Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die fondament van die Christelike geloof

AKTUEEL:
Is God se wysheid dan dwaasheid vir hierdie teoloë

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Is die NG Kerk nog die NG Kerk

Oproep tot Reformasie

Islam en sy profeet, Mohammed

Leerstellige suiwer liedere vir die erediens

Omstrede uitspraak van vroulike NG Kerk teoloog maak opspraak in die openbare pers

Die simbool van die Kruis

Die aantasting van ons waardestelsel

Waarom ons lotery veroordeel

President Krugerkinderhuis in krisis oor voortbestaan

Geloftefees

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Jesus Seminaar met sy filosofiese vooroordeel oor "Historiese Jesus"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Matriek-Eksamens ARSO-Skole

Wat staan CVO-skole te doen?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Reformasie of Rewolusie

Volksverootmoediging - Hoe vertoon ons volkslewe?

PERSRUBRIEK: 
NG Kerk trap klei oor afvalliges vryhand het


"Voordag God 'n man geword het, was sy 'n vrou"

Kritiese beskouing oor belydenisskrifte in die Hervormde Kerk

KOMMENTAAR: 
"Jy moet jou naaste liefhê soos jouself"

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Ouerskap Fiasko

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 6 November 2000

DIE AANTASTING VAN ONS WAARDESTELSELS

-  NUUSKOMMENTAAR RADIO PRETORIA,  MAANDAG 25 SEPTEMBER 2000  -

Daar bestaan nie iets soos 'n universele waardestelsel wat vir almal geld, ongeag ras, geloof of kleur nie!

Die ewolusieteorieë gaan volgens ‘n besluit van die Minister van Onderwys, Kader Asmal, in die amptelike skoolsillabus opgeneem word. ‘n Taakspan wat daarmee belas is, sal ook aanbevelings oor die inhoud en aard van geskiedenis doen. Daar kan min twyfel bestaan dat die nuwe geskiedenis met die ANC/SAKP se verdraaide siening van die Suid-Afrikaanse verlede in ooreenstemming gebring sal word. Dit is betekenisvol dat daar nie ‘n enkele gesaghebbende Afrikanergeskiedkundige in die betrokke taakspan is nie.

Onderwys is waardegekoppel en waardes is op sy beurt geloofsgekoppel. Daar bestaan nie iets soos ‘n universele waardestelsel wat vir almal geld, ongeag ras, geloof of kleur nie. Waardestelsels wissel nie net na gelang van geloof nie, maar verskil in meerdere of mindere mate ook tussen volke.

Suid-Afrika se geskiedenis sedert die volksplanting is vir die Boere-Afrikaner ten eerste die belangrikste: Volksgeskiedenis. Dit beteken nie dat die Boere-Afrikanerkind en student nie ook moet kennis neem hoe die verloop van die verlede ander volke en groepe in die land geraak het nie. Dit alles moet egter uit ‘n Boere-Afrikaner perspektief gesien word, want dit hou intiem verband met die Boerevolk se kultuur, sy volkswaardes en is onafskeidelik met sy Calvinistiese geloofsbeskouing. Alles wat ons Boerekinders leer, behoort uit ‘n Christelike perspektief gedoen te word. Want ons waardestelsel is Christus-gebonde.

Dieselfde geld vir alle ander vakke, godsdiens in die besonder. Die doel van onderwys is nie net die oordrag van kennis nie, maar ook van waardes, van lewens- en wêreldbeskouing. Dit is met ander woorde nie net onderrig nie, maar opvoeding.

Wat die ANC/SAKP wil doen is om die kind aan onderwys te onderwerp wat losgemaak is van ‘n waarde-stelsel. Of so gee hulle voor, want onderrig van enige aard kan nie van die waardeperspektief van die onder-wyser ontkoppel word nie. Daar bestaan eenvoudig nie so iets soos volkome objektiwiteit nie. Ook het die huidige heersers hulle eie politieke agenda wat hulle in die klas-kamer wil bevorder.

Die ANC/SAKP se onderwysluitenante probeer ons wysmaak dat die kind aan alle gelowe, waardestelsels en kultuurontkoppelde kennis blootgestel moet word. Dan, so word geredeneer, kan hy self besluit welke geloofs- en kennisperspektief hom pas. Dit kan nie so werk nie. As so ‘n stelsel met erns toegepas word, sal dit ‘n verwarde, ontredderde en ankerlose jeug die toekoms instuur.

Die geloofsverbintenis van waardes is natuurlik nie tot die onderwys beperk nie. Dit geld alle lewensterreine, die verhouding man tot vrou, kind tot ouer, die huwelik, sedelike norme en etiek oor die volle spektrum.

Dit is ontstellend dat daar deesdae binne Afrikanergeledere ‘n waardeverbrokkeling plaasvind wat met ‘n geloofsverbrokkeling gepaard gaan. Dit blyk nie net uit die beskouings van sommige teoloë nie, maar ook uit talle briewe in die media. Die Bybel word deur hierdie mense nie meer as die volle waarheid en Woord van God aanvaar nie. Dit word aan buitebybelse kriteria onderwerp, aangepas by persoonlike voorkeure en beskouinge en selfs sterk betwyfel.

Die gevolg is dat verwarring en twyfel by ons mense gesaai word deur dwaalleraars teen wie ons reeds deur die apostel Johannes gewaarsku is. Op hierdie wyse dra mense in die Afrikaner se eie geledere daartoe by om ons volk van sy geloofsgekoppelde waardes los te wring en ons ryp te maak vir die ontredderdheid wat die ANC/SAKP wil skep as braakland vir die vestiging van sy eie bose religie.