Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die fondament van die Christelike geloof

AKTUEEL:
Is God se wysheid dan dwaasheid vir hierdie teoloë

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Is die NG Kerk nog die NG Kerk

Oproep tot Reformasie

Islam en sy profeet, Mohammed

Leerstellige suiwer liedere vir die erediens

Omstrede uitspraak van vroulike NG Kerk teoloog maak opspraak in die openbare pers

Die simbool van die Kruis

Die aantasting van ons waardestelsel

Waarom ons lotery veroordeel

President Krugerkinderhuis in krisis oor voortbestaan

Geloftefees

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Jesus Seminaar met sy filosofiese vooroordeel oor "Historiese Jesus"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Matriek-Eksamens ARSO-Skole

Wat staan CVO-skole te doen?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Reformasie of Rewolusie

Volksverootmoediging - Hoe vertoon ons volkslewe?

PERSRUBRIEK: 
NG Kerk trap klei oor afvalliges vryhand het


"Voordag God 'n man geword het, was sy 'n vrou"

Kritiese beskouing oor belydenisskrifte in die Hervormde Kerk

KOMMENTAAR: 
"Jy moet jou naaste liefhę soos jouself"

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Ouerskap Fiasko

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 6 November 2000

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

REFORMASIE OF REWOLUSIE

ARTIKEL VAN DS JOH DREYER (NHK), OORSPRONKLIK GEPUBLISEER IN DIE HERVORMER, OKTOBER 1975 

(OORGENEEM UIT KONTEKS, OKTOBER 2000, (bl 18)

Die Reformasie van die sestiende eeu was gans iets anders as die rewolusie van die twintigste eeu. Die agtergrond en die doeleindes van die een was anders as die van die ander.

Die reformasie het ontstaan as gevolg van die swak toestande wat die Middeleeue opgelewer het. Op geestelike gebied was daar verstarring. Die kerk van dié tyd, te wete die kerk van Rome, was grootliks in verval. Dwaalleer en beeldediens was aan die orde van die dag. Die Bybel was so goed as 'n geslote boek. Nie wat die Woord leer, het die deurslag in baie gevalle gegee nie, maar wat die tradisie en wat die pous leer. Geld het 'n groot rol in die kerk gespeel.

Die sonde kon deur middel van aflaatbriewe afgekoop word. Die kerk het verwęreldlik geraak. Nie die genade van God in Christus het die deurslag vir die sondaar tot die regverdigmaking gegee nie, maar sy eie verdienste en goeie werke.

Die bodem waaruit die twintigste eeuse rewolusie ontstaan het, is heeltemal anders.

Na twee węreldoorloë het 'n gees van nihilisme hom meester gemaak in die Westerse węreld en toe het die sekularisme sy kop uitgesteek. Die kerk van die twintigste eeu het al meer verpolitiek geraak. Die sogenaamde mondige mens het al meer na vore gekom en Christus uit die middelpunt van die prediking verdring. Die kerk het sy vertikale prediking vervang deur 'n horisontale evangelieverkondiging waarin die mens en sy menswaardigheid, sy politieke vryheid, sy mondigheid na vore gestoot is. In Oos-Europa het dit nog verder links van God en sy Woord en sy kerk beweeg. God se bestaan is ontken, die Bybel het 'n verbode boek geword en die kerk is of verbied of aan bande gelę.

Die vyftiende eeu het al ryp begin word vir hervorming. Die voorlopers vir die vernuwing gedurende die volgende eeu het hier en daar reeds opgestaan soos Savonarola in Italië, Johannes Huss in Oostenryk, Wycliffe in Engeland en so meer. Die eerste stappe vir hervorming het hulle gedoen en uiteindelik bars daar 'n onkeerbare stroom los.

Daar word weer in die eerste plek gevra: Wat sę die Woord? Terug na die Woord! En die Here gee sulke manne van geloof soos Zwingli in Switserland, Martin Luther in Duitsland, Johannes Calvyn in Switserland, Knox in Skotland. En uiteindelik was die stroom nie meer te keer nie. Die Refor-masie was daar en het die aangesig van veral Wes-Europa verander.

Die rewolusie van die twintigste eeu het nie sy besieling deur Woord en Gees gekry nie, maar juis in teenoorgestelde rigting, los van die Woord van God. Die ontnugterde mens van na die tweede Węreldoorlog was losgeslaan van sy ankers. Nuwe leiers het vir hom lig opgesteek soos Marx en Lenin, wat vyande van God en die kruisevangelie was.

Toe kom die teologie van die rewolusie na vore, gelei deur sulke manne soos Robinson in Engeland, Cox in Amerika, Sölle in Duitsland en andere.

As die twee beweginge van die twintigste eeu teen mekaar opgeweeg word, waar staan ons dan? Watter een van die twee het goeie vrugte afgewerp? Watter een het het vir die mens meer vryheid in die ware sin van die woord gebring? En hom van sy slawerny bevry? Watter een het veredelend op die mensheid as sodanig ingewerk en 'n beter mens in 'n beter maatskappy bewerkstellig?

Hierop is maar net een antwoord. Die moderne mens van die twintigste eeu het die bande met God verbreek en daarmee 'n slaaf geword van duistere magte. Sy duurgekoopte vryheid van die Reformasie ontvang, het hy verruil vir 'n sogenaamde vryheid wat ontaard in bandeloosheid, wat aan steeds meer ongeregtighede geboorte gee soos terrorisme, kaping van vliegtuie, ontvoering van onskuldige mense en dan miljoene rande opgeëis om diegene wat hulle aanhou, vry te laat. Ook in sy sedelike lewe tree die bandeloosheid al sterker op die voorgrond in ontwrigting in die huwelik- en gesinslewe, en in die verhouding tussen ouers en kinders.

Te veel verloor die twintigste eeuse rewolusionęre mens uit sy gedagtes, dat alleen geregtigheid 'n volk verhoog, maar dat sonde 'n skandvlek is van die nasies. Maar ook nou kom die klag tot ons tyd, wat Jesaja tot sy tydgenote gerig het:

In terugkeer en rus lę julle heil,
in stilwees en vertroue bestaan julle krag;
maar julle wou nie. (Jes 30 : 15)