Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Dit is nog nie die einde nie

SKRIFOORDENKING:
Doelgerigte stryd

AKTUEEL
Die terreuraanvalle op 11 September 2001

KERKLIKE JOERNAAL: 
Eredienste in Scottburgh

Klag van dwaalleer teen Prof Kruger gestop

NH Kerk besluit teen Skuldbelydenis oor Apartheid

Flitse uit APK se Sinode 2001

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommer oor Kurrikulum 2005

Geskiedenis en Aardrykskunde

Leon Wessels ereprofessor PU

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die saak van menseregte

PERSRUBRIEK: 
Kritiek op stellings in NG Kerkbode 

Die oppergesag van die Grondwet

"Big Brother" - slik

Prostitusie gewettig?

Kommentaar: 
Loerbroer

Gesprek met die lesers: 
Gesprek met die lesers 

MEDIESE ETIEK: 
Die gebed tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 6 November 2001

OPVOEDING EN ONDERWYS

GROOT KOMMER OOR KADER ASMAL SE KURRIKULUM 2005

- KERKLIKE NUUS OP RADIO PRETORIA, SONDAG 14 OKTOBER 2001 -

Groot kommer heers onder die Christen-ouergemeenskap oor die nuwe voorgenome Kurrikulum 2005. Van die probleme in hierdie leerplanne is verpligte voorskoolse seksonderrig en die verpligte blootstelling aan die praktyke van vreemde godsdienste. Kinders gaan ondermeer gedwing word om dolosse te gooi, te bid tot die aardgodin en deel te neem aan Hinduïstiese dreunsang. Bekommerde Christene en ouers is tot Vrydag, 12 Oktober toe tyd gegun om beswaar aan te teken by die ANC Mi-nister van Onderwys, Kader Asmal. Hy is ondermeer versoek om belanghebbendes meer tyd te gee om die Kurrikulum te bestudeer; om toe te laat dat Christenkinders net hulle geloof op skool leer, om ouerlike keu-se en insette toe te laat, om die bevordering van die aanvaarding van homoseksualiteit uit die kurrikulum te haal en om seksonderrig opsioneel en nie verpligtend te maak.

Die Gereformeerde Kerke van Noordelike Pretoria het in 'n mediaverklaring hulle besorgdheid oor die nuwe leerplanne bekendgemaak. Die verklaring lui:

Waar die Christelike godsdiensonderrig in openbare skole afgeskaf word en vervang word met blote kennisname van die diversiteit van godsdienste in die land, word Christengemeenskappe die reg ontneem om hul kinders se prinsipiële denke volgens hulle eie geloof te vorm;

Waar homoseksualisme openlik aanvaar word en gay-lesbiese verhoudinge tot op huweliksvlak erkenning ontvang, word die fatsoenlikheid wat vir al die eeue in Christelike en ander geloofsgemeenskappe gegeld het, geïgnoreer en vertrap.

Die verklaring lui voorts dat daar duidelike optrede van die owerheidskant af sigbaar is wat daarop gemik is om Christene se kinders op skool aan 'n inter-geloofsbenadering te onderwerp. Die Adjunk-minister van Onderwys, mnr Mangena, het uitdruklik gesê: ''Keep God out of public schools''. (Teacher, 08/2001).

Onderwerping aan onbybelse standpunte ontneem ons ons demokratiese reg om ons eie iden-titeit in skole waar ons mense die meerderheid vorm, te behou.

Aanvaarding van homoseksualisme as lewenstyl word op so 'n wyse deur sommige teoloë verdedig dat die Bybel se eie inherente goddelike gesag daarmee ondermyn word. Teoloë mag volgens hul Skrifhantering vind dat die Ou Testamentiese uitsprake nie morele voorskrifte is nie, maar dat dit handel oor reinigingswette wat nie meer vir ons tyd geld nie. Oor die Nuwe Testamentiese getuienis van veroordelende uitsprake teen homoseksualisme kan beweer word dat dit vandag nie meer dieselfde geldingskrag dra as in Paulus se tyd nie. Wie egter na die Skrif luister moet erken dat homoseksualiteit beslis nie net in die verlede nie, maar ook vandag nie 'n Bybels toelaatbare seksuele lewenstyl is nie. In die Bybel staan die verhaal waar die stad Sodom as gevolg van homoseksuele praktyke deur God verwoes word (Gen 19:4-11; vgl 2 Pet 2:6-10 en Judas 1:7).

God het man en vrou vir mekaar geskape.''Met 'n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos 'n mens met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel'' (Lev 18:22; vgl Lev 20:13). Romeine 1:25-27 het eeue gelede al in duidelike taal vooruit gesien waar die gevreesde siektes van ons tyd vandaan gaan kom.

Deur die eeue is die huwelik 'n erkende en aanvaarbare verhouding met regte en voorregte wanneer dit tussen twee mense van verskillende geslagte bestaan. Waar homo- en lesbiese verhoudinge op amptelike vlak as 'n huwelik erkenning kry, word die Bybelse norme en waardes finaal tot niet gemaak. So 'n stap sal openlik erkenning gee en goedkeuring verleen aan onaanvaarbare praktyke vir Christene. Die kerke kan nie anders nie as om hierdie stand van sake te betreur en burgers van die land daarteen te waarsku.

Hierdie verklaring wil en kan geen mens veroordeel nie. God het in sy ryke genade homoseksuele gelowiges net so lief as enige ander gelowiges. Net soos wat God enige ander gelowige se onaanvaarbare gedrag nie daar wil laat nie, wil die Bybel ook nie dat mense die onaanvaarbare gedrag van homoseksualisme op enige wyse beoefen nie.

Die kerk mag ook nooit homoseksuele persone verstoot nie, maar waar bekend, moet hulle met deernis pastoraal begelei word om hulle lewe in te rig volgens God se wil om op dié wyse van die onaanvaarbare lewenstyl weg te breek.