Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die fondament van die Christelike geloof

AKTUEEL:
Is God se wysheid dan dwaasheid vir hierdie teoloë

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Is die NG Kerk nog die NG Kerk

Oproep tot Reformasie

Islam en sy profeet, Mohammed

Leerstellige suiwer liedere vir die erediens

Omstrede uitspraak van vroulike NG Kerk teoloog maak opspraak in die openbare pers

Die simbool van die Kruis

Die aantasting van ons waardestelsel

Waarom ons lotery veroordeel

President Krugerkinderhuis in krisis oor voortbestaan

Geloftefees

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Jesus Seminaar met sy filosofiese vooroordeel oor "Historiese Jesus"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Matriek-Eksamens ARSO-Skole

Wat staan CVO-skole te doen?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Reformasie of Rewolusie

Volksverootmoediging - Hoe vertoon ons volkslewe?

PERSRUBRIEK: 
NG Kerk trap klei oor afvalliges vryhand het


"Voordag God 'n man geword het, was sy 'n vrou"

Kritiese beskouing oor belydenisskrifte in die Hervormde Kerk

KOMMENTAAR: 
"Jy moet jou naaste liefhê soos jouself"

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Ouerskap Fiasko

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 6 November 2000

OMSTREDE UITSPRAAK VAN VROULIKE NG KERK TEOLOOG MAAK OPSPRAAK IN DIE OPENBARE PERS

-  DS BC SMIT  -  BRITS-WES   -

"Maak seks voor die huwelik verpligtend, sê SA teoloog"

Met hierdie opskrif het Neels Jackson, die gereelde verslaggewer van Beeld oor kerklike sake, op 3 Augustus 2000, weereens daarin geslaag om die spreekwoordelike kat in die hoenderhok los te laat. Vir amper ‘n maand ná die berig het dit in kerklike kringe gegons oor die uitlating van prof. Christina Landman. Wat hier volg is Die Kerkpad se reaksie en ook al is dit miskien mosterd na die maal, tog ook iets van ‘n ander perspektief as dié wat tot dusvêr opgeklink het.

Drie sake word aangespreek (en word gedoen vanuit die berig in Beeld wat self ook moontlik skeefgetrek of eensydig mag wees.)

1. "Seks voor die huwelik behoort verpligtend gemaak te word."

Reeds tydens die paneelbespreking op die radio, het ds. Dirkie van der Spuy gewys op die Woord van God wat seks beperk tot binne die veilige grense van die huwelik. Daarby kan nog gevoeg word dat verpligte seks voor die huwelik, of dit nou is binne ‘n verhouding wat "goed op pad is na ‘n huwelik" of buite so 'n verhouding, ‘n weerspreking is van wat die Here self sê. Vergelyk maar net die verskillende teksgedeeltes wat beklemtoon dat die huwelik verloop in ‘n proses van verlaat, aankleef en eenwording (een vlees wees) (Gen 2:24; Matt 19:5; Efes 5:31 ensovoorts.) Eenwording is duidelik die gevolg van die verlaat van die ouer-kind-verhouding (deur die sluiting van ‘n huweliksverbond) en die aankleef van mekaar (binne die grense van die huwelik), en gaan dit nie vooraf nie.

In der waarheid is daar soveel Skrifgronde om hierdie dwaling van Landman te weerlê, dat verdere tekste eintlik onnodig is. Die grond waaruit haar gewraakte stelling kom, lê egter dieper as die mislees van Bybelse uitsprake oor hierdie saak.

2. "... dit hang alles af van na watter deel van die Bybel ‘n mens luister."

In hierdie aanhaling kom mens nader aan die grond van die probleem hoe ‘n "teoloog" die uitspraak kan maak, dat voorhuwelikse seks verpligtend gemaak moet word. Vir hierdie professor staan die eenheid van die Skrif, as gevolg van inspirasie deur die Heilige Gees duidelik nie meer vas nie. Nee, sy sal waarskynlik staan op die standpunt dat die Bybel bloot ‘n menslike boek is vol foute en weersprekings. En nou hang dit net af van watter deel van die Bybel jy lees.

Daarteenoor staan die onfeilbaarheid van die Skrif vas, soos bely word deur die kerk in NGB, artt 3 en 5. Daaruit haal ons graag ‘n gedeelte aan van art 7:

"Aangesien die hele wyse waarop God deur ons gedien moet word, daarin breedvoerig beskrywe word, mag ook niemand, selfs nie die apostels nie, anders leer as wat ons reeds deur die Heilige Skrif geleer word nie, - ja, al was dit ook ‘n engel uit die hemel, soos die apostel Paulus sê (Gal.1:8)." En verder: "Ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare leer ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê: "... maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is" (1 Joh. 4:1), en: "As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie..." (2 Joh:10)

3. "Seks is ‘n vorm van kommunikasie ..."

Hierdie standpunt kom waarskynlik voort uit professor Landman se beradings- en terapeutiese agtergrond en is opnuut ‘n loslating van die Skrif wat duidelik maak dat geslagtelike omgang baie meer as blote kommuni-kasie is. Trouens,die stelling herinner sterk aan die uit-latings van die Playboy-baas, Hugh Heffner, wat verklaar het dat seks neutraal is, soos om ‘n glas water te drink. God se Woord maak dit daarenteen baie duidelik dat geslagtelike gemeenskap buite die grense van die huwe-lik hoerery is. En hoerery, of dit nou is om die probleem van kommunikasie uit te sorteer of om ander redes, word uitdruklik verbied. (Vgl. Deut 22: 20-24; Spreuke 6:32; 1Kor 6:10 en 13-20; Ef 5: 3-5; Heb 13: 4 en Openb 21:8)

Die ander klemtoon, waarvan melding gemaak word in die inleiding van die artikel, word gelê vanuit 1 Joh 2: 18 - 24; Judas: 16 - 19 en 2 Pet 2.

Oor hierdie beriggewing van Neels Jackson het baie gelowiges hulle in die verlede al erg ontstel. Laat ons egter eerder daaroor bly wees, want deur sy toedoen word dit al meer duidelik wie die teoloë van ons tyd is wat die gebaande weë van die Gereformeerde geloof verruil vir eiesinnigheid en menslike wysheid. Met die oog daarop haal ons graag aan uit God se Woord: "Hulle (dit is diegene wat kettterye leer en bevorder) het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie." En: "Wat julle dan van die begin af gehoor het, laat dit in julle bly. As in julle bly wat julle van die begin af gehoor het, dan sal julle ook in die Seun en in die Vader bly"  (1 Joh 2: 19 en 24).