Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 6 November 2003
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. (Johannes 1 : 1)IN DIE BEGIN WAS DIE WOORD ... *
Geïnspireer deur die Heilige Gees begin Johannes sy Evangelie met hierdie aangrypende openbaring: Jesus Christus is die Woord van God, en is God.
Die Hebreërbrief stel dit só:
Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun. (Hebreërs 1 : 1)
Wat 'n heerlike en troosryke openbaring. Jesus Christus het opgevaar na die hemel en sit aan die regterhand van sy Vader, maar is tegelykertyd by ons en praat met ons deur die Woord van God. Hoe kosbaar is die Woord van God aan ons!
Hierdie aangrypende waarheid het die Gereformeerde kerkvaders dan ook vasgevang in die pragtige leuse: Sola Scriptura. Die Skrif alleen! Dit is ons Heiland wat dáárin met ons praat. Dit dra die gesag van God. Dit is dierbaar en gesagvol vir ons. Ons luister daarna, sonder teëspraak! Ag, kon ons maar hier eindig!
Sommer vroeg in die bestaan van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika het daar begin stemme opgaan dat die ander kerke hulle eie liedere (gesange) het, wat van ons? Natuurlik kon die ou vaders nie die gesange invoer nie, want was dit dan nie een van die redes waarom daar met die Nederduitsch Hervormde en die Nederduitse Gereformeerde Kerke gebreek is nie? Dit is vrye liedere wat nie op die Woord gebaseer is nie, en ons sing net uit die Woord. Maar Christus word nie in die Psalms gesing nie (?)! Dus skep ons vir ons ook liedere, maar dit moet uit die Woord kom, anders is dit nie aanvaarbaar nie. So is daar heel vrysinnig en eiewillig tekste uit die Bybel uitgehaal wat berym is sodat ons ook ons eie liedere kan sing. Christus (wat die Woord is) word nie in die Psalms (die Woord) goed genoeg besing nie, Ons voorsien in die behoefte en sal dit beter kan doen as die Heilige Gees in die Psalms.
Toe die satan met hierdie aanslag teen die Gereformeerde Kerk geslaag het, was hy natuurlik nie daarmee tevrede nie. En omdat daar nog lidmate was wat hulle teen die sing van hierdie Skrifberymings verset het, moes daardie opstandiges eers tot swye gebring word, voordat hy tot die volgende stap kon vorder. Daar was aanvanklik gemeentes waar dit 'n kerkraadsbesluit was dat tydens die eredienste slegs die 150 Psalms gesing sou word. Maar toe kom die televisie:
En hy (die antichris verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle 'n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het. En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. (Openbaring 13: 14 en 15)
En die begin . . . !
Na die koms van die televisie het die mense meer vrysinnig geraak. Want die satan het nou hierdie beeld wat kan praat gebruik om die Christelike Kerk as belaglik voor te stel, en dit vinnig laat degenereer sodat hy sy volgende slag kon slaan.
In die vroeë sewentiger jare het die vroue in die NG en Hervormde Kerke daarin geslaag om die hoofbedekking tydens die erediens afgeskaf te kry. Die Gereformeerde vrouens het ook nie gras onder hulle voete laat groei nie en die druk so verhoog dat kerkrade die een na die ander geval het, hoofsaaklik omdat daar geen ondersteuning van predikant-beheerde meerdere vergaderings gekom het nie en die vrouens is toegelaat om ongesteurd die eredienste by te woon sonder om die teken te vertoon dat hulle buig onder die gesag van Christus.
Natuurlik was 1 Korinthiërs 11: 2 - 16 deur die eeue nog altyd die norm wat hierdie saak gedien het. Daarom was dit 'n kritieke tyd in die bestaan van die Gereformeerde Kerke. Hierdie norm wat gesneuwel het, was die eerste keer dat die Gereformeerde Kerk 'n duidelike uitspraak van die Woord van God ongeldig verklaar het. Maar die satan het sy werk deeglik gedoen en 1 Korinthiërs 11 word deur predikante en sogenaamde kerkleiers as tydgebonde afgemaak! Die gesag van Christus (die Woord) geld nie meer vir vandag nie!
Die implikasie van hierdie besluit is verreikend. Die Gereformeerde Kerke, met die pragtige leuses "In u Lig sien ons die Lig!" en "Sola Scriptura" sneuwel net daar. Hierdie besluit dra die embrio van al die latere besluite waar God se Woord moes buig voor slim menslike argumente! God se Woord was dus vir die Gereformeerde Kerke nie meer so onfeilbaar as tydens sy begin nie. Hierdie besluit het baie kindertjies gebaar, as gevolg waarvan Skrifkritiek aanvaarbaar geword het.
In 1985 is die 1983 verdraaiing van die Bybel, wat sonder skroom Christus uit die Ou Testament uitgehaal het, deur 'n uiters verwarrende besluit van die sinode die groen lig gegee om in die kerke gebruik te word "naas die 1953-vertaling". Sedertdien het eersgenoemde die 1953 waarheidsgetroue Bybel uit die meeste kerke verdring. Hierdie besluit is, ten spyte van talle beswaarskrifte van indiwidue wat maar nie daardie verdraaiing as Bybel kon aanvaar nie, nooit hersien nie. Ons mense wou maar nie luister nie!
Ook Sinode 2003 se omstrede besluite het dááruit, uit daardie eerste besluit, voortgespruit. Die Cloete-omdigting van die Psalms, wat ook Christus uit die Psalms verwyder het, net soos die moederbron NAV-1983, waar-op dit gebaseer is, word vrygestel vir gebruik in die kerke, "met 'n woord van waardering aan professor Cloete"!
Om die vrou vir die ampsbediening toe te laat, wat weer, soos de hoofbedekkingbesluit teen die gesag van Christus ingaan, moes meer tekste ongeldig verklaar word, maar dit gaan nou sommer baie makliker, want dit is voorheen reeds gedoen en die mense het dit aanvaar. Die volgende tekste wat voorheen as norm in die Gereformeerde Kerke gegeld en aanvaar was, het nou gedeeltelik of in hul geheel in die slag gebly: 1 Timotheus 3: 8 - 12; Efesiërs 5: 22 - 24 en 33; 1 Korinthiërs 11: 3; 1 Timotheus 2: 11, 12 en 1 Korinthiërs 14: 34, 35.
Omdat ongehoorsaamheid aan God se Woord altyd teen 'n steil helling lë, waar al meer spoed opgetel word namate mens daarop vorder, is die laaste besluit nie net teen die gebruik in die kerk, soos die Woord dit deur die eeue gereël het nie, maar ook teen die middelaarskap van Christus gemik, toe aanbeveel is dat "Neergedaal het na die hel" uit ons belydenis uitgehaal en vervang moet word. Indien Christus egter nie tot op die vloervlak van die hel neergedaal het nie, het Hy nie ons straf gedra gedra nie, want dit is die straf wat ons toegekom het en om ons daarvan te verlos het Hy dit gedra. Hoe sou ons anders van ons straf vrygespreek kon word, as Christus nie daaraan voldoen het nie?
Hy het nie maar net "helse smarte gely" nie, nee, Hy het die hel self in alle erns en diepte ervaar om ons straf te dra. Daarom dat die belydenis dit ook so deur die eeue verwoord het. Met hierdie besluit het die Sinode die verlossingsleer soos dit deur die hele Skrif duidelik geleer word, aangetas en verwerp. Vergelyk die volgende Skrifgegewens: Markus 10: 45, ook Mattheus 20: 28; 1 Timotheus 2: 6 en Romeine 8: 32.
En nou, ken hierdie sinodale besluitnemers ooit Jesus Christus terwyl hulle so vryelik dele van sy Woord verander of nietig verklaar? Is dìt wat gelowiges doen?
En wat van dié kerkrade wat hulle so klakkeloos navolg?
En hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie. (1 Johannes 2: 3, 4)
Met hierdie manier van hantering van die Skrif is 'n noodwendige gevolg natuurlik ook die gebruik van die indiwiduële kelkies by die Nagmaal en die uitskakeling van die tafel, omdat die Woord van God sy ereplek in die Kerk verloor het. Almal sake wat bydraend was tot die (her-)stigting van die Gereformeerde Kerk in 1859, terwyl die NG Kerk destyds die Skrif nog nie eens sover gelos het as die Gereformeerde Kerk vandag nie.
Daar is geen profeet nodig om te voorspel dat dit nie hiermee gaan eindig nie. Die enigste vraag is in watter volgorde dit sal plaasvind: die skeppingsopenbaring of die maagdelike geboorte van Jesus Christus of . . . . .? Die wonders in die Bybel word in sekere kringe reeds bevraagteken en beskou as mites!
Hoekom gebeur hierdie dinge? Dié mense wat hierdie besluite geneem het en ondersteun kom tog voor as gelowiges? Hoe gebeur hierdie dinge dan? Soos in die algemeen gee die Bybel geen verduidelikings nie, want Christus is dit immers nie aan ons verskuldig nie. Aan ons openbaar Hy vir ons tyd slegs die Raad van God:
... En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid. (2 Thes 2: 7 - 12)
Al hierdie dinge gebeur dus as voorbereiding vir die oordeel. En alhoewel ons almal alreeds die ewige straf verdien, laat God in sy oneindige lankmoedigheid hulle wat die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie, voortstorm op die pad wat hulle ryp maak vir die oordeel.
Wat staan ons egter te doen? Ons, aan wie die Here hierdie dinge openbaar en wat dit in geloof aanneem? Ons moet nie God se raadsplan probeer weerstaan nie, maar waak en bid omdat ons nie weet op watter uur ons Here kom nie, maar ons weet dat dit naby is.
Ons dan wat nog altyd God se Woord hoog ag, en Jesus Christus en sy Woord liefhet, kan nie met hierdie minagting saamgaan nie, en daarom glo ek dat die tyd gekom het waarvan Openbaring 18 praat as daar gesê word:
En ek het 'n ander stem vanuit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou. (Openbaring 18: 4, 5) . (Johannes 1 : 1)

En ek het 'n ander stem vanuit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou. (Openbaring 18: 4, 5)
* Ingestuur deur JBJ Haasbroek, Springs, met die versoek vir publisering. Die inhoud van hierdie skrywe vertolk die gevoelens van talle lidmate wat, net soos hyself, verward raak oor die gang van sake binne die Gereformeerde Kerke en wil palstaan by die geldende norme en die goeie van die verlede. Daarom bring ons dit graag onder aandag van die lesers.