Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die fondament van die Christelike geloof

AKTUEEL:
Is God se wysheid dan dwaasheid vir hierdie teoloë

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Is die NG Kerk nog die NG Kerk

Oproep tot Reformasie

Islam en sy profeet, Mohammed

Leerstellige suiwer liedere vir die erediens

Omstrede uitspraak van vroulike NG Kerk teoloog maak opspraak in die openbare pers

Die simbool van die Kruis

Die aantasting van ons waardestelsel

Waarom ons lotery veroordeel

President Krugerkinderhuis in krisis oor voortbestaan

Geloftefees

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Jesus Seminaar met sy filosofiese vooroordeel oor "Historiese Jesus"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Matriek-Eksamens ARSO-Skole

Wat staan CVO-skole te doen?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Reformasie of Rewolusie

Volksverootmoediging - Hoe vertoon ons volkslewe?

PERSRUBRIEK: 
NG Kerk trap klei oor afvalliges vryhand het


"Voordag God 'n man geword het, was sy 'n vrou"

Kritiese beskouing oor belydenisskrifte in die Hervormde Kerk

KOMMENTAAR: 
"Jy moet jou naaste liefhê soos jouself"

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Ouerskap Fiasko

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 6 November 2000

KOMMENTAAR

"JY MOET JOU NAASTE LIEFHê SOOS JOUSELF "

-  PROF DR FJM POTGIETER - 1961 - IN: "GRENSE" (BL 22 EN 23)  -

Harsingspoeling

Onlangs het JH Plokker in 'n Nederlandse tydskrif 'n belangwekkende artikel oor ''hersenspoeling'' of ''brainwashing'' geskryf. Daarin gee hy 'n aangrypende uiteensetting van die afgryslike tegniek wat van Kommunistiese kant aangewend word om ''menticide'' of ontworteling van alle vroeër aanvaarde bewussynsinhoude te bewerkstellig. Onder andere word groot klem gelê op selfkritiek en selfbeskuldiging. Alles word daarop toegespits om 'n skuldkompleks op te wek.

Dit geskied nie net agter die (voormalige P vd K) ''Yster-gordyn'' nie, maar, soos so treffend blyk uit die werk Protracted Conflict, vorm dit 'n belangrike deel van die internasionale Kommunistiese apparaat. Dit is veral die toeleg om hierdie ''guilt complexes'' by die intellektuele en geestelike leiers van die vrye wêreld te laat posvat en hulle met lamheid te slaan.

Die Kommunistiese leiers self steur hulle egter nie in die minste aan morele norme nie. Kenneth Thompson het dit selfs nodig geag om die vraag te stel of ''moral purpose'', wat buitelandse beleid betref, nie uitgedien is nie.

Dit val ook op dat daar nooit na die wese van die morele self gevra word nie. Laat dit wees wat dit wil ... solank as die skuldgevoel maar ingeskerp word, en die wêreldmening maar vergiftig word.

Dus het dit teenswoordig noodsaaklik geword dat ons krities ten opsigte van ons selfkritiek moet staan, en dat ons die vervalste wêreldmening in sy gerigtheid teen ons suiwer moet beoordeel. Soms is dit so geraffineerd dat ons dit self moeilik kan onderken; en soms kan óns dit meteens deurskou, maar die buitewêreld eet dit dan nog vir soetkoek op. Selfs in 'n wetenskaplike tydskrif word daar eenvoudig gekonstateer: ''On the southern tip of Africa, the Europeans could form permanent settlements. They practically exterminated the Bushmen and Hottentots, but the Boers in their northward trek could not exterminate the Bantu''.

Wat is moreel?

As 'n mens die vraag wil beantwoord of die apartheidsbeleid moreel geregverdig kan word, dan spreek dit vanself dat jy eers moet vasstel wat die apartheidsbeleid en wat die sedelike is. Dit spreek vanself, maar dit geskied selde.

Ek stel die vraag na die wese en aard van die morele eerste aan die orde. Vir ons as Skrifgelowiges is die Woord van God die enigste onfeilbare bron van alle beginsels en norme.

Selfs die geskiedenis en die natuur is deel van die gevloekte werklikheid en is, ten spyte van die sondebeteuelende mag van die algemene genade, geen betroubare media van die Godsopenbaring nie.

Breedvoerig kan ek die onderhawige vraag nie behandel nie. Die openbaringswaarheid wat hier rigtinggewend is, is die tweede groot gebod, soos deur Christus in Matt 22:39 saamgevat: ''Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.''

Volgens die gangbare opvatting bestaan die wese van die sedelike in die liefde tot die naaste; maar dit is nie juis nie, want die self word ook daarby betrek. Diepste beweeggrond vir die liefde tot die mens is nie in hóm geleë nie, maar in sy geskapenheid na die beeld van God. En, terwyl jyself en jou naaste na die beeld van God geskape is, is dit duidelik dat die sinkern van die sedelike daarin bestaan dat die mens hom só in waaragtige liefdesoorgegewenheid op sy naaste en homself moet rig dat hy ten opsigte van beide alleen die goeie wil en soek.

Oor die ware selfliefde en die naasteliefde moet daar nog meer gesê word, veral omdat dit in verband met ons hoofvraagstelling van soveel betekenis is. Daar moet op gelet word dat ook die ware eie- of ware selfliefde sedelik goed is, ''want'', aldus die bekende Nederlandse geleerde, prof W Geesink, ''ook in mijzelf moet ik liefhebben wat van God is, Zijn beeld''. Jesus gee die ware selfliefde ''zelfs als maatstaf'' aan: ... Soos jouself. Hy veroordeel egter '' de tot zelfzucht geworden eigenliefde'' (Joh 12:25), Vgl 2 Tim 3:2). Die woordjie 'soos' wil nie sê: in dieselfde mate nie, ''want'', sê Geesink, ''dan gebeurt er niets'', maar op gelyke wyse. Immers, beide my naaste en ek is geskape na die beeld van God. Op die vraag: wie moet ek meer liefhê: my naaste of myself, ant-woord Geesink wyselik dat daar nooit 'n algemeen geldende reël neergelê kan word nie. Alles hang van omstandighede af. Daar kan oomblikke kom wanneer ek bereid moet wees om selfs my lewe vir my naaste af te lê. Calvyn wys daarop dat die liefde in ieder geval nie sy eie belang soek nie (1 Kor 13:5).

Samevattend kan 'n mens sê dat jy geroep word om jou naaste en jouself - as enkelinge en uit die aard van die saak ook 'n ander volk of ras sowel as jou eie - lief te hê as geskape na die beeld van God; en dat na gelang jy sodoende die wil van die Here volbring, jy moreel handel.