Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Dit is nog nie die einde nie

SKRIFOORDENKING:
Doelgerigte stryd

AKTUEEL
Die terreuraanvalle op 11 September 2001

KERKLIKE JOERNAAL: 
Eredienste in Scottburgh

Klag van dwaalleer teen Prof Kruger gestop

NH Kerk besluit teen Skuldbelydenis oor Apartheid

Flitse uit APK se Sinode 2001

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Kommer oor Kurrikulum 2005

Geskiedenis en Aardrykskunde

Leon Wessels ereprofessor PU

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Die saak van menseregte

PERSRUBRIEK: 
Kritiek op stellings in NG Kerkbode 

Die oppergesag van die Grondwet

"Big Brother" - slik

Prostitusie gewettig?

Kommentaar: 
Loerbroer

Gesprek met die lesers: 
Gesprek met die lesers 

MEDIESE ETIEK: 
Die gebed tydens siekte en genesing

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 5  No 6 November 2001

Persrubriek

DIE OPPERGESAG VAN DIE GRONDWET

'DIT WAS 'N FOUT'

- Onder bogenoemde subhoof verskyn die volgende kritiek in DIE BOODSKAPPER, Oktober 2001 -

Nie dat ons dit nie geweet het nie. Maar hoe verder die nuwe Suid-Afrika loop, hoe meer blyk dit dat die onderhandelde erfenis wat ons by Kemptonpark gekry het, uiters problematies is.

Die afgelope tyd het die seksuele moraal in ons land ernstige knoue gekry wat betref die wetlike beperkinge daarvan. Dit lyk of homoseksuele pare binnekort die groen lig sal kry om kinders wetlik aan te neem. Hoe so 'n arme kind die geleentheid sal kry om met 'n tipiese vader- of moederrol te identifiseer ten einde sy eie geslagsgedrag te modelleer, weet ons nie. Tot so 'n stap kan net oorgegaan word as ons nou regtig met alle kulturele onderskeidinge tussen die twee geslagte wil wegdoen. Maar ondertussen bly die natuur ons nog onherroeplik in twee geslagte verdeel.

Prostitusie (maar nie in bordele en via straatprostitusie nie) is op 2 Augustus deur 'n hofuitspraak gewettig. Dit moet nog deur die konstitusionele hof bekragtig word. Prostitusie kom natuurlik al lankal voor. 'n Wet daarteen kon dit nie verhoed nie. Wette kan 'n mens se hart nie ten goede verander nie, maar die landswette kan die onbegrensde deurwerking van die sonde met die mag van die swaard beperk.

Wette op die wetboek het ook 'n simboliese betekenis en sê veel oor waar die land sy morele grense wil trek. In dié geval het die ontkragting van die wet veel gesê oor wie nou eintlik die nuwe Suid-Afrika se god is.

Die regters het bevind dat ''prostitute se reg op privaatheid geskend word deur hul seks-vir-geld-dade 'n misdaad te maak'' (Beeld 3 Augustus 2001).

Dit is dus die vryheid en regte van die enkeling (in hierdie geval die prostituut) wat die deurslag gee by die bepaling of 'n daad krimineel is of nie - en nie meer die Bybelse voorskrif nie.

Prof Petro Swanepoel van UNISA se kommentaar was: ''As die argument gevoer word dat dit op Bybelse gronde verbied moet word, is die teenargument dat dit die kerke se plig is om teen prostitusie te preek. Dit is nie die howe se taak nie . . . Howe moet die reg toepas aan die hand van die oppergesag in Suid-Afrika: die grondwet'' (Beeld 3 Augustus 2001).

Inderdaad moet die howe aan die hand van die grondwet regspreek. Maar juis hier lê die probleem: ook die grondwet is afgelei van 'n grondliggende aanname oor wie (Wie) die hoogste en laaste (finale) sê in die samelewing sal hê.

Ons vorige grondwet het die oppergesag van die Almagtige God in sy aanhef erken. Die huidige grondwet hef aan met die ongeregtighede van die verlede en maak die mens (dus humanisme) die laaste sê (oppergesag) - veral die enkeling met sy vryhede en regte. In die onderhawige geval word die prostitute dan eintlik die godinne wat die beslissende en laaste sê het. Daar 's ons nou. Hef aan lê voor!

Ons het simpatie met regters (asook ander wetstoepassers soos die polisie) wat opregte Christene is. Hulle moet toenemend 'n onbeskryflike konflik tussen hulle ampspligte en hul gewetens ervaar. Die probleem lê nie by hulle nie, maar by die grondwet se erken-ning van oppergesag. Lees ook wat ons belydenis in artikel 36 van die NGB oor die roeping van die landsowerheid vermeld.