Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Dit is nog nie die einde nie

SKRIFOORDENKING:
Doelgerigte stryd

AKTUEEL
Die terreuraanvalle op 11 September 2001

KERKLIKE JOERNAAL: 
Eredienste in Scottburgh

Klag van dwaalleer teen Prof Kruger gestop

NH Kerk besluit teen Skuldbelydenis oor Apartheid

Flitse uit APK se Sinode 2001

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommer oor Kurrikulum 2005

Geskiedenis en Aardrykskunde

Leon Wessels ereprofessor PU

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die saak van menseregte

PERSRUBRIEK: 
Kritiek op stellings in NG Kerkbode 

Die oppergesag van die Grondwet

"Big Brother" - slik

Prostitusie gewettig?

Kommentaar: 
Loerbroer

Gesprek met die lesers: 
Gesprek met die lesers 

MEDIESE ETIEK: 
Die gebed tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 6 November 2001

DIE VYFDE JAARGANG

Met die verskyning van hierdie uitgawe van ons blad is die eerste doelwit van vyf jaargange voltooi. Dit was met die oortuiging van die geloof aan die behoefte vir 'n blad soos hierdie, dat ons in Januarie 1997 besluit het om dit te begin.

Aanvanklik het dit as mondstuk vir bekommerde Gereformeerdes gedien. Later is ingesien dat die kerklike verval en die bekommernis daaroor, ook buite die verband van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika ervaar word. Aanvanklik was dit die gedagte om toe te spits op die publikasie van agtergrondartikels om op dié wyse gereformeerde voorligting aangaande betwiste sake in die kerke te verleen. Dit sou ons blad veral as 'n polemies partydige mondstuk getipeer het en dit sou slegs 'n beperkte leserskring geïnteresseer het.

Die redaksionele beleid is van liewerlee, sonder prysgawe van prinsipiële oortuiging, aangepas om nie slegs beskoulike en opvoedende artikels te publiseer nie, maar om ook algemene inligting te verskaf oor wat sowel positief as negatief in die algemene kerklike en dagpers bekendgestel word met betrekking tot kerklike en Afrikaanse volkseie sake.

Talle lesers lewer terugvoering dat hulle dit waardeer om deur middel van ons blad ingelig te word oor sake waarvan hulle andersins geen kennis sou gehad het nie. Dis waarom Die Kerkpad die karakter van 'n Afrikaanse volkseie algemeen kerklike nuusblad aangeneem het . Sy intekenare het as gevolg daarvan ook toegeneem bui-te die verband van die Gereformeerde Kerke. Ons kan met dankbaarheid teenoor die Here en die ondersteuners van ons blad vermeld, dat die getal intekenare voortdurend vermeerder dwarsoor ons land , in die verbande van die APK, GKSA, NGK en NHK, asook in dié van die VGKSA (Vrye Gereformeerde Kerke).

Dit blyk reëlmatig dat daar in talle omgewings en kerkverbande persone is wat ons blad nie ken nie, wat dit nog nooit onder oë gehad het nie. Wanneer van hulle ons blad in die hande kry en kennis daarvan neem, is daar wat dit graag wil ontvang en daarop inteken. Daarom wil ons die ondersteunende leserskorps graag aanmoedig om ons blad orals waar dit dalk vrugbaar mag wees, bekend te stel.

Graag wil ons ten slotte, almal wat bygedra het om hierdie blad te ondersteun en te propageer, hartlik bedank daarvoor. Ook diegene wat finansieel ruim bygedra het om die publisering en versending te kan bekostig. Sonder hierdie spontane mede-werking sou dit nie geslaag het nie.

ADMINISTRASIE

Dit is op hierdie stadium nodig om met ons intekenare/lesers te kommunikeer oor die finansiering van ons blad. Die wyse waarop ons blad redaksioneel hanteer word, asook die tegniese uitleg en druk daarvan, is tot nou toe hoofsaaklik deur myself as uitgewer, redakteur en administrateur met die samewerking van mnr Johannes van Dyk (Jotha Drukkers) behartig. Wat myself betref, behels dit tans 'n byna voltydse betrekking, veral die laaste paar weke wat aan die verskyning van die eersvolgende uitgawe voorafgaan.

Die plasing van die kopie op die Webruimte op Internet is 'n saak waarby ons van rekenaar-deskundige bystand afhanklik is. Broeder Nico van der Dussen het tot dusver dit belangeloos behartig, maar sy werksdruk het sodanig toegeneem, dat hy sedert Julie vanjaar dit nie meer binne die beperking van die gewenste tyd kon waarneem nie. Broeder Stephan du Plessis het homself beskikbaar gestel en is ook deskundig om hierdie werk (ook belangeloos) vir ons redaksie te verrig. Ons wil graag Nico nogmaals bedank vir die reusetaak wat hy die afgelope jare verrig het en die algemene tegniese bystand wat hy ook ten aansien van die rekenaarprobleme (as daar was) verleen het. Tegelykertyd verwelkom ons Stephan as ons tegniese adviseur en medewerker in ons span.

Die lede van die redaksiekommissie, di SA Cilliers, JP Coetzee en BC Smit, word voordat 'n uitgawe gepubliseer word, betrek om hulle goedkeuring te verleen, veral aan dié artikels wat dalk beswarende kommentaar van sekere lesers kan ontvang. Hulle verleen hulle bydraes en diens ook belangeloos. Aan die einde van hierdie vyf jare wil ons hulle ook graag hartlik bedank vir hul getroue en liefdevolle samewerking wat hulle verleen het.

Die telefoononkoste en die instandhouding asook benutting van apparatuur, posgelde, aankoop van koeverte, ensovoorts, is 'n kostefaktor waaraan ons nie kan verby kom nie. Vergoeding vir dienslewering word tot die uiterste minimum beperk, sodat die uitgawe van ons blad, tot nou toe, geen tekort aan kontantvloei ondervind het nie. Met die oog daarop doen ons 'n dringende beroep op ons intekenare om hulle kant te bring en ons administrasie reëlmatig van inkomste te voorsien.

Ons vertrou dat almal wat die redaksie van ons blad ondersteun, sal saamwerk om die finansies voortdurend in 'n beskikbare kontantvloei te help realiseer.

REDAKSIONEEL

Hierbo is reeds oor die algemene beleid inligting verskaf. Ons hoop om met die Here se lig en bystand op dieselfde wyse daarmee voort te gaan. Bydraes van lesers word graag ontvang en dié wat bruikbaar vir publisering is, sal soos ons dit redaksioneel kan inpas, geplaas word.

Ten aansien van die broeders en susters in Orania, die Dordt-groep soos hulle hul-self betitel, is vermeld dat hulle hul tot die kerkraad van Brits-Wes gewend het met die versoek om as verspreidwonende lid-mate van hulle gemeente aanvaar en bear-bei te word. Die kerkraad Brits-Wes het toe ná samesprekings met die kerkraad van Kimberley en 'n besoek daarna aan die Oraniërs, besluit om aan dié versoek te voldoen en die Dordt-groep as verspreidwonende lidmate van hulle gemeente te aanvaar. Teen hierdie besluit dien tans 'n appèl wat die uitvoering van hierdie besluit, hangende die uitslag daarvan, belemmer. Met die oog daarop sal oor die saak Orania in ons blad geswyg word, totdat die saak in meerdere vergadering(s) verder gevoer en daaroor besluit is.                                                                                                                              (Red P van der Kooi)                                                               (Red P van der Kooi)