Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Dit is nog nie die einde nie

SKRIFOORDENKING:
Doelgerigte stryd

AKTUEEL
Die terreuraanvalle op 11 September 2001

KERKLIKE JOERNAAL: 
Eredienste in Scottburgh

Klag van dwaalleer teen Prof Kruger gestop

NH Kerk besluit teen Skuldbelydenis oor Apartheid

Flitse uit APK se Sinode 2001

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommer oor Kurrikulum 2005

Geskiedenis en Aardrykskunde

Leon Wessels ereprofessor PU

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die saak van menseregte

PERSRUBRIEK: 
Kritiek op stellings in NG Kerkbode 

Die oppergesag van die Grondwet

"Big Brother" - slik

Prostitusie gewettig?

Kommentaar: 
Loerbroer

Gesprek met die lesers: 
Gesprek met die lesers 

MEDIESE ETIEK: 
Die gebed tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 6 November 2001

PERSRUBRIEK

''Big Brother''- slik

Mej G Swart uit Jeffreysbaai skryf in DIE KERKBODE, 21 September 2001, hieroor as volg:

Help asseblief, ons land verdrink in morsige ''Big Brother''-slik!

Ek wil alle Christene in die land vra om beswaar te maak teen ''Big Brother''. Liewe land, ek het net een kyk nodig gehad om te besef in dié huis loop die duiwel loshand rond! Soveel laster, banaliteit en onsedelikheid in een program kan nie 'n goeie uitwerking op enige kind of volwassene hê nie. Die program kan nie die goedkeuring van enige ware Christen wegdra nie! Ons mág dit nie toelaat nie!

Dan wonder mense nog waarom dit so sleg gaan in die land en met kinders se moraliteit? Stop dit! Net hier en nou! Predikante en sinodes moet asseblief standpunt inneem.