|
Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 6 No 6 November 2002
GELOOF IN DIE SKEPPINGSWERK VAN GOD OF AAN EVOLUSIONISME?DIE MENSLIKE LIGGAAM
- PIETER J PELSER - IN: EVOLUSIE EN DIE BYBEL .. KAN HULLE VERSOEN WORD?
-Om iets te verstaan van die omvang van die uitdaging om 'n mens te "maak", moet ons na die basiese samestelling van Homo sapiens kyk, wat, volgens die Bybel, "... na die beeld van God ..." geskape is. Dieselfde mens van hierbo, sê evolusioniste, is die produk van 2 800 miljoen jaar se evolusie uit dooie materie wat op een of andere wyse lewend geword het, en wat progressiewe veranderings ondergaan het (totaal sonder plan óf doelwit) in 'n opwaartse rigting deur agtereenvolgens vis-, reptiel- en voëlstadiums, totdat 'n denkende mens anderkant uitgestap het. Behalwe wanneer die verstand duisel wanneer 'n mens jou probeer indink presies hoe dit alles sou kon plaasgevind het, word van ons verwag om dit te aanvaar en te glo, ten spyte van die totale gebrek aan enige fossiele wat die miljarde oorgangstadiums wat daar behoort te wees, demonstreer. Die evolusionis sê verder hy kan nie glo dat 'n Skepper alles plotseling gemaak het nie - dit moes geëvolueer het. Daarby glo hy in 'n oneindige opeenvolging van miljoene der miljoene wonderwerke. Die kreasionis hoef slegs in die skeppingsmag van God te glo.Kom ons kyk vlugtig na die groei van 'n menslike fetus.
Gedurende die eerste vier weke van die nuwe lewe word miljarde afsonderlike selle gevorm, en hulle rangskik hulself volgens 'n fassinerende plan om 'n nuwe mens te vorm. Hier teen die vyftiende dag vind dramatiese nuwe ontwikkelings plaas: Die eerste bloedvate verskyn. 'n Paar dae later vind nog 'n wonder plaas: Binne die klein borsie van die 1,7 mm lange embrio vorm twee bloedvate 'n hart wat begin om bloed deur hierdie piepklein liggaam te pomp - alles voor die einde van die derde week. Die hart voorsien die ontwikkelende brein van bloed en suurstof. In die vierde maand pomp die hart reeds dertig liter bloed per dag, en met geboorte saam die volume reeds by driehonderd-vyftig liter.
In die embrio-stadium ontwikkel longe, oë, en ore, hoewel hulle nog nie gebruik word nie. Ná twee maande is die embrio slegs 3 tot 4 sentimeter lank, en so klein dat dit binne 'n okkerneutdop sou kon pas - reeds met al die organe. Gedurende die daaropvolgende maande raak die organe al groter en neem hulle hul uiteindelike vorm aan.
EVOLUSIE EN DIE BYBELKan hulle versoen word?
Kan hulle versoen word?
Outeur: Pieter J Pelser
R 95-00 per eks (posgeld ingesluit)
Bestel by: Administrasie Die Kerkpad