Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die vaste punt van ons bestaan

AKTUEEL: Sportverdwasing .... selfs-verafgoding 

SKRIFOORDENKING:
Die misdaad van Agan (Jos 7..)

Beswaarskrif van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Christus se borgtogtelike lyding

In die begin was die Woord ...

Dr JAE (KOOS) Adendorff se pad : - Buitengesluit uit die NG Kerk te Elsburg -

KERKLIKE JOERNAAL: 
Algehele wantroue oor waarheidskarakter van Handelinge Sinode 2003

Klassis Pretoria Moot : Beskrywingspunte insake die verwerping van sekere sinodebesluite

Die Gereformeerde Kerk Witrivier : Besluit teen toelating van vroue in diakenamp asook teen gebruik van 2001 (CLOETE) omdigtings

Gereformeerde Kerk Pretoria-Wapadrant skakel oor na kleingroepbediening (KGB)

Belhar-belydenis deur NG Sinode aanvaar

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Godsdienstige indoktrinasie duer middel van skoolgodsdiens

BCVO persverklaring 24 September 2003

Hoeksteen vir Eg Suid-Afrikaanse universiteit gelê .... ten koste van die PU vir CHO !

Seksvoorligting op skole

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Postmodernistiese skrifuitleg -'n Doodloopstraat

PERSRUBRIEK:  Afrikaanse Radio-Advertensie gebruik die Bybel vir karikatuur van "Apartheid"

Intergeloof bevorder deur Lutherhaan en ander sogenaamde "Christene"

Geloofsbelydenis of ongeloofbelydenis?

Behoedende Kerklike berigte vanuit Nederland

"Vrijmaking" in Bergschenhoek (Nederland)

Pompeji "U raak die berge aan en hulle rook" (Ps 104:32)

QUO VADIS?

KOMMENTAAR: Appartheid 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Outonomie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 6 November 2003

Aktueel

SPORTVERDWASING  . . .  SELFS -VERAFGODING

DIE AFRIKANERVOLK SE LIEFDE VIR SPORT, LAAT HOM IN DIE AFGROND STORT!

-  GERT KRUGER  -  VERWOERDBURG   -

Toe gebeur dit weer! Engeland wen "Boere-oorlog II" ook!  Dié keer nie omdat generaal Piet Joubert soos in "Boere-oorlog I" tydens die Slag van Modderspruit op 30 Oktober 1899 toe hy reeds die geveg gewen het en die Engelse op vlug geslaan het, sy gewillige twaalfduisend Boerevegters wat die vlugtende Engelse agterna gesit het, opdrag gegee het om die agtervolging te staak nie. Nee, hierdie keer omdat die "Boereburgers" nie kon skop nie! Met dié patetiese mislukte skoppe en dat sport deesdae gekommersialiseerd is deurdat spelers betaal word en gedagtig aan die korrupsie wat met wyle Hansie Cronjé se manewales aan die lig gekom het, wonder mens of daar nie ook dalk geld agteraf in dié "misskoppe" steek nie!

Nieteenstaande hierdie moontlikheid ken die huidige geslag "Boere" wat hulleself "Afrikaners" noem, se liefde vir sport steeds geen einde niet! Dit is weer eens ... bewys met die Wêreldbeker-rugby in Perth. Vir weke lank was daar al voorbrand gemaak vir dié vreeslike belangrike wedstryd. Selfs kinders in laerskole se gemoedere is al meer as ‘n week gelede gaande gemaak vir dié wedstryd. Hoe nader dié Saterdag gekom het, hoe meer het jy die spanning in die openbaar sien oplaai. In VERWOERDBURG - wat hulle na SIN-TURION (Centurion) verdoop het omdat hulle bang vir die naam VERWOERD was wat daarin voorgekom het, selfs waar die meeste inwoners "Afrikaners" is - het jy dit veral opgemerk. Saterdagoggend het mense in besigheidsentrums met die "nuwe RSA"-vlag op hul gesigte "getatoeëer" verskyn en besighede probeer om op allerlei lawaaierige maniere voorbrand te maak vir dié wedstryd – natuurlik om geld te maak.

Selfs die mees behoudende groepering binne die "Afrikanervolk" wat hulleself "BOERE-AFRIKANERS" noem, kan nie sonder hul sport klaarkom nie en gaan daaroor te kere soos in die vorige bedeling toe van die grootstes van die grotes teen die Springbokke van destyds gespeel het. Daarvoor span hulle nog hulle eie "radio met grense" in wat die "volk" ook op gereelde grondslag op hoogte hou van alle groot sportbyeenkomste en selfs elke dag tyd inruim om na hul verteenwoordiger by krieket-, rugby- en ander byeenkomste oor te skakel. Daarvoor gebruik hulle ook nog iemand wat sy stem soos dié van ‘n eertydse veteraan rugbykommentator, Gerard Viviers, laat klink om hulle lekkerder te laat voel en lekkerder in die verlede te laat herleef!

En dit alles gebeur ‘n week nadat die "volk" in Bloemfontein gaan "verootmoedig" het!  Dit laat mens dink aan Moses van ouds toe hy met die Here op die berg gaan praat het en voorbidding vir die volk gaan doen het en die volk, terwyl hy weg was, vir hulleself ‘n goue kalf gemaak het om te aanbid. Sport was juis die goue kalf in die vorige bedeling wat veroorsaak het dat die eerste toegewings deur mnr John Vorster se regering aan die buiteland gemaak is. Sport was die dun punt van die wig en ook die grootste enkele oorsaak dat daar tydens die Transvaalse NP-kongres van 1969 botsings oor sportintegrasie plaasgevind het. Die druk op dr HF Verwoerd se destydse NP-regering het juis gekom weens die sterk standpunt wat daar rondom die kwessie van sport ingeneem is. Weens sy sterk standpunt oor sport was dit een van die bydraende redes waarom Dr Verwoerd uit die weg geruim moes word. Sport was uiteindelik die oorsaak dat die destydse NP-regering begin swig het en finaal op die pad van ‘n rasse-integrasie politieke bestel geplaas is!

Ten spyte van alles wat sedertdien gebeur het, kan die huidige geslag Afrikaners steeds nie wegkom van hul voorliefde vir sport nie. En dit geld alle soorte sport, veral rugby! Met die transformasiebeleid van die huidige kommunistiese ANC-regering waarvolgens alles, ook sport, sogenaamd "verteenwoordigend van die meerderheid van die bevolking van die land" moet geskied, kan hulle klaarblyklik nóg nie insien dat dit juis sport is wat hulle in die reddelose en ellendige toestand waarin hulle nou al vir bykans tien jaar verkeer, laat beland het nie. Daar word gesê dat ‘n klein hondjie se oë na sewe dae oopgaan. Die Afrikanervolk se oë het na bykans tien jaar nog nie oopgegaan nie! Daar word dikwels ook gesê dat dit nou ‘n minuut voor twaalf vir die Afrikanervolk is. Dit is nou bykans tien jaar na twaalf en die Afrikanervolk kan nog nie verstaan nie!