|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 6 November 2001
OPVOEDING EN ONDERWYSLEON WESSELS EREPROFESSOR AAN PUIn BEELD van Dinsdag 25 September 2001 word vermeld dat adv Leon Wessels, 'n voormalige student van die PU vir CHO, deur dié Universiteitsraad tot ereprofessor van die regsfakulteit benoem is. Wessels is tans 'n kommissaris van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. Hy het gedien as 'n NP-parlementslid onder die gesag van mnr FW de Klerk. Hy is in dié pos bevorder tot kabinetslid en was van 1994 tot 1996 ondervoorsitter van die grondwetlike vergadering.
Die berig in BEELD vermeld voorts dat die benoeming gedoen is op grond van sy kennis van volkereg en sy ervaring as staatsman en regspraktisyn en dat adv Wessels voortaan van tyd tot tyd by die universiteit lesings sal gee.
Tesame met die benoeming van dr Theuns Eloff as die nuwe rektor van die PU, lewer dit die bewys van die PU se fundamentele ondersteuning van die huidige staatsbestel, ongeag die prinsipieel gemotiveerde besware wat onder meer uit Gereformeerde kerklike verband daarteen aangevoer is/word.