-een-stem bedeling op gelyke voet meegeding het. Die blanke kieserspotensiaal het hoofsaaklik dáárom, pragmaties, op 'n ander wyse as voorheen gesoek na die voor die hand liggende beste hantering van sy maatskaplike en persoonlike belange. Dit is waarom ontleders van die verkiesingsuitslag die swaai weg van die volksgerigte partye, die VF en die AEB, verklaar dat, "wit kiesers gestem het vir 'n geloofwaardige wit party wat hulle glo hulle voorregte sal beskerm. Witmense glo die DP sal hulle kan beskerm van wat hulle sien as 'n totale aanslag" (BEELD, 8 Junie 1999).

Dit bevestig helaas die huidige ruggraatloosheid en beginselloosheid van die merendeel van ons Afrikanervolk. Korttermyn-oplossings en materiële belange is die prioriteit van die oomblik. Dog binne die territoriale staatseenheid van ons land kán die Afrikaner nie sy kulturele en politieke selfbeskikking en die verwesenliking van sy oortuigings en belange herwin nie, tensy deur die beleid van afsonderlike ontwikkeling, wat met die staatkundige revolusie van 1994 formeel beëindig is. Na aanleiding van die Franse Revolusie het 'n Franse skrywer, Albert de Broglie, hom in 1860 as volg uitgelaat oor staat-kundige stelsels wat soortgelyk as die grondslag van die huidige RSA dien.

Wat as die ou régime bekendstaan, het onherroeplik ondergegaan; maar noudat die mense niks anders as gelyke individue meer is nie, wat elk op sigself magteloos is, maar oppermagtig as hulle tot 'n eenheid verbind word, staan jy sonder verweer teenoor die grillige alvermoë van 'n meerderheid. ... As hulle my vertel dat binne 'n volkryke nasie, oorlaai met al die goedere van 'n nuwe beskawing, die algemene stemreg 'n diktatuur tot stand bring, dan weet ek dat ek daarmee te staan kom teenoor 'n gesag wat van onderaf legitimiteit ontvang,

uit die krag van eenheid, verhonderdvoudig deur die mag van getalle. Dan sidder ek en ek voel dat dit 'n vyandelike mag is wie se toekoms deur die gewete en die menslike waardigheid betwis moet word, aldus De Broglie.

Die vrywillige deelname aan die verkiesing veronderstel die aanvaarding van 'n stelsel waarbinne die tirannie van die getallemeerderheid heers. Ek ken geen nasie wat uit 'n algemene stemreg gebore word nie, maar 'n volk wat in die volkshistorie gewortel is, sê die anti-revolusionêre Nederlander, Mr G Groen van Prinsterer. Dit beteken in ons omstandighede, volksgerigte politiek. Daarby aansluitend verwys dr Abraham Kuyper na die nagevolge van die Franse Revolusie ten aansien van die Nederlandse volk, dat die wankele mure van hulle volksbestaan omvergehaal en sy stene afgekap is, slegs om dit op 'n hoop te stapel sonder om te begin met die oprigting van 'n nuwe gebou. Die Liberalisme is anti-sosiaal omdat dit individualisties is en in 'n volk niks anders sien as 'n aantal siele binne 'n bepaalde grondgebied.

"En dit bederft en verderft heel ons volksleven. Dit loopt uit op een losrijten van alle banden, om de eenlingen die vijftig minus een zijn, door de eenlingen die vijftig plus een uitmaken, te tyranniseeren. Zoolang men daarin volhardt, komt er dan ook geen beterschap. Dán eerst als de deelen van het volkslichaam weer elk in hun eigen functie zullen kunnen werken, zal de gezondheid van dat volkslichaam weerkeren", aldus dr Abraham Kuyper.

As redaksie van DIE KERKPAD het ons tot dusver 'n lae profiel gehand-haaf oor die aangeleenthede van die politiek. Ons wou nie diegene wat dit ernstig gemeen het, om deur deelname aan die verkiesing die saak van ons Boere-Afrikanervolk te bevorder, openlik teenstaan met betrekking tot die benadering van die politieke stryd nie. Nou is dit die tyd om 'n heldere en ondubbelsinnige antwoord te verskaf. Dit behels die prinsipiële verwerping van die multi-kulturele en multi-religieuse eenheidstaat met sy rasionele grondslag van die sogenaamde menseregte. "Die miskenning van gemeen-skappe of volke se reg op selfbeskikking en die idee dat die bevolking van Suid-Afrika net uit, sê maar, dertig miljoen individue bestaan en dat die helfte-plus-een meerderheid van hierdie massa individue 'demokraties' vir almal besluit, maak van 'demokrasie' 'n tirannie van getalle. ... In Suid-Afrika sal 'n stelsel van een mens een stem, op politieke volksmoord neerkom. NP van Wyk Louw het teen hierdie gedwonge gelykheid gewaarsku en gesê, jy sal dit bereik net oor die dooie liggame van 'n hele volk heen! Daardie soort liberale 'demokrasie', toegepas op Suid-Afrika, is die dood in die pot vir ons volk - of vir enige ander volk", aldus dr AP Treurnicht (13 Julie 1990).

Daarmee kom ons terug by die vraag waarmee ons hierbo begin het: Wat nou? Daarop die antwoord: om weg te kom van vermeende korttermyn-oplos-sings en pragmatiese besluitneming en vas te staan by die Goddelike oorsprong van die taal-, kultuur- en volkereverskeidenheid! Dit is Sy besluit om teenoor die menslike sug na magsontplooiing, wêreldvrede en strewe na horisontale "versoening" en 'n nuwe wêreldorde, wat materiële welvaart moet verseker: "dit wat hulle van plan is om te doen", om dié menslike hoogmoed deur die spraakverwarring (Gen 11 : 5 - 9), te laat misluk. Dit motiveer en regverdig 'n prinsipiële verset teen en die weerstaan van die strewe tot die voorgestane nasionale eenheid van die "reënboognasie" en "versoening oor die onreg van die verlede", die beleid van afsonderlike ontwikkeling. Daardie strewe, dié eenheid en daardie "versoening" kán en sál nooit werk nie.

R

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

POLITIEKE KRONIEK

DIE ANC
TEENOOR DIE GEREFORMEERDE (CHRISTELIKE)
GELOOF EN LEWENSBESKOUING

- P VAN DER KOOI -

(Vorige Aflewering)

In hierdie kroniek wil ons die aandag vestig op die prinsipiële onversoenbaarheid met die ideologiese beginsels, stryd en strewe van die ANC om ons land in al sy fasette te oorheers, soos wat dit voor en sedert die politieke revolusie van 2 Februarie 1990 as beleid aanvaar is en tans realiseer.

-'n Brosjure van SERKOS (Sentrum van Reformatoriese en Kontemporêre Studies) Studiestuk No 1, Herfs 1989 -

6. SAKP EN DIE KERK 1)

Onder leiding van die Belydende Kring (BK) van die NG Kerke is die Belydende Beweging (BB) ontwikkel. 'n Uitnodiging na 'n National Assembly of Confesssing Communities is aan "belydende" gemeentes en "belydende kringe" in sekere gemeentes gestuur wat aan die einde van Mei 1987 naby Johannesburg plaasgevind het. "The Belydende Kring has decided to call into existence a national network of confessing and prophetic communities". Die doel van die byeenkoms was om 'n Belydende Beweging te vorm geskoei op die lees van die BCC 's (Basic Christian Communities). Verskeie radikale voorstelle is gedurende die byeenkoms gemaak en rewolusionêre liedere met steun aan Mandela is gesing. Daar is besluit om 'n aksieplan vir politieke bewusmaking van almal in die gemeenskap op te stel. 'n People's Theology moes ontwikkel word wat as grondslag sou dien vir lede se ondersteunende aklsies vir die bevrydingstryd. Die voortsettings- komitee moes hom beywer vir die ontwikkeling van "a permanent national organisation of Christians involved in the struggle for liberation".

Die BB, bestaande uit BCC's, is 'n beweging wat ooreenstemming toon met die Movimiento Christianos Revlucionarios (MCR) van Nicaragua. "In the MCR their fears of Communism were resolved; ... and most of them exchanged their Christian beliefs for Marxism". Die BB verklaar: "A new Christianity is emerging. ... ready to begin the transformation of their local churches and bring them in line with the struggle of the people ... for liberation". Die BB moet dan tot 'n unitaristiese Belydende Kerk, volgens die Nicaragua-model lei, wat kan funksioneer as "people's church" om die politieke doelwitte van die ANC op kerklike terrein ideologies te ondersteun.

In opvolging van die Lusaka Konferensie het die SARK by sy jaarlikse konferensie van 28 Junie tot 3 Julie 1988 die Lusaka Statement onderskryf. Met die tema: "Jesus was also a Refugee" blyk dit uit die referate oor vlugtelinge dat die SARK filiale aanmoedig om, as Christelike plig, om te sien na politieke aktiviste wat met landswette bots. Vir die doel het die SARK 'n Sanctuary Project wat oral in die land "sanctuaries" of toevlugsoorde vir veiligheidswetoortreders gestig. Lede van die ANC wat as terroriste optree kwalifiseer as "politieke" vlugtelinge vir steun uit hierdie projek.

"...Is there any reason why believers cannot be communists? ... I am a believer in God and communism so what I say come from my hearth and head". Dié belydenis van "A friend in South Africa" is die resultaat van die debat wat binne die SAKP gevoer word rondom die Christene en Marxisme. Die SAKP is genoodsaak om die godsdiens te gebruik om sy ideologiese doelwitte te bereik. Dit is reeds bekend dat priesters en predikante openlik hulle steun aan die SAKP se stryd teen Suid-Afrika gegee het.

In die SAKP se amptelike dokumente het teen September 1987 twee artikels verskyn oor die wenslikheid van samewerking tussen Christene en Marxiste in die rewolusionêre stryd van die SAKP/ANC alliansie. Cedric Maison (voormalige redakteur van Pro Veritate van die Christelike Instituut) skryf in The Comradeship of Marx and Jesus: "Christians and communists ought to be comrades in our struggle". Hy vervolg met: "The church is not an army but a battlefield. It is one of the places where the struggle is being waged and it is necessary to analise the forces involved in that conflict in relation to the revolution". Van die Kairosdokument en Evangelical Witness skryf hy: "the ... documents ... seem to smack more of comrade Joe (Slovo) than Comrade Desmond (Tutu). Their radicalism raise the question of what has happened to modern theology? ... Theology has no longer a denominational basis: progressive Christians ... think as Christians ... particularly when engaged in liberation struggles". Die rol van die "progressiewe Christene" word as belangrik beskou. "Progressive Christians also have a major duty in the battle of ideas ... increasing numbers find little conflict between radical Christianity and Marxism".

Father Comrade Michael Lapsley, 'n Anglikaanse priester en lid van die ANC beklemtoon die rol van die "progressiewe Christene" in: We must join hands against the Common Enemy. "We Christians can but salute and be humbled by the dedication, commitment and self-sacrafice of our communist sisters and brothers". Hy oordeel dat die SAKP strategie vrugte afwerp. "I am not sure of how aware the SACP is that there are a growing number of South African Christians who are committed to the perspective of the Party, who accept the Freedom Charter but wish to see its perspectives deepen eventually into socialism and remain committed Christians. Die steun van die USSR aan die SAKP word erken. "South African Christians who believe that apartheid is evil must acknowledge the fact that the greatest and most consistent ally which the ANC and those fighting for liberation in South Africa have, is the Soviet Union". Die samewerking tussen die Marxiste en "progressiewe Christene" in Suid-Afrika, die SAKP/ANC alliansie en die USSR word hiermee deur Lapsley onderstreep.

Die beskouing oor Christus word soos volg weergegee: "The god-images of Jesus: classless one involved with the poor and oppressed in their struggles. who was the servant not the dominator of the masses ... whose love was so liberated that he would rather die todefeat the power of the oppressor than live by perpetuating opprosive power". Hierdie beskouing lê aan die hart van die Marxistiese Bevrydingsideologie en word so ook deur die ICT gepropageer. Deur die beskouing van Christus te verander is die aanvaarding van die Marxisme-Leninisme en die rewolusionêre bevrydingstryd bykans vanselfsprekend vir die "progressiewe Christene".

1) Teksverwysings van die aanhalings is weggelaat maar dit is beskikbaar in 'n gekopieerde uitgawe van die publikasie in sy geheel, (20 bladsye), verkrygbaar by die administrasie van ons blad, teen R12-00 per eksemplaar (koste vir posversending ingesluit).