Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die fondament van die Christelike geloof

AKTUEEL:
Is God se wysheid dan dwaasheid vir hierdie teoloë

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Is die NG Kerk nog die NG Kerk

Oproep tot Reformasie

Islam en sy profeet, Mohammed

Leerstellige suiwer liedere vir die erediens

Omstrede uitspraak van vroulike NG Kerk teoloog maak opspraak in die openbare pers

Die simbool van die Kruis

Die aantasting van ons waardestelsel

Waarom ons lotery veroordeel

President Krugerkinderhuis in krisis oor voortbestaan

Geloftefees

KERKLIKE JOERNAAL: 
Die Jesus Seminaar met sy filosofiese vooroordeel oor "Historiese Jesus"

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Matriek-Eksamens ARSO-Skole

Wat staan CVO-skole te doen?

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Reformasie of Rewolusie

Volksverootmoediging - Hoe vertoon ons volkslewe?

PERSRUBRIEK: 
NG Kerk trap klei oor afvalliges vryhand het


"Voordag God 'n man geword het, was sy 'n vrou"

Kritiese beskouing oor belydenisskrifte in die Hervormde Kerk

KOMMENTAAR: 
"Jy moet jou naaste liefhê soos jouself"

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Ouerskap Fiasko

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 6 November 2000

REDAKSIONEEL

Die tydstip van die verskyning van hierdie uitgawe val tussen die jaarlikse herdenking van die Kerkhervorming, waar momentum aan verleen is deur Martin Luther op 31 Oktober 1517, en die jaarlikse viering van die Geloftefees, wat vir die Afrikaner Boerevolk meer as maar net 'n simboliese betekenis het. Dié fees gaan gepaard met 'n hernuwing van die gelofte aan God om Hom te dien en aan Hom die eer vir die oorwinning te gee. In hoeverre dit nagekom word, is 'n ope vraag as tegelykertyd daarmee in rekening gebring moet word die toenemende neiging om alles wat voorheen as vaste en onaantasbare waarhede gegeld het, nou te betwyfel. Die artikel hiernaas beskryf die verontrustende tendense en feite in die bestaan van die tradisioneel gereformeerde (suster-) kerke in ons land. Dit is verbasend hoe openlik dwaallerings verkondig word en van die belydenisse afgewyk word sonder dat 'n (amptelik kerklike) haan daaroor kraai. En diegene wat dit durf waag om as 'n waghond te blaf, word so gou as moontlik bygekom om sy lawaai te stuit.

Die invloed van die Skrifkritiek en die politieke ''brainwashing'' eis sy prys van kerkverval en volksverval op alle vlakke van die bestaan. Die inhoud van hierdie uitgawe is aktueel beskrywend oor talle aspekte ten opsigte daarvan.

Getrou aan ons doelstelling om voorligting en kommentaar oor die leerstellige stromings en feitlike verwikkelinge in die kerklike en Afrikaner volksbestaan te verskaf, het ons die afgelope jaar waghond gestaan en gewaarsku vir die heillose gevolge van die betwyfeling van die gesag van God se Woord, van die relativering van die waarheid en die norme wat daarin geopenbaar is. Mag die Here dit wat tot eer van sy Naam, in swakheid en met gebreke gedoen is, seën tot reformasie, tot die heil van sy Kerk en koninkryk. ®