|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 4 No 6 November 2000
Persrubriek KRITIESE BESKOUING OOR BELYDENISSKRIFTE IN DIE HERVORMDE KERK Twee afgetrede teologie professore van die Hervormde Kerk het gevra dat opnuut na die die kerk se belydenisskrifte gekyk word. Prof Frans van Zyl, afgetrede hoogleraar in godsdiens- en sendingswetenskap, het by die Universiteit van Pretoria gesê daar moet 'n ernstige studie oor 'n hele boel sake gedoen word. ''Ek weet nie of ons die Heidelbergse Kategismus vandag in alle opsigte kan napraat nie.'' Hy het daarop gewys dat die belydenisskrifte mensewerk is en daarom gebrekkig is.Prof Bart Oberholzer, wat lank voorsitter van die algemene kerkvergadering was, het gesê dit is tyd dat daar met kennis oor die belydenisskrifte en hul agtergrond gepraat word. Dit is nie algemeen geldende waarhede nie, maar antwoorde wat in krisistye ontstaan het. Jy kan dit nie verstaan as jy nie die agtergrond ken nie. Met die agtergrond kan jy dit verstaan en waardeer en weet dat jy nie meer vandag so kan praat nie.
Neels Jackson. BEELD, 13 September 2000