Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL: Afrika-renaissance

AKTUEEL: Terug na Dordt

SKRIFOORDENKING: "Mag die Here jou insig gee in alles" - 2 Tim 2:7,8

KINDERKOMMUNIE  -  REFORMASIE OF DEFORMASIE? (3)

'n Goeie Belydenis

Die nuwe Psalmberyming
Waarom 'n geslote saak?

Ds JP Coetzee geëmeriteer

BOEKBESPREKING:  WJ de Klerk se: "Die vreemde God en sy mense" (3)

Die Dordtse Leerreëls
Dordt teenoor die Arminianisme

Saak van die vrou in die leer- en regeerampte van die kerk

KERKLIKE JOERNAAL: 
Beswaar teen vroulike diakens
Diakonesse in die Kerkgeskiedenis
Metodistiese opwekkingsbeweging in SA (1859)

OPVOEDING EN ONDERWYS:
"Rassisme" in die Onderwys?!

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Groen van Prinsterer (10)

Die Konvent van Reformatoriese Kerke in Suider-Afrika

PERSRUBRIEK: 
Vroliker sang in Eredienste?

Skrifkritiek betwis tydens opening van APK Teologiese Skool

KOMMENTAAR: 
Repliek op professorale diskreditering van kritiek
Prof Amie van Wyk vra antwoord

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (6)

"Moet ons aanvaar dat die Kerk deur die eeue die leiding van die Gees verkeerd verstaan het?"

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Palliatiewe Sorg

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 4  Julie  1999

 

HOOFARTIKEL

DIE VERKIESINGSUITSLAG ... WAT NOU?

Territoriale Staatseenheid

 

 

DIE VERKIESINGSUITSLAG

... WAT NOU ?

Territoriale Staatseenheid

Die uitslag van die afgelope verkiesing het vir baie van ons mense, ook van die lesers van ons blad, geskok en verwar. Talle telefoonoproepe is aan ons gerig met die vraag: "Wat nou?" Dat daar so 'n swaai weg van die sogenaamde (Afrikaner-) "volksgerigte" partye, die Vryheidsfront (VF) en die Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB), plaasgevind het, is deur die voorstanders van die deelname aan die verkiesing oor die algemeen nie verwag nie. Die enigste gevolgtrekking wat hieruit afgelei kan word is dat baie voormalige ondersteuners van die VF en die Konserwatiewe Party (KP), óf nie gestem het nie, óf pragmaties vir die Demokratiese Party(DP), die Federale Alliansie (FA) en die African Christian Democratic Party (ACDP) gestem het. Daar is uitsonderings met betrekking tot ander partye, maar dit blyk uit waarneming dat dit die oorheersende stempatroon van die Afrikaner was.

Dit is normaal dat wanneer 'n saak skeef geloop het, gevra word, wat nou? "Wat moet ons nóu doen om dié mislukking weer te probeer regmaak?" As die ongeluk 'n mens getref het, staan hy anders teenoor 'n saak as daarvóór, toe dit vol moed en met hoopvolle verwagting aangepak is. Hoe moet ons hierdie terugslag verwerk en aanvaar óf ... dalk nie aanvaar nie? Dit is die vraag wat op hierdie oomblik by talle bekommerde volksgenote heers. Tog behoort dié uitslag van die verkiesing nie te verbaas nie. Wat die blankes, en des te meer die Afrikaner deel van die bevolking raak, is die oorweldigende getalle-oorwig van die swartes wat in die een-mens-een-stem bedeling op gelyke voet meegeding het. Die blanke kieserspotensiaal het hoofsaaklik dáárom, pragmaties, op 'n ander wyse as voorheen gesoek na die voor die hand liggende beste hantering van sy maatskaplike en persoonlike belange. Dit is waarom ontleders van die verkiesingsuitslag die swaai weg van die volksgerigte partye, die VF en die AEB, verklaar dat, "wit kiesers gestem het vir 'n geloofwaardige wit party wat hulle glo hulle voorregte sal beskerm. Witmense glo die DP sal hulle kan beskerm van wat hulle sien as 'n totale aanslag" (BEELD, 8 Junie 1999).

Dit bevestig helaas die huidige ruggraatloosheid en beginselloosheid van die merendeel van ons Afrikanervolk. Korttermyn-oplossings en materiële belange is die prioriteit van die oomblik. Dog binne die territoriale staatseenheid van ons land kán die Afrikaner nie sy kulturele en politieke selfbeskikking en die verwesenliking van sy oortuigings en belange herwin nie, tensy deur die beleid van afsonderlike ontwikkeling, wat met die staatkundige revolusie van 1994 formeel beëindig is. Na aanleiding van die Franse Revolusie het 'n Franse skrywer, Albert de Broglie, hom in 1860 as volg uitgelaat oor staat-kundige stelsels wat soortgelyk as die grondslag van die huidige RSA dien.

Wat as die ou régime bekendstaan, het onherroeplik ondergegaan; maar noudat die mense niks anders as gelyke individue meer is nie, wat elk op sigself magteloos is, maar oppermagtig as hulle tot 'n eenheid verbind word, staan jy sonder verweer teenoor die grillige alvermoë van 'n meerderheid. ... As hulle my vertel dat binne 'n volkryke nasie, oorlaai met al die goedere van 'n nuwe beskawing, die algemene stemreg 'n diktatuur tot stand bring, dan weet ek dat ek daarmee te staan kom teenoor 'n gesag wat van onderaf legitimiteit ontvang,

uit die krag van eenheid, verhonderdvoudig deur die mag van getalle. Dan sidder ek en ek voel dat dit 'n vyandelike mag is wie se toekoms deur die gewete en die menslike waardigheid betwis moet word, aldus De Broglie.

Die vrywillige deelname aan die verkiesing veronderstel die aanvaarding van 'n stelsel waarbinne die tirannie van die getallemeerderheid heers. Ek ken geen nasie wat uit 'n algemene stemreg gebore word nie, maar 'n volk wat in die volkshistorie gewortel is, sê die anti-revolusionêre Nederlander, Mr G Groen van Prinsterer. Dit beteken in ons omstandighede, volksgerigte politiek. Daarby aansluitend verwys dr Abraham Kuyper na die nagevolge van die Franse Revolusie ten aansien van die Nederlandse volk, dat die wankele mure van hulle volksbestaan omvergehaal en sy stene afgekap is, slegs om dit op 'n hoop te stapel sonder om te begin met die oprigting van 'n nuwe gebou. Die Liberalisme is anti-sosiaal omdat dit individualisties is en in 'n volk niks anders sien as 'n aantal siele binne 'n bepaalde grondgebied.

"En dit bederft en verderft heel ons volksleven. Dit loopt uit op een losrijten van alle banden, om de eenlingen die vijftig minus een zijn, door de eenlingen die vijftig plus een uitmaken, te tyranniseeren. Zoolang men daarin volhardt, komt er dan ook geen beterschap. Dán eerst als de deelen van het volkslichaam weer elk in hun eigen functie zullen kunnen werken, zal de gezondheid van dat volkslichaam weerkeren", aldus dr Abraham Kuyper.

As redaksie van DIE KERKPAD het ons tot dusver 'n lae profiel gehand-haaf oor die aangeleenthede van die politiek. Ons wou nie diegene wat dit ernstig gemeen het, om deur deelname aan die verkiesing die saak van ons Boere-Afrikanervolk te bevorder, openlik teenstaan met betrekking tot die benadering van die politieke stryd nie. Nou is dit die tyd om 'n heldere en ondubbelsinnige antwoord te verskaf. Dit behels die prinsipiële verwerping van die multi-kulturele en multi-religieuse eenheidstaat met sy rasionele grondslag van die sogenaamde menseregte. "Die miskenning van gemeen-skappe of volke se reg op selfbeskikking en die idee dat die bevolking van Suid-Afrika net uit, sê maar, dertig miljoen individue bestaan en dat die helfte-plus-een meerderheid van hierdie massa individue 'demokraties' vir almal besluit, maak van 'demokrasie' 'n tirannie van getalle. ... In Suid-Afrika sal 'n stelsel van een mens een stem, op politieke volksmoord neerkom. NP van Wyk Louw het teen hierdie gedwonge gelykheid gewaarsku en gesê, jy sal dit bereik net oor die dooie liggame van 'n hele volk heen! Daardie soort liberale 'demokrasie', toegepas op Suid-Afrika, is die dood in die pot vir ons volk - of vir enige ander volk", aldus dr AP Treurnicht (13 Julie 1990).

Daarmee kom ons terug by die vraag waarmee ons hierbo begin het: Wat nou? Daarop die antwoord: om weg te kom van vermeende korttermyn-oplos-sings en pragmatiese besluitneming en vas te staan by die Goddelike oorsprong van die taal-, kultuur- en volkereverskeidenheid! Dit is Sy besluit om teenoor die menslike sug na magsontplooiing, wêreldvrede en strewe na horisontale "versoening" en 'n nuwe wêreldorde, wat materiële welvaart moet verseker: "dit wat hulle van plan is om te doen", om dié menslike hoogmoed deur die spraakverwarring (Gen 11 : 5 - 9), te laat misluk. Dit motiveer en regverdig 'n prinsipiële verset teen en die weerstaan van die strewe tot die voorgestane nasionale eenheid van die "reënboognasie" en "versoening oor die onreg van die verlede", die beleid van afsonderlike ontwikkeling. Daardie strewe, dié eenheid en daardie "versoening" kán en sál nooit werk nie.

R

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

MEDIESE ETIEK

Mediese Etiek

PALLIATIEWE SORG

-   DR  MC DURAND    -

Palliatiewe sorg, wat beteken dit eintlik? Die woord palliatief gebruik die Latynse woord pallium. Dit beteken 'n mantel of soms ook 'n skild. Die woord het dus twee betekenisse, naamlik om te bedek en te beskerm. Dit is presies wat die sorg wat aan 'n pasiënt gebied word as daar daar geen genesing meer moontlik is nie, as dit as terminaal gediagnoseer is, en sy of haar lewenseinde binne afsienbare tyd verwag word. Palliatiewe sorg betref die bedekking of verligting van simptome, terwyl die pasiënt terselfdertyd beskerm word teen die aanslae van die omgewing en omstanders.

Palliatiewe sorg behels 'n mediese sorg, waarby die tegnologiese moontlikhede van die geneeskunde op die agtergrond tree.

Ons lewe in 'n eeu waar mediese vordering sinoniem met tegnologiese prestasies van die mediese wetenskap en die gebruik van medisyne geword het. Maar die resultate van die medici en die aanwending van medisyne word hoofsaaklik gemeet aan die vermindering van die voorkoms van siektes en die genesing daarvan, asook in hoeverre die dood uitgestel en die lewe verleng kan word. Weliswaar het die tegnologiese ontwikkeling van die geneeskunde beteken dat talle siektes verminder en voorkom kan word en dat daar selfs voormalige siektes is wat totaal verdwyn het. Maar hierdie prestasies, wat deur die mediese tegnologie behaal is, het ook nadelige gevolge. Allereers omdat die idee ontstaan dat die stryd teen siektes hoofsaaklik 'n medies tegnologiese aangeleentheid is. Daarnaas het die droom of waanopvatting ontstaan dat die mens feitlik onsterflik kan wees, mits die mediese tegnologie maar genoegsaam sal vorder.

Die teendeel blyk egter die geval te wees: Alhoewel die gemiddelde lewensduurte van die mens met meer as tien jaar verleng is, het die maksimum ouderdom van die mens onveranderd gebly. Aan die onvermydelike sterflikheid van die mens kan die wetenskap niks doen nie. "Soos die een sterwe, so sterwe die ander, ... Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug" (Pred 3 : 19, 20). Tewens, as gevolg van die huidige vermoë en die praktyk van die mediese dienste is die lewenseinde van die mens dikwels aakliger as tevore. Dit is die gevolg van, eerstens, dat die mens nie meer so algemeen sterf aan infeksies, soos byvoorbeeld longontsteking en disenterie (ontwatering) nie, maar baie meer aan dimensie, beroertes en kanker. Andersyds is dit ook so dat die mens hoe nader hulle aan hul dood kom, hulle hul dikwels met hoop oorgee aan die laaste krieseltjie vordering van die mediese tegnologie.

Die praktyk van die moderne mediese tegnologie bied genoegsame bewys dat daar 'n beperking is op dit wat die medisyne kan aanbied tot die genesing van die pasiënt. Dit het duidelik geword dat daar weinig sin is in die vergryping aan die tegniese vooruitgang van medikasie tydens die sterwensfase van 'n pasiënt. Die beperkinge van die tegnologie en die sinneloosheid van die vertroue daarop dwing albei, die geneesheer en die pasiënt, tot die besef dat die mediese tegnologie slegs maar 'n deel van die medikasie betref. 'n Mens word daar herinner dat hy meer is as 'n masjien waarvan die onderdele vervang moet word. Hy kom, of hy nou daaraan glo of nie, tot die besef dat hy ook 'n gees het.

Die geneesheer staan nou vir 'n keuse. Of hy kan sy diens aan die pasiënt beperk tot die tegnologie en mediese kennis waartoe hy in staat is. Dit beteken om homself aan die behandeling van die pasiënt te onttrek as die grens daarvan bereik is. Of hy kan andersins sy instrumente neersit en sy tegnologiese vermoë laat rus en as geneesheer met sy pasiënt die pad enduit verder stap en die nodige bystand verleen.

Dit is juis hier waar die funksie van palliatiewe sorg na vore kom. Dit is daar en dan as die mediese tegnologie sy grens bereik het. Daar waar genesing nie meer moontlik is nie. Daar waar die frontlinie van die mediese kennis en tegnologiese ontdekkings irrelevant geword het. Daar waar die medikus as lewens-"ingenieur" nie meer kan presteer en oorwin nie. Juis dán het die pasiënt die meeste behoefte aan bystand, troos en liefdevolle versorging. Dit is die domein en omstandigheid dat palliatiewe sorg verskaf moet word.

Palliatiewe sorg is 'n diens van barmhartigheid. Dit is om die pyn en ellende van 'n terminale pasiënt soveel as moontlik te verlig. Ook om hom/haar te beskerm deur die verskaffing van 'n rustige en veilige omgewing. Die pasiënt moet liggaamlik en geestelik bygestaan word om pyn en lyding te verlig en die sin daarvan te verstaan en om sig voor te berei op die naderende dood. Dit is die saak van palliatiewe sorg om daarin te voorsien.


ABORSIEWET SAAI VERWOESTING

PATRIOT van 12 Februarie 1999 vermeld die ontstellende feit dat as gevolg van die wettiging van aborsie-op-aanvraag reeds meer as 100 000 babas "vermoor" is.

'n Geraamde tussen 110 000 en 160 000 ongebore babas is die afgelope twee jaar deur die aborsiewet "vermoor".

Mnr Paul Cornelissen, besturende direkteur van die Marie Stopes-kliniekgroep het die bogenoemde statistiek aan die media bekend gemaak.

Mnr Cornelissen het gesê sedert dié gewraakte wet op 1 Februarie 1991 van krag geword het, is na raming 161 364 "wettige aborsies in geregistreerde openbare en private klinieke en staathospitale uitgevoer".

Maar hy gee toe dat dit baie moeilik is om 'n presiese syfer te bepaal "aangesien dit nie altyd behoorlik gemonitor word nie. ... My eie skatting is eerder nader aan sowat 110 000 wettige aborsies landswyd die afgelope twee jaar".

Hy het voorts gesê dat: "dokters wat in die Marie Stopes-gesinsbeplanningsklinieke aborsies uitvoer nie 'n probleem daarmee het nie".