Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die fondament van die Christelike geloof

AKTUEEL:
Is God se wysheid dan dwaasheid vir hierdie teoloë

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Is die NG Kerk nog die NG Kerk

Oproep tot Reformasie

Islam en sy profeet, Mohammed

Leerstellige suiwer liedere vir die erediens

Omstrede uitspraak van vroulike NG Kerk teoloog maak opspraak in die openbare pers

Die simbool van die Kruis

Die aantasting van ons waardestelsel

Waarom ons lotery veroordeel

President Krugerkinderhuis in krisis oor voortbestaan

Geloftefees

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Jesus Seminaar met sy filosofiese vooroordeel oor "Historiese Jesus"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Matriek-Eksamens ARSO-Skole

Wat staan CVO-skole te doen?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Reformasie of Rewolusie

Volksverootmoediging - Hoe vertoon ons volkslewe?

PERSRUBRIEK: 
NG Kerk trap klei oor afvalliges vryhand het


"Voordag God 'n man geword het, was sy 'n vrou"

Kritiese beskouing oor belydenisskrifte in die Hervormde Kerk

KOMMENTAAR: 
"Jy moet jou naaste liefhê soos jouself"

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Ouerskap Fiasko

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 6 November 2000

MEDIESE ETIEK

BYBELSE ETIEK

DR MC DURAND

OUERSKAP-FIASKO

- DR MC DURAND  -

Boetie 'ontwerp' om siek suster se lewe te red

'n Egpaar van Colorado, Amerika, het mediese geskiedenis gemaak deur genetiese toetse te gebruik om 'n proefbuisbaba te kies wat hulle ernstig siek dogter se lewe kan red.

Dit het 'n heftige debat in internasionale mediese kringe ontketen en die vraag laat ontstaan: is die tweede baba bloot ''ontwikkel as mediese produk'' om die ouer kind te red?

Molly Nash is gebore met fanconi-anemie - 'n genetiese siekte wat veroorsaak dat die liggaam nie beenmurg vervaardig nie. Sonder 'n stamseloorplanting sou sy nie sewe jaar oud word nie, het dokters by die voortplantings- en genetika-instituut (VGI) in Chicago gewaarsku. ...

''Dit is 'n baie unieke geval. Die embrio is gekies nie net omdat dit geen teken van die siekte van sy suster het nie, maar ook omdat dit die bes moontlike beenmurgskenker is'', het dr Yury Verlinsky, VGI-direkteur, gesê. ...

Die VGI wil ander gesinne ook op dié manier help, maar nie alle medici stem hiermee saam nie. '' 'n Mens het simpatie met die gesin, maar ons is bekommerd oor die tweede kind'', het dr Vivienne Nathanson, hoof van die etiese komitee van die Britse Mediese Vereniging, gesê. ''Hy is dalk 'n kommoditeit (gebruiks-voorwerp) eerder as 'n mens''.

Dr Arthur Caplan, wat spesialiseer in etiek aan die Universiteit van Pennsilvanië in Amerika, het gesê die stap laat vele vrae ontstaan.

Met die eerste oorplanting is Adam nie benadeel nie, maar as dit misluk, sal 'n beenmurgoortapping gedoen moet word. ''Dan sal die ouers die belange van een kind teenoor die ander moet begin opweeg.'' BEELD, Donderdag 5 Oktober 2000

Molly Nash is 'n meisie van ses jaar oud. Sy is geen gewone meisie nie, sy is anders. Sy het Fanconi-anemie. Dit beteken dat haar beenmurg nie bloedselle maak nie. Daarbenewens het sy ook benige afwykings. Haar lyding kan verlig word deur 'n oorplanting van voorloperselle van dié bloed (stamselle). Indien die oorplanting slaag sal die stamselle die nodige bloedselle in haar liggaam vervaardig wat haar beenmurg nie andersins sou kon regkry nie. Die kans dat 'n gewone stamsel-oorplanting (gewoonlik in die vorm van 'n beenmurgoorplanting ) van 'n vreemde donor sal slaag is 30 %. Die kans dat 'n stamseloorplanting van iemand wat geneties nader verwant is, sal slaag is tot 90%. Die egpaar Nash het vir die laaste opsie gekies.

Die eierselle van mev Nash is buite haar baarmoeder in 'n laboratorium bevrug. Verskeie embrio's is sodoen-de vir toetse beskikbaar gestel. Eers is getoets of hulle nie ook Fansoni-anemie het nie. Daarna is die embrio's getoets om te sien watter een die beste donor van stamselle sou wees. (Hierdie toetse word voor-inplantings genetiese diagnosering ge-noem.) Op grond van hierdie toetse is Adam gekies om verder in sy moeder se baarmoeder te ontwikkel. Net na geboorte het Adam die donor geword van stam-selle wat van sy naelstring afkomstig was. Indien hierdie oorplanting nie sou werk nie, sal hy in aanmerking kom om 'n beenmurgoorplanting-donor vir sy suster te word. Hierdie saak lewer verskeie gewetenskonflikte by gelowiges. Daar is vier wat hier genoem word.

Die huweliksgrense word geminag

In die huwelik is daar plek vir net twee mense, naamlik die twee eggenotes, die man en die vrou. Ook by die proses van bevrugting is daar slegs plek vir dié egpaar. Geen derde party het die reg tot toegang in die huwelik nie. By bevrugting van die geslagselle buite die liggaam in die laboratorium kom die ginokoloog na vore as die derde party. Die bewerking van die bevrugting deur 'n derde party is ongeoorloof.

Die menslike lewe word vernietig

Daar was 'n keuring gedoen watter van die verskeie embrio's die geskikste vir die pasiënt sou wees. Slegs die beste een kon deurdring. Die ander word gevries. Tydens die bevriesing van embrio's word hierdie klein mensies oorgelewer aan 'n onseker bestaan in 'n laboratorium- vrieskas. Gewoonlik word dié embrio's se vrieskas-bestaan beëindig deur hulle in 'n asblik te gooi en te verwyder.

Die menslike lewe word geminag

Deur hierdie fiasko het dit duidelik geword dat die ouers klein Adam gesien het as 'n middel tot die doel ten gunste van 'n ander mens. Slegs die belange van Molly is gel-dig. Adam het sy bestaan uit-sluitend te danke aan die behoefte van sy suster. Sy persoonlike lewe, behoeftes en bestemming, kortliks sy lewe word nie geag nie. Adam is slegs vir sy siek suster, Molly, verwek.

Biologies ouers maar nie sedelik ouers nie

Hierdie geval dien as voor-beeld hoe liefdelose ouerskap in die praktyk lyk. Die ouers van Molly en Adam verwek verskeie kinders, waarvan die meeste aan 'n onseker toekoms in 'n vrieskas oorgelaat word. Slegs Adam is dit gegun om verder te ontwikkel omdat hy hopelik nuttig vir sy suster sou wees. Dit is duidelik dat dit 'n voorbeeld van selektiewe ouerskap, selektiewe liefde en selektiewe getrouheid is. Juis hierdie selektiewe benadering tot hulle kinders, naamlik hul selektiewe liefde en getrouheid, toon dat die egpaar Nash nie ouers in die sedelike sin van die woord is nie. Om ouers te wees moet iemand tog ouers van al hul kinders wees? Ouerskap behels meer as net maar 'n genetiese toestand.

Die Bybelse norm

Die vraag is: Wat gaan Adam se biologiese ouers met hom doen as die moontlikheid van die beenmurgoorplanting op sy suster Molly nie slaag nie? En hoe rym dit met die bybelse norm dat elke menslike persoon deur God na sy beeld geskep is. Is dit in die lig daarvan geoorloof om 'n mens bloot as 'n gebruiksvoorwerp te ''ontwerp'' en te verwek?