Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 3 No 4 Julie 1999
HOOFARTIKEL
DIE VERKIESINGSUITSLAG ... WAT NOU?
Territoriale Staatseenheid
DIE VERKIESINGSUITSLAG
... WAT NOU ?
Territoriale Staatseenheid
Die uitslag van die afgelope verkiesing het vir baie van ons mense, ook van die lesers van ons blad, geskok en verwar. Talle telefoonoproepe is aan ons gerig met die vraag: "Wat nou?" Dat daar so 'n swaai weg van die sogenaamde (Afrikaner-) "volksgerigte" partye, die Vryheidsfront (VF) en die Afrikaner Eenheidsbeweging (AEB), plaasgevind het, is deur die voorstanders van die deelname aan die verkiesing oor die algemeen nie verwag nie. Die enigste gevolgtrekking wat hieruit afgelei kan word is dat baie voormalige ondersteuners van die VF en die Konserwatiewe Party (KP), óf nie gestem het nie, óf pragmaties vir die Demokratiese Party(DP), die Federale Alliansie (FA) en die African Christian Democratic Party (ACDP) gestem het. Daar is uitsonderings met betrekking tot ander partye, maar dit blyk uit waarneming dat dit die oorheersende stempatroon van die Afrikaner was.
Dit is normaal dat wanneer 'n saak skeef geloop het, gevra word, wat nou? "Wat moet ons nóu doen om dié mislukking weer te probeer regmaak?" As die ongeluk 'n mens getref het, staan hy anders teenoor 'n saak as daarvóór, toe dit vol moed en met hoopvolle verwagting aangepak is. Hoe moet ons hierdie terugslag verwerk en aanvaar óf ... dalk nie aanvaar nie? Dit is die vraag wat op hierdie oomblik by talle bekommerde volksgenote heers. Tog behoort dié uitslag van die verkiesing nie te verbaas nie. Wat die blankes, en des te meer die Afrikaner deel van die bevolking raak, is die oorweldigende getalle-oorwig van die swartes wat in die een-mens-een-stem bedeling op gelyke voet meegeding het. Die blanke kieserspotensiaal het hoofsaaklik dáárom, pragmaties, op 'n ander wyse as voorheen gesoek na die voor die hand liggende beste hantering van sy maatskaplike en persoonlike belange. Dit is waarom ontleders van die verkiesingsuitslag die swaai weg van die volksgerigte partye, die VF en die AEB, verklaar dat, "wit kiesers gestem het vir 'n geloofwaardige wit party wat hulle glo hulle voorregte sal beskerm. Witmense glo die DP sal hulle kan beskerm van wat hulle sien as 'n totale aanslag" (BEELD, 8 Junie 1999).
Dit bevestig helaas die huidige ruggraatloosheid en beginselloosheid van die merendeel van ons Afrikanervolk. Korttermyn-oplossings en materiële belange is die prioriteit van die oomblik. Dog binne die territoriale staatseenheid van ons land kán die Afrikaner nie sy kulturele en politieke selfbeskikking en die verwesenliking van sy oortuigings en belange herwin nie, tensy deur die beleid van afsonderlike ontwikkeling, wat met die staatkundige revolusie van 1994 formeel beëindig is. Na aanleiding van die Franse Revolusie het 'n Franse skrywer, Albert de Broglie, hom in 1860 as volg uitgelaat oor staat-kundige stelsels wat soortgelyk as die grondslag van die huidige RSA dien.
Wat as die ou régime bekendstaan, het onherroeplik ondergegaan; maar noudat die mense niks anders as gelyke individue meer is nie, wat elk op sigself magteloos is, maar oppermagtig as hulle tot 'n eenheid verbind word, staan jy sonder verweer teenoor die grillige alvermoë van 'n meerderheid. ... As hulle my vertel dat binne 'n volkryke nasie, oorlaai met al die goedere van 'n nuwe beskawing, die algemene stemreg 'n diktatuur tot stand bring, dan weet ek dat ek daarmee te staan kom teenoor 'n gesag wat van onderaf legitimiteit ontvang,
uit die krag van eenheid, verhonderdvoudig deur die mag van getalle. Dan sidder ek en ek voel dat dit 'n vyandelike mag is wie se toekoms deur die gewete en die menslike waardigheid betwis moet word, aldus De Broglie.
Die vrywillige deelname aan die verkiesing veronderstel die aanvaarding van 'n stelsel waarbinne die tirannie van die getallemeerderheid heers. Ek ken geen nasie wat uit 'n algemene stemreg gebore word nie, maar 'n volk wat in die volkshistorie gewortel is, sê die anti-revolusionêre Nederlander, Mr G Groen van Prinsterer. Dit beteken in ons omstandighede, volksgerigte politiek. Daarby aansluitend verwys dr Abraham Kuyper na die nagevolge van die Franse Revolusie ten aansien van die Nederlandse volk, dat die wankele mure van hulle volksbestaan omvergehaal en sy stene afgekap is, slegs om dit op 'n hoop te stapel sonder om te begin met die oprigting van 'n nuwe gebou. Die Liberalisme is anti-sosiaal omdat dit individualisties is en in 'n volk niks anders sien as 'n aantal siele binne 'n bepaalde grondgebied.
"En dit bederft en verderft heel ons volksleven. Dit loopt uit op een losrijten van alle banden, om de eenlingen die vijftig minus een zijn, door de eenlingen die vijftig plus een uitmaken, te tyranniseeren. Zoolang men daarin volhardt, komt er dan ook geen beterschap. Dán eerst als de deelen van het volkslichaam weer elk in hun eigen functie zullen kunnen werken, zal de gezondheid van dat volkslichaam weerkeren", aldus dr Abraham Kuyper.
As redaksie van DIE KERKPAD het ons tot dusver 'n lae profiel gehand-haaf oor die aangeleenthede van die politiek. Ons wou nie diegene wat dit ernstig gemeen het, om deur deelname aan die verkiesing die saak van ons Boere-Afrikanervolk te bevorder, openlik teenstaan met betrekking tot die benadering van die politieke stryd nie. Nou is dit die tyd om 'n heldere en ondubbelsinnige antwoord te verskaf. Dit behels die prinsipiële verwerping van die multi-kulturele en multi-religieuse eenheidstaat met sy rasionele grondslag van die sogenaamde menseregte. "Die miskenning van gemeen-skappe of volke se reg op selfbeskikking en die idee dat die bevolking van Suid-Afrika net uit, sê maar, dertig miljoen individue bestaan en dat die helfte-plus-een meerderheid van hierdie massa individue 'demokraties' vir almal besluit, maak van 'demokrasie' 'n tirannie van getalle. ... In Suid-Afrika sal 'n stelsel van een mens een stem, op politieke volksmoord neerkom. NP van Wyk Louw het teen hierdie gedwonge gelykheid gewaarsku en gesê, jy sal dit bereik net oor die dooie liggame van 'n hele volk heen! Daardie soort liberale 'demokrasie', toegepas op Suid-Afrika, is die dood in die pot vir ons volk - of vir enige ander volk", aldus dr AP Treurnicht (13 Julie 1990).
Daarmee kom ons terug by die vraag waarmee ons hierbo begin het: Wat nou? Daarop die antwoord: om weg te kom van vermeende korttermyn-oplos-sings en pragmatiese besluitneming en vas te staan by die Goddelike oorsprong van die taal-, kultuur- en volkereverskeidenheid! Dit is Sy besluit om teenoor die menslike sug na magsontplooiing, wêreldvrede en strewe na horisontale "versoening" en 'n nuwe wêreldorde, wat materiële welvaart moet verseker: "dit wat hulle van plan is om te doen", om dié menslike hoogmoed deur die spraakverwarring (Gen 11 : 5 - 9), te laat misluk. Dit motiveer en regverdig 'n prinsipiële verset teen en die weerstaan van die strewe tot die voorgestane nasionale eenheid van die "reënboognasie" en "versoening oor die onreg van die verlede", die beleid van afsonderlike ontwikkeling. Daardie strewe, dié eenheid en daardie "versoening" kán en sál nooit werk nie.
R
OPVOEDING EN ONDERWYS "RASSISME" IN DIE ONDERWYS?! - PROF JJ PIENAAR - BRITS - Die huidige probleem
Die toestand in die openbare skole word elke dag onrusbarender en gevaarliker. Voorvalle van treitering, seksuele teistering, geweld en selfs (onlangs) doodslag, om nie eers van algemene verval en standaardverlaging te praat nie, kom in toenemende mate voor. Hierbenewens ervaar die regering in toenemende mate dat die geïntegreerde onderwysbenadering wat voorgestaan word, nie die harmonie tussen die rasse bewerkstellig waarop gehoop is nie.
Ten einde die laasgenoemde probleem te ontleed het die regering dit goed gedink om 'n kommissie, die menseregtekommissie, aan te stel om die onrusbarende verskynsel van rassisme in die openbare skole te ondersoek. Die bevindinge van dié kommissie het egter die owerhede hewig ontstel. Daar is onder andere bevind dat "rassisme" inderdaad in skole voorkom. So is vasgestel dat slegs vyf persent van die leerlinge oor die kleurgrens assosieer en dat maar net vyf persent hulle ten gunste van rasgemengde assosiasie uitspreek.
Dit is verstaanbaar dat die regering hoegenaamd nie met dié toedrag van sake tevrede is nie. Die Minister van Onderwys, Sibusiso Bengu, het hom ten gunste van die instelling van poste in die onderwys uitgespreek wat die opdrag sal kry om toe te sien dat die integrasie in skole meer daadkragtiger opgedwing sal word. Die ouers van dié leerlinge word daarvan beskuldig dat húlle vir dié ongelukkige toestand van "rassisme" in die skole verantwoordelik is.
In die verslag van die menseregtekommissie word dit baie duidelik gestel dat die ouers "rassisme" in die skole aanblaas deur aan een taal, naamlik Afrikaans, voorkeur te gee. Verder word dit aangeblaas deur die ligging van die skool, of die bedrag van die skoolgeld te misbruik. Ook speel die godsdiensvoorkeure of binnemuurse aktiwiteite 'n rol in verband daarmee. As die ouers dus aandring op moedertaalonderwys, een van die algemeenste opvoedkundige beginsels, dan is hulle volgens die kommissie besig om rassisme aan te blaas. Is dit nie verregaande nie?
Waar kom "rassisme" vandaan?
Oor al die eeue was onderwys kultuur- en volksgebonde. Alle volkere het dit as 'n natuurlike reg beskou om hulle so op te voed dat hulle die lewensopvatting, die wêreldbeskouing, die waardes, die norme en die sedes van die besondere volk huldig en daarvolgens lewe. So het die Duitsers en die Hollanders hulle kinders só opgevoed dat hulle goeie vaderlanders sou word, en dieselfde kan van die Afrikaner of die Zoeloe ten opsigte van hulle onderskeie volksverbande gesê word.
Daar het egter 'n fundamentele verandering gekom toe die aanhangers van 'n geïntegreerde eenheidswêreld die kinders begin breinspoel het om nie meer nasionale burgers te word nie maar internasionale. Rassisme is die woord wat die aanhangers van 'n nuwe wêreldorde geskep het om alles wat volkseie is, wat patrioties is, te stigmatiseer, te verneder en te beswadder. Die kind en die ouers se liefde vir die volkseie en die nasionale of patriotiese moet deur middel van die skeldwoord "rassis" vernietig word, om die internasionale, die holistiese en die goddelose te vestig en te propageer.
Rassisme is dus 'n nuwe woord, 'n nuwe begrip, wat deur die humaniste geskep is om onder andere die opvoeding en onderwys te misbruik om kinders te breinspoel om van die nasionale, die volkseie, af te sien ten gunste van die internasionale. Hierdie is 'n onbybelse, diaboliese benadering waarop hier nie verder ingegaan word nie.
Wat die rassisbeheptes natuurlik nie weet nie en ook nie wil leer nie, is dat die verskille tussen volkere nie alleen deur die velkleur bepaal word nie, maar veral deur die waardes, die norme, die tradisies, die sedes en ander aangeleenthede.
Die rassisbeheptes en integrasioniste wat so graag kinders uit verskillende volke, kulture, gelowe en sedes in dieselfde klaskamers wil saamhok, moet nog leer om te verstaan dat dié kinders verskillend dink oor werk, dissipine, normatief oor byvoorbeeld diefstal, seks, sedelikheid, ensovoorts. Om 'n dogter in die klas voor haar maats en ander kinders te betas is deel van die swart kind se gewoontes. Vir die blankes is dit sedeloos en absoluut ontoelaatbaar.
Die rassisbeheptes, humaniste en holiste weet nie, verstaan nie en wil ook nie leer wat opvoeding is nie. Elkeen wat 'n goeie kennis van opvoeding het, weet dat om leerlinge van uiteenlopende volke, kulture lewensopvattings, waardes en norme in dieselfde klaskamer saam te dwing, dat dit vir die kind of kinders 'n geweldige spanning beteken. Vir die swart leerling is dit alledaagse praktyk om te toyi-toyi, met bottels en klippe te gooi, om skole en geboue af te brand. Maar vir die blanke leerling, wat ander waardes en norme huldig, beteken dit onaanvaarbare en onwelvoeglike gedrag. Hierdie diep ingrypende uiteenlopende en grondige verskille kan nooit in dieselfde klaskamer gelykgeskaaf word nie.
Die waarheid teenoor die leuen
Ten enemale moet besef word dat dit nie rassisme is wat die probleem skep nie, maar die groot leuen van volkeregelykheid en kulturele eenheid wat vandag op brutale wyse in die wêreld opgedwing word. Onder die leiding van die magte van die duisternis moet daar vandag in allerhaas 'n eenheidswêreld geskep word, waar nie God Drie-enig nie maar die mens, die vergoddelikte mens op die troon geplaas word.
Ouers, onderwysers, leerlinge, amptenare van onderwysdepartemente sal moet kies tussen 'n geïntegreerde onopvoedkundige, humanistiese en holistiese onderwysstelsel wat van God, die Bybel en sy gebooie niks wil weet nie asook nie van 'n Christelik-volkseie onderwys waar kinders binne die geborgenheid van 'n eie taal, kultuur, waardes en norme opgevoed kan word nie.
Waarom wil ons nie van die buiteland, soos onder andere die VSA , leer nie, waar hierdie integrasiepogings in die skole klaaglik misluk het? Dieselfde sal ook met die sogenaamde "Curriculum 2005" gebeur!
Oproep tot die ouers
U lees in die Bybel, in die Ou Testament, van ouers wat hulle kinders aan die afgod Molog geoffer het. Die moderne "molog" is die geïntegreerde onderwys. Waarom?
1. Omdat skoolintegrasie tot sosiale integrasie, gesinsintegrasie, bloedvermenging en volksvernietiging lei. Op hierdie wyse vind selfmoord van volkere plaas. Het u geweet dat die woord "volk" meer as 1500 keer in die Bybel staan? Die Drie-enige God beskik in sy wysheid oor die bestaan van die mense en het hulle in volkere verdeel. Dit is onmoontlik om dit wat Hy tot stand gebring het te stuit. Dié wat dit probeer doen handel teen sy wil en kry te doen met sy straffende geregtigheid.
2. Omdat onderwysintegrasie deel is van die poging om die Nuwe Wêreldorde te verwesenlik. Die sondige antichrismens wil, teen die raadsplan van God in, 'n goddelose een-wêreldmag skep waarin die mens, net soos by Babel in Genesis 11: 1 - 9, God van sy eer beroof en van sy troon wil stoot. Gaan ons toelaat dat die opvoeding, die onderwys en die skole van ons kinders vir dié doel misbruik word?
3. Omdat skole aanleiding gee en daartoe bydra dat die Christelike geloof en onderskeidingsvermoë vernietig word. 'n Identiteitlose en koerslose kind is 'n baie ongelukkige kind en dit is dikwels een van die oorsake van selfmoord wat tans al hoe meer plaasvind.
4. Omdat kinders in die geïntegreerde klaskamer met baie godsdienste en gelowe asook ander kulturele waardes gekonfronteer en as gevolg hiervan verwar word. Reg en verkeerd word relatiewe begrippe. Dié kinders weet nie mooi waarheen hulle op pad is nie. Die resultaat hiervan is 'n selfsugtige en identiteitlose massa in die toekoms.
Voorbeelde van hierdie aard kan vermenigvuldig word. U moet as ouers uself op hoogte stel van die aanslag teen die kosbaarste wat u het, naamlik u kinders. Lees daartoe onder andere die boekie: 'n Nuwe Onderwysmodel. Waarom?, sodat u kennis sal neem van wat in die VSA gebeur het met die breinspoeling van die opgroeiende geslag.