Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die fondament van die Christelike geloof

AKTUEEL:
Is God se wysheid dan dwaasheid vir hierdie teoloë

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Is die NG Kerk nog die NG Kerk

Oproep tot Reformasie

Islam en sy profeet, Mohammed

Leerstellige suiwer liedere vir die erediens

Omstrede uitspraak van vroulike NG Kerk teoloog maak opspraak in die openbare pers

Die simbool van die Kruis

Die aantasting van ons waardestelsel

Waarom ons lotery veroordeel

President Krugerkinderhuis in krisis oor voortbestaan

Geloftefees

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Jesus Seminaar met sy filosofiese vooroordeel oor "Historiese Jesus"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Matriek-Eksamens ARSO-Skole

Wat staan CVO-skole te doen?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Reformasie of Rewolusie

Volksverootmoediging - Hoe vertoon ons volkslewe?

PERSRUBRIEK: 
NG Kerk trap klei oor afvalliges vryhand het


"Voordag God 'n man geword het, was sy 'n vrou"

Kritiese beskouing oor belydenisskrifte in die Hervormde Kerk

KOMMENTAAR: 
"Jy moet jou naaste liefhê soos jouself"

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Ouerskap Fiasko

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 6 November 2000

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

VOLKSVEROOTMOEDIGING -
Hoe vertoon ons volkslewe?

- Prof H van der Wateren -

Om 'n lys van volksondes saam te stel, sou onvanpas wees. Slegs 'n paar hoofsake op voetspoor van die Wet van God word uitgelig.

Eerste gebod

Ons volk het 'n menigte afgode versamel. Sommiges noem ons ''rolmodelle'' soos sport- en ander helde wat in vele opsigte verafgod word. Verder word gemene saak gemaak met die Islam, vooroueraanbidding en 'n menigte lewensbeskouinge van heidense aard. Derdens kom Satanisme, waarsêery en profesieë dikwels voor. Dit is allerlei dinge en mense waarop mense hulle vertroue stel.

Tweede gebod

Om van God allerlei afbeeldinge en denkbeelde te vorm, het populêr geword. 'n ''Nuwe'' God word gesoek as deel van 'n sogenaamde vernuwende denke - selfs in die Teologie. Daarby word gehunker na ''vernuwing'' in die eredienste met allerlei denkbeelde in die plek van die suiwer verkondiging van die lewende Woord.

Derde gebod

In die ydele gebruik van die Naam van die HERE word swaar gesondig. Niet alleen word die Naam van God as stopwoord, selfs vloekwoord, gebruik nie, maar sy Naam word op allerlei ligsinnige wyses in gesprekke bygehaal, terwyl Hy uitdruklik beveel dat sy Naam alleen met eerbied en vrees gebruik mag word. Daar word verder op ligsinnige wyse met eedswering gehandel, terwyl lotery deel van ons daaglikse bestaan geword het.

Vierde gebod

Dat kerkbesoek sterk afneem , is 'n algemene besprekingspunt in die kerke. Daarteenoor het Sondae 'n algemene inkopiedag, sportdag, plesierdag of 'n sogenaamde gesinsdag - buite die kerk - geword. Dat 'n Afrikaanse Sondagkoerant hom daarop kan beroep dat hy die hoogste sirkulasiesyfer in die land het, is in werklikheid 'n ernstige aanduiding dat die Sondag nie meer die ''dag van die Here'' is nie,

Vyfde gebod

Die Ware gesagsbeginsel wortel in die vyfde gebod. Amptelik is dit vervang met die sogenaamde demokrasie gegrond in menseregte. Die orde van die natuurlike verwantskappe, gesin, familie, volk, word so vervang met die regte van die individuele mens in 'n onomlynde en gesiglose massa - met gevolglike chaos in die samelewing waarin die individu magteloos staan teenoor onreg.

Sesde gebod

Oor doodslag, aborsie, regte van kriminele teenoor regte ten opsigte van selfverdediging kan breed geredeneer word. Die heersende chaos in die land spreek vanself. daarin word ons volk daagliks ingedompel.

Sewende gebod

Nie alleen word gemiddeld twee uit drie huwelike verbreek nie, maar saamwonery en losse sedes, prostitusie, en selfs sodomie neem krisisafmetings aan. Daarvan is die statistiek oor HIV/Vigs die verdoemende getuienis. In hierdie verband het kerklike tug skynbaar verval en word magteloos toegekyk.

Agtste gebod

Voorvalle van korrupsie, gierigheid, diefstal, dobbelary, dit wil sê die toeëiening van ander se goed, het nie meer nuuswaarde nie. Dit word trouens verbloem met sagte name soos kapings, opeising van regte, ''regstellende aksie'', grondeise ensovoorts, om die aandag daarvan af te trek.

Negende gebod

Kwaadpratery, lastering, verdagmakery, lieg en bedrieg het deel van ons volkslewe geword. Die waarheid word gehaat en verduister.

Tiende gebod

Die lus om God se gebooie te oortree het 'n algemeen aanvaarde verskynsel geword. Daaroor word selfs gelag en grappe gemaak. So word die Heilige God telkens uitgedaag.

Die Tien Gebooie geld nie meer as 'n reël van dankbaarheid nie. Ons leef nou volgens die reël van my regte, maar sonder om my verpligtinge op te neem. Hierin het ons volk ver afgedwaal. Ons staan skuldig. En ons bemerk om ons 'n geestelike verwarring en nood in paniekerige soeke na die sin van lewe.


PLAKKAAT VAN VERLATING

(Nederland  -  22 Julie 1581)

''Ieder weet, dat de vorst van een land door God is gesteld tot hoofd over zijn onderdanen om hen te bewaren voor en te beschermen tegen alle onrecht, overlast en geweld, als een herder ter bescherming van zijn schapen. En dat de onderdanen niet door God geschapen zijn ter wille van den vorst, om hem in alles wat hij beveelt, hetzij het naar Gods wet of niet naar Gods wet, recht of onrecht is, onderdanig te zijn en als slaven te dienen; maar de vorst is geschapen ter wille van de onderdanen, zonder welke hij geen vorst is, om hen rechtvaardig en wijs te regeren, hun belangen te bevorderen, hen lief te hebben als een vader zijn kinderen en een herder zijn schapen, die zijn leven stelt om ze te bewaren. En wanneer hij dat niet doet, maar in plaats van zijn onderdanen te beschermen tracht hen te verdrukken, hun overlast aan te doen, hun oude vrijheden, privileges en oude gewoonten te ontnemen en hen te bevelen en te gebruiken als waren zij slaven, dan moet hij beschouwd worden niet als een vorst, maar als een tyran.''