Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Hervorming

AKTUEEL: Oktober: Maand van beslissings       

Dobbelkultuur

SKRIFOORDENKING:
Kragvolle getuies (Hand 1:8a)

"Die oplossing van VIGS"

Sekretariaat vir Volksbou-Media uitreiking

Die vrou in kerklike ampte?

'n Geestelike skisofrenie?

Ons strydvaardigheid in kerkverband

Die wegraping?!

BOEKBESPREKING: Evolusie en die Bybel - Kan hulle versoen word?

KERKLIKE JOERNAAL: 
Reformasie of deformasie?

Instituering van GK Orania

OPVOEDING EN ONDERWYS:
PUK en UNW kan een, 'uniek' word

Deputate CO oor PUK en UNW

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Krisis in Onderwys kring uit

NG Sinode steun ANC grondroof

PERSRUBRIEK: 
Dir is wat Rome sę

Bywoning van eredienste

Die pad van 'n nuwe Psalmberyming

Geloof in die skeppingswerk van God of aan evolusionisme?

KOMMENTAAR: 
'n Sinode van verydelde hoop?

Betwisbare sake op NG Sinode

GESPREK MET LESERS:

MEDIESE ETIEK: 
Gesondheidsrisiko en mediese fondse

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 6  No 6 November 2002

OPVOEDING EN ONDERWYS

DIE STANDPUNT VAN DIE DEPUTATE CHRISTELIKE ONDERWYS OOR DIE BEOOGDE SAMESMELTING VAN DIE PU VIR CHO MET DIE UNIVERSITEIT VAN NOORDWES

Getuienis gerig aan die Minister van Onderwys, die Raad, die Senaat en die Konvokasie van die PU vir CHO

Uitgangspunt

Die PU vir CHO het 'n eiesoortige oorsprong. Die oorspronklike oprigters wou 'n sentrum vir Hoër Onderwys oprig waar Christenstudente in die lig van die waardestelsels wat in die Woord van God vervat word, die wetenskap sou kon bestudeer. Hierdie universiteit is reeds in 1869 te Burgersdorp gestig en het eers in 1905 na Potchefstroom verskuif. Deur al die jare moes die Universiteit sy eiesoortigheid (sy sogenaamde "heritage"), naamlik wetenskapsbeoefening in die lig van die Woord van God, beskerm en daarvoor opkom.

Die waardes waarvoor die PU vir CHO staan en waarvoor daar oor baie jare geywer is, het reeds vir meer as 130 jaar 'n groot bydrae gelewer tot die Suid-Afrikaanse samelewing, die kontinent van Afrika en die internasionale gemeenskap, waar waardes soos naasteliefde, regverdigheid, eerbaarheid, getrouheid, hardwerkendheid, eerlikheid en integriteit geweldig belangrik is ... ook vir die toekomstige geslagte.

Die PU vir CHO het ontstaan lank voordat die apartheidsera daar was. Oor al die baie jare van sy bestaan het die PU vir CHO 'n ondersteuningsbasis gehad en uitgebou wat vashou aan en bou op die besondere waardes wat aan hierdie uitsonderlike universiteit ver-kondig, uitgedra en bevorder word. Daaruit het daar sekere gevestigde grondwetlike regte voortgevloei. Daardie regte is reeds en bly steeds in die Grondwet vir sy ondersteuners gevestig.

Die PU vir CHO en sy ondersteunersbasis, wat oor Suid-Afrika, die vasteland van Afrika en ook oor die res van die węreld versprei is, het die reg dat die waardestelsels wat die PU vir CHO voorstaan, behou en bevorder en uitgebou word. Hierdie waardestelsels was en is en kan alleen tot groot voordeel van die RSA en sy mense wees. Samesmelting met enige ander instelling wat ander waardes voorstaan en 'n ander karakter het, sal die unieke karakter ("heritage") van hierdie universiteit vernietig.

Samesmelting of enige sodanige optrede, sal die regte van hierdie universiteit, soos deur die Grondwet van die RSA beskerm word, in sy wese aantas. Die beoogde samesmelting en gevolglike verdwyning van die enigste uitgesproke Christelike Universiteit in die RSA kan nie in 'n ander lig beskou word nie as dat die Minister van Onderwys sy bevoegdheid misbruik en inbreuk maak op die grondwetlike regte van Christene in die RSA. Deur sy optrede sę die Minister van Onderwys Christene die stryd aan en daag hy die Christelike gemeenskap in die RSA uit. As Christene versoek ons die agbare Minister dringend om af te sien van sy voorneme om voort te gaan met die samesmelting van die PU vir CHO en die Noordwes Universiteit, wat die verdwyning van die Christelike karakter van die PU vir CHO ten doel het.

Die feit moet helder en duidelik beklemtoon word dat die handhawing van die PU vir CHO met sy eiesoortige karakter en "heritage" hoegenaamd nie ten doel het om studente vanuit enige gemeenskap wat daar wil kom studeer uit te sluit of teen enige persoon hoegenaamd te diskrimineeer nie, solank studente besef dat die wetenskap hier onbeskaamd vanuit die Christelike perspektief in die lig van God se Woord bestudeer word (wat geensins die strewe na hoë akademiese standaarde en voortreflikheid enigsins inkort nie). Die reg van enige ander groep om sy godsdienstige voorkeure en waardes uit te leef, word gerespekteer, maar daarmee saam word hierdie Universiteit en sy ondersteuners se soortgelyke reg as landsburgers wat die Christelike geloof omhels, daadwerklik opgeëis.

Wat is ononderhandelbaar?

Die Pu vir CHO is en bly 'n Christelike Universiteit wat die wetenskap onbeskaamd in die lig van die Woord van God (die Bybel) bestudeer.

Wat is die gevolge van die voorstelle tot samesmelting tussen die PU vir CHO en die UNW vir die PU vir CHO?

> Die PU vir CHO sal sy naam (CHO), sy Christelike karakter ("heritage") en sy ondersteunersbasis onherroeplik verloor.

> Die moontlikheid dat 'n nasionale bate wat in die RSA, in Afrika en węreldwyd as Christelike universiteit hoog aangeslaan word, verloor sal word, is baie waarskynlik.

> Daar sal 'n ontsaglike geleentheid verlore gaan in terme van die bevordering en die uitbou van Christelike Opvoeding en Onderwys węreldwyd, aangesien die PU vir CHO ongetwyfeld 'n węreldspeler in hierdie verband is en węreldwyd studente lok wat juis op grond van die Christelike karakter en die wetenskapsbeoefening in die lig van die Woord van God aan hierdie besondere universiteit wil studeer (al is dit ook op telematiese vlak.

Standpunt

Die PU vir CHO moet as 'n onafhanklike universiteit behou word. In hierdie verband kan daar van die Minister van Onderwys en van die regering van die dag verwag word om konsekwent op te tree. Soos wat 'n instelling soos die Universiteit van Fort Hare se onafhanklikheid en eiesoortigheid met sy eie spesifieke ondersteunersbasis en "heritage" erken en respekteer word, moet dieselfde erkenning aan die PU vir CHO en aan enige ander soort-gelyke instelling gegee word.

Indien die PU vir CHO daartoe gedwing sou word om met ander instansies van Hoër Onderwys saam te werk (LW: nie saam te smelt nie - samesmelting behoort nie as 'n opsie oorweeg te word nie), moet die volgende voorwaardes geld:

Die PU vir CHO moet sy Christelike karakter onvoorwaardelik behou.

Die PU vir CHO moet (soos in die verlede) deur die staat gesubsidieer word.

Die Raad van die PU vir CHO moet steeds (soos in die verlede) deur die onderskeie belangegroepe van die PU vir CHO daargestel word.

Hiermee word alle betrokke partye vriendelik dog baie ernstig versoek om af te sien van die voorneme om die PU vir CHO te laat saamsmelt met die Universiteit van Noordwes, aangesien die PU vir CHO met sy unieke karakter vir ons as Christene baie kosbaar is.

Onderteken deur ds GJ van Wyk (voorsitter) en ds JH Howell (mede-deputaat) - Deputate CO van die GKSA op 16 September 2002

(Vetskrif- beklemtoning deur Red  -   PvdK)

ONDERWYS IN VOLKSVERBAND

Dat elke mens in 'n besondere volk geplaas is waarin hy sy roeping moet vervul, hou ook in dat die onderwys nie volksvreemd mag wees nie, maar ingebed moet wees in die eie volkslewe en deurdrenk daarvan moet wees.

Onderliggend en dus gemeenskaplik aan al die afsonderlike onderwysstelsels is egter dat alle kinders tot liefde en trou aan die gemeenskaplike vaderland opgevoed word, terwyl die bydrae wat elke volk lewer en waardeur hy sy roeping vervul, terselfdertyd ook in die belang van die gemeenskaplike vaderland is. Dit is ook die uitgangspunt van die Christen-Afrikaner dat sy lewe in die teken van diens aan God en die medemens sal staan.

Wanneer verskille tussen volke benadruk word as wesenlik van die Skeppingsorde word daarmee nie te kenne gegee dat een volk beter is as 'n ander nie, en word benewens liefde en respek vir die eie ook die andersheid van ander volke erken. Dit moet egter nie vertolk word as 'n aanvaarding of onderskrywing van die waardes en norme van ander volke wat dalk in stryd mag wees met die eie waardestelsel wat Skrifgefundeer is nie.

Dr GJJ LOUW

Doktorale Verhandeling

Desember 1981 -  UPE