Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die fondament van die Christelike geloof

AKTUEEL:
Is God se wysheid dan dwaasheid vir hierdie teoloë

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Is die NG Kerk nog die NG Kerk

Oproep tot Reformasie

Islam en sy profeet, Mohammed

Leerstellige suiwer liedere vir die erediens

Omstrede uitspraak van vroulike NG Kerk teoloog maak opspraak in die openbare pers

Die simbool van die Kruis

Die aantasting van ons waardestelsel

Waarom ons lotery veroordeel

President Krugerkinderhuis in krisis oor voortbestaan

Geloftefees

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Jesus Seminaar met sy filosofiese vooroordeel oor "Historiese Jesus"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Matriek-Eksamens ARSO-Skole

Wat staan CVO-skole te doen?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Reformasie of Rewolusie

Volksverootmoediging - Hoe vertoon ons volkslewe?

PERSRUBRIEK: 
NG Kerk trap klei oor afvalliges vryhand het


"Voordag God 'n man geword het, was sy 'n vrou"

Kritiese beskouing oor belydenisskrifte in die Hervormde Kerk

KOMMENTAAR: 
"Jy moet jou naaste liefhê soos jouself"

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Ouerskap Fiasko

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 6 November 2000

Persrubriek

"VOORDAT GOD 'N MAN GEWORD HET WAS SY 'N VROU"

'n Godsonterende Etiek

Die vorige uitgawe van DIE KERKPAD, September 2000, beskryf in die hoofartikel oor "Evolusionisme en Skrifkritiek" op bl 2, dat volgens dr WJ Ouweneel en ds WJJ Glashouwer, die skool van Wellhausen van 'n volslae ongegronde vooronderstelling uitge-gaan het dat die godsdiens van Israel, net soos dié van ander volke, van puur menslike oorsprong was en uitsluitend evo-lusionisties verklaar moet word. 'n Ekstreme en feministiese neerslag daarvan vind ons in 'n resente berig in BEELD, waarin 'n "teoloog" voorbrand maak vir die regering se beoogde dekriminalisering en dalk wettiging van die seksbedryf, wat as 'n florerende besigheid reeds oogluikend toegestaan word. Dit is 'n goddelose kringloop van evolusionisme en Skrifkritiek wat die bybelse norme van sedelikheid toeskryf aan 'n ''patriargale godsdiens met 'n negatiewe houding jeens seks. ... Voordat God 'n man geword het was Sy 'n vrou en het die sekspositiewe kultuur gefloreer", aldus die ''teoloog'' en televisieregiseur Naas Ferreira.

''Seks moet weer 'n heilige daad word'', sê die teoloog en televisie-regisseur Naas Ferreira. ''Maar om dit te kan bewerkstellig, moet die regering sekswerk wettig en nie net dekriminaliseer nie. ''Dit is wat hy aanvoer in 'n persoonlike pers-pektief op dié omstrede kwessie, aldus 'n artikel in BEELD. Woensdag 27 September 2000, bl 15.

Voordat God 'n man geword het, was Sy 'n vrou en het 'n sekspositiewe kultuur gefloreer. Sedert die opkoms van die patriargale godsdienste meer as 5 000 jaar gelede is die wêreld egter oorspoel deur 'n negatiewe houding jeens seks. ...

Blaai 'n mens terug in die geskiedenis, kry jy genoeg bewyse van 'n godsdiens waar die Moedergodin aanbid is en waarin seks as 'n belangrike skakel tussen die Godin en die gemeente gedien het.

Die oudste geskrif, die Gilgamesh-epos, praat met hoë agting van die sekspositiewe Groot Godin Inanna. Die epos verwys ook na tempelprostitute wat hoë aansien in die Babeloniese gemeenskap geniet het.

Geslagsgemeenskap met 'n prieste-res / tempelprostituut was 'n gebedsdaad of selfs 'n soort nagmaal. Seks met 'n tempel-sekswerker was dus 'n vereniging tussen die lidmaat en die Groot Godin.

Die patriargale godsdienste soos dit ook in die Ou Testament voorkom, het tempelprostitusie veroordeel en verbied. Die jaloerse God het geen ander gode verdra nie en die priesters het ander maniere vir mans ontwikkel om met God geestelike gemeenskap te hê. (Mans het hul vroue in die gemeenskap en in die kultus voor God verteenwoordig.) ...

Freud het gesê die mens openbaar verregaande en obsessiewe gedrag oor dit wat ons nie ten volle besit of heeltemal verstaan nie. Ons beheptheid met seks en afwykende gedrag is 'n weerspieëling van ons onvermoë om die diepte van seks werklik te verstaan. ..

Seks moet weer 'n religieuse ervaring word. Ons moet weer gemeenskap met ons seksmaats beskou as 'n verbintenis met die goddelike. dan sal die een die ander nie kleineer of verkrag nie. ...

Seks moet weer 'n heilige daad word, so sê die ''teoloog'', Naas Ferreira.