|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 5 No 6 November 2001
PersrubriekKRITIEK OP STELLINGS OOR TOTIUS-BERYMINGSIN NG KERKBODE
Dr Victor E d'Assonville (jnr) skryf uit Colesberg in DIE KERKBODE van 7 September 2001:
Tereg wys die rubriek oor die Liedboek in Die Kerkbode (20 Julie) op die afwagting vir dié bundel. Daar is egter onwaarhede in dié betrokke rubriek genoem wat ek wil regstel:
Die bewering dat die huidige Totius-berymings ''in 'n groot mate'' bloot 'n Afrikaanse verwerking van die Nederlandse Psalmberyming uit 1773 is, is nie korrek nie. Die historiese bronne bewys - ironies genoeg - juis die teendeel. As kenner van die Hebreeuse taal was Totius een van die hoofvertalers van die 1933-Bybel. Met dié kennis het hy ook sy omdigtingswerk van die Psalms uit Hebreeus gedoen. Vergelyk onder andere die sestig briewe van Totius aan die Hebraikus C van Gelderen in Amsterdam asook G Dekker (1937) se Die Afrikaanse Psalmberyming. Aan hierdie reformatoriese beginsel, dat 'n Psalmomdigting primêr uit die Hebreeuse grondteks gedoen moet word, behoort alle psalmberymings getoets te word, ook die nuwe een.
Die bewering dat ''die taalinkleding en gedagtegang . . . dus meer as twee eeue oud'' is is nie net histories ongegrond nie, maar klop inhoudelik ook nie. Om maar twee aspekte te noem: 'n nadere ondersoek van die Totiusteks wys dat daar in ál 150 Psalmberymings met meer as 1 200 strofes, maar sowat dertig sogenaamde ''Nederlandismes'' is. Wyle prof PW Buys, self 'n teoloog en digter, het enkele jare gelede al moderne ''variante'' vir hierdie ''Nederlandismes'' voorgelê.
Tweedens kan inhoudelike en ander ooreenkomste tussen die Totius-teks en berymings in ander tale (ook Nederlands) baie eenvoudig verklaar word deurdat die grondteks, die Bybelboek Psalms, dieselfde is.
Ruimte ontbreek om op die foutiewe bewerings oor die Geneefse melodieë te reageer. Hierdie saak is reeds deur prof JJA van der Walt in sy studie, Die Afrikaanse Psalmmelodieë (1962, met 'n voorwoord deur WEG Louw) deeglik ondersoek. Die saak van Kerksang en die eer van die Here kan net gedien word indien daar eerlik en histories korrek daarmee omgegaan word, ook in die bekendstelling van die Liedboek.