Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Hervorming

AKTUEEL: Oktober: Maand van beslissings       

Dobbelkultuur

SKRIFOORDENKING:
Kragvolle getuies (Hand 1:8a)

"Die oplossing van VIGS"

Sekretariaat vir Volksbou-Media uitreiking

Die vrou in kerklike ampte?

'n Geestelike skisofrenie?

Ons strydvaardigheid in kerkverband

Die wegraping?!

KERKLIKE JOERNAAL: 
Reformasie of deformasie?

Instituering van GK Orania

OPVOEDING EN ONDERWYS:
PUK en UNW kan een, 'uniek' word

Deputate CO oor PUK en UNW

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Krisis in Onderwys kring uit

NG Sinode steun ANC grondroof

PERSRUBRIEK: 
Dir is wat Rome sê

Bywoning van eredienste

Die pad van 'n nuwe Psalmberyming

Geloof in die skeppingswerk van God of aan evolusionisme?

KOMMENTAAR: 
'n Sinode van verydelde hoop?

Betwisbare sake op NG Sinode

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Gesondheidsrisiko en mediese fondse

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 6 November 2002

JAAREINDE

Die jaar 2000 loop vinnig einde se kant toe. Met dankbaarheid kan ons vermeld dat die Here, ons God en Vader in die hemele, vanjaar ook weer vir ons gesorg het, sodat dit ons aan niks ontbreek het nie. Ons blad het reëlmatig verskyn. Deurgaans was daar genoeg stoflike middele om die uitgawes te behartig. Andersins was daar leser/ondersteuners wat bygestaan het om te voorsien in finansiële behoeftes toe dit noodsaaklik was. Die laasgenoemdes word hartlik bedank vir die wyse waarop hulle spontaan bygedra het, sodat die verskyning van Die Kerkpad onverpoosd voortgegaan en ook verbeter het. Ook aan die adverteerders in ons blad, baie dankie. Ons wil die lesers aanmoedig om gebruik te maak van die dienste of produkte wat hulle aanbied. Hulle bydraes is 'n welkome fonds om in die finansiering van ons blad te voorsien.

Reëlmatig is daar persone wat nuut inteken. Vir hulle wil ons spesiaal vermeld dat vanaf die eerste uitgawe van die heel eerste jaargang, alle uitgawes van ons blad nog beskikbaar is en by ons administrasie bestel kan word. Ons doen ook graag 'n beroep op die intekenaar/lesers om te help nuwe intekenare te werf. Daar is 'n behoefte aan die verskyning van ons blad wat uit wye kringe gehoor word. Stel dit asseblief bekend aan geesverwante in u omgewing en gebruik ook van die inhoud van ons blad wat vir u relevant is, om dit te kopieer en te versprei. Baie dankie vir diegene wat sterk bygedra het om ons blad te bevorder.

ADMINISTRATIEF

Terwyl dit die laaste uitgawe van hierdie jaargang is, versoek ons dié wat nog nie op die sewende jaargang heringeteken het nie om dit vóór die einde van Februarie 2003 af te handel. Daar is nog enkele intekenare wat agterstallig is met die inbetaal van vanjaar se (sesde) jaargang. Hulle word vriendelik versoek om nog vóór die einde van Desember daarin te voorsien. Dié wat verder agterstallig is, word vanaf die Januarie-uitgawe van die intekenarelys verwyder. Let asseblief op die adresstrokie op die koevert wat die nommer vermeld van die laaste jaargang wat deur u betaal is. Skakel gerus as u hieroor onseker is.

Mag die Here u ook ryklik seën met die herdenking van Christus se koms in die wêreld en die jaarwisseling wat voorlê.