Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Dit is nog nie die einde nie

SKRIFOORDENKING:
Doelgerigte stryd

AKTUEEL
Die terreuraanvalle op 11 September 2001

KERKLIKE JOERNAAL: 
Eredienste in Scottburgh

Klag van dwaalleer teen Prof Kruger gestop

NH Kerk besluit teen Skuldbelydenis oor Apartheid

Flitse uit APK se Sinode 2001

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommer oor Kurrikulum 2005

Geskiedenis en Aardrykskunde

Leon Wessels ereprofessor PU

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die saak van menseregte

PERSRUBRIEK: 
Kritiek op stellings in NG Kerkbode 

Die oppergesag van die Grondwet

"Big Brother" - slik

Prostitusie gewettig?

Kommentaar: 
Loerbroer

Gesprek met die lesers: 
Gesprek met die lesers 

MEDIESE ETIEK: 
Die gebed tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 6 November 2001

KERKLIKE JOERNAAL

NEDERDUITSCH HERVORMDE KERK

SE ALGEMENE KERKVERGADERING

BESLUIT TEEN SKULDBELYDENIS OOR APARTHEID

''Hervormers sal nie skuld oor apartheid bely nie'', skryf Neels Jackson, BEELD se verslaggewer oor kerksake, in die uitgawe van sy koerant, Vrydag 5 Oktober 2001. Die berig lui as volg:

Die Hervormde Kerk het ... besluit om nie 'n skuldbelydenis oor apartheid te doen nie.

Die kerk het wel erken dat gruweldade onder die vaandel van apartheid gepleeg is - ook deur sy eie lidmate - en sy smart en berou voor God daaroor uitgespreek.

Die Algemene Kerkvergadering het, nadat hy besluit het om nie 'n bespreking oor die saak toe te laat nie, 'n verklaring aanvaar waarin hy sy siening oor skuldbelydenis uiteen sit. Daarin sê die kerk dat hy nie die proses van skuldbelydenis oor apartheid soos dit die laaste paar jaar gevoer is, of die teologiese inhoud wat meestal aan sondeskuld en skuldbelydenis onderskryf nie.

Die kerk verskil ook van die manier ''waarop een groep (wit mense, Afrikaners) eensydig verneder, verketter en uitgesonder word as alleen verantwoordelik vir wat die afgelope dekades sleg en verkeerd was''.

Voorts meen die kerk dat die beleid van segregasie ''onbillik skeefgetrek en swartgesmeer is''. Hy vra vir 'n ewewigtige Bybelse evaluering van die hede en verlede van die land se geskiedenis. Dit sluit onder meer in dat gruweldade nie opgehou het met die beëindiging van apartheid nie.

Mense wat gruweldade pleeg of gepleeg het, het die vrye keuse gehad om anders te besluit en die skuld nie op die kerk, die owerheid of 'n stelsel af te skuif nie.

Die Kerkvergadering het 'n algemene oproep tot ''skuldbelydenis voor God en medemens en tot 'n nuwe lewe waarin die liefde van God ons optrede teenoor alle mense sal bepaal''.

Voorts het die vergadering 'n oproep gedoen tot geloof in Jesus Christus en gesê daar is geen ander hoop op egte vreugde, ware bevryding en volle lewensvervulling nie.

Met hierdie besluit het die Kerkvergadering ook besluit teen 'n voorstel dat die kerk bely dat die stelsel van apartheid in wese onregverdig en sondig was.