Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Dit is nog nie die einde nie

SKRIFOORDENKING:
Doelgerigte stryd

AKTUEEL
Die terreuraanvalle op 11 September 2001

KERKLIKE JOERNAAL: 
Eredienste in Scottburgh

Klag van dwaalleer teen Prof Kruger gestop

NH Kerk besluit teen Skuldbelydenis oor Apartheid

Flitse uit APK se Sinode 2001

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommer oor Kurrikulum 2005

Geskiedenis en Aardrykskunde

Leon Wessels ereprofessor PU

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die saak van menseregte

PERSRUBRIEK: 
Kritiek op stellings in NG Kerkbode 

Die oppergesag van die Grondwet

"Big Brother" - slik

Prostitusie gewettig?

Kommentaar: 
Loerbroer

Gesprek met die lesers: 
Gesprek met die lesers 

MEDIESE ETIEK: 
Die gebed tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 6 November 2001

KERKLIKE JOERNAAL

GEREFORMEERDES HOU EREDIENSTE

SAAM MET HERVORMDES IN SCOTTBURGH

Die Gereformeerde Kerk Amanzimtoti het deur middel van dr Marius Aucamp die gemeente van die Ned Hervormde Kerk, Durban-Suid genader om te hoor of hulle met dié gemeente die eredienste op Scottburgh kan deel. Laasgenoemde hou gewoonlik elke tweede en vierde Sondag van die maand, om kwart voor vyf die middag, eredienste in die kapel van die Methodistekerk in Scottburgh.

Vanaf die eerste Sondag in November 2001 gaan daar nou elke Sondag 'n Afrikaanse erediens in die kapel wees. Die Gereformeerde predikante (dr Aucamp en ds Bernard Hattingh) gaan mekaar, waar nodig, afwissel op die eerste en derde Sondag van elke maand, en die Hervormde gemeente gaan met sy eredienste voort op die tweede en vierde Sondae. Op die vyfde Sondag, as daar die maand een is, sal die preke beurtelings afgewissel word tussen die predikante van die Hervormde en Gereformeerde Kerke.

Die twee Kerke beskou hierdie eredienste nie as dienste van die Hervormde of Gereformeerde Kerke nie, al dra elke Kerk vir spesifieke Sondae die verantwoordelikheid. Die twee Kerke sien dit as eredienste van die geloofsgemeenskap van Scottburgh, en lidmate van die twee Kerke word opgeroep om die eredienste by te woon. Daar is nou gereeld elke Sondag geleentheid om in 'n erediens die Here te dien. Op Sondag 25 November, bedien die predikante van die twee Kerke saam nagmaal.

Die erediensorde sal wissel na gelang van watter predikant preek. Erediensordes van die Hervormde en Gereformeerde Kerke sal dus om die beurt gebruik word. Maar die nuwe Liedboek van die Kerk sal deurgaans in al die eredienste gebruik word.