Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die vaste punt van ons bestaan

AKTUEEL: Sportverdwasing .... selfs-verafgoding 

SKRIFOORDENKING:
Die misdaad van Agan (Jos 7..)

Beswaarskrif van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Christus se borgtogtelike lyding

In die begin was die Woord ...

Dr JAE (KOOS) Adendorff se pad : - Buitengesluit uit die NG Kerk te Elsburg -

KERKLIKE JOERNAAL: 
Algehele wantroue oor waarheidskarakter van Handelinge Sinode 2003

Klassis Pretoria Moot : Beskrywingspunte insake die verwerping van sekere sinodebesluite

Die Gereformeerde Kerk Witrivier : Besluit teen toelating van vroue in diakenamp asook teen gebruik van 2001 (CLOETE) omdigtings

Gereformeerde Kerk Pretoria-Wapadrant skakel oor na kleingroepbediening (KGB)

Belhar-belydenis deur NG Sinode aanvaar

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Godsdienstige indoktrinasie duer middel van skoolgodsdiens

BCVO persverklaring 24 September 2003

Hoeksteen vir Eg Suid-Afrikaanse universiteit gelę .... ten koste van die PU vir CHO !

Seksvoorligting op skole

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Postmodernistiese skrifuitleg -'n Doodloopstraat

PERSRUBRIEK:  Afrikaanse Radio-Advertensie gebruik die Bybel vir karikatuur van "Apartheid"

Intergeloof bevorder deur Lutherhaan en ander sogenaamde "Christene"

Geloofsbelydenis of ongeloofbelydenis?

Behoedende Kerklike berigte vanuit Nederland

"Vrijmaking" in Bergschenhoek (Nederland)

Pompeji "U raak die berge aan en hulle rook" (Ps 104:32)

QUO VADIS?

KOMMENTAAR: Appartheid 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Outonomie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 6 November 2003

GESPREK MET DIE LESERS

Sewe jaar !

Ja, dis waar. Hierdie uitgawe voltooi die eerste sewe jaargange van ons blad. Op sigself nie 'n roemryke prestasie nie. Die werk is in eenvoudigheid en entoesiasme gedoen. Dit het gepaard gegaan met moeite en soms ook sorg.

Die Here het ons deur alles heengehelp. Dit het ons aan niks ontbreek nie.

Ewenwel is die getal 7 in die bestaan van die Christelike kerk van alle eeue 'n besondere getal. Die Bybel beskryf dit byvoorbeeld in die geval van Josef se droom van die sewe vet en sewe maer jare. Volgens die simboliek van getalle verteenwoordig dit die "heilige volheid" met verwysing na Openbaring 1:4. Ons poog nie om iets meer as net die getal jare hieraan te verbind nie, maar beskou dit wel as 'n baken wat aanvanklik gestel is. Dat ons blad tot hiertoe voortbestaan en waardeer word en aanhou groei in getalle van intekenare/lesers (asook "rooflesers"), bewys die behoefte aan die redaksie wat tot hiertoe bedryf is.

As ons dan nou terugsien op die jare wat verbygegaan het, gaan ons dank allereers uit na God, ons hemelse Vader, wat alles voorsien het wat ons materieel nodig gehad het. Maar omdat Hy dit middelik voorsien, dank ons ook al die intekenare/lesers wat ons moreel en finansieel ondersteun het, sommiges vanaf die heel eerste begin, Maart 1997. Ook al die ander wat in verloop van tyd bygekom en hulle kant gebring het. Baie dankie vir donasies, waarvan sommige groot!, wat ons gehelp het om die rekenaar-tegniek te verbeter en uit te bou tot op Internet wat internasionaal gelees word.

Baie dankie ook vir die medewerkers wat ons bystaan met adviese en rugsteun, ek verwys na die predikante Jan Coetzee, Sarel Cilliers en Ben Smit, wat al die jare, as redaksiekommissie, bystaan met raad en daad.

Baie dankie ook aan die tegniese medewerkers, Nico van der Dussen en Stephan du Plessis wat onbaatsugtig hulle tyd verleen om rekenaar-tegniese dienste te verleen wanneer ons in nood verkeer asook vir die oorplasing van die teks van ons blad op die webruimte op Internet.

Ook ons hartlike dank aan die ad-verteerders wat ons jaar op jaar ondersteun met die bydraes daarvoor en die impak wat dit aan ons blad verleen.

Die jare wat verbygegaan het kan as leerskool vir die toekoms wat voorlę beskou word. Die verdelingslyne in sowel die Gereformeerde Kerke as in die NG Kerk word al hoe sterker en dit plaas die druk en verantwoordelikheid op die redaksie om dit in beskrywing en kommentaar skriftuurlik wys te hanteer. Ons blad is nie daar om skeuring te bewerkstellig nie, maar wel om die strominge te beskryf en die gevoelens van die lesers te toets, te prikkel en te begelei op die pad van gehoorsaamheid aan die Bybelse norme en 'n skriftuurlike orde in die kerk.

Ons is bewus van die feit dat 'n groot aantal lidmate van die Gereformeerde Kerke behoefte het aan voorligting oor die besondere omstandighede en geskille oor kerklike besluitneming. Dit geld nie net vir die "Dopper" Gereformeerdes nie, maar daar is ook buite die GKSA gereformeerdes wat graag die getuienis wat ons uitdra wil lees. Daarom doen ons 'n dringende beroep op ons ondersteunende lesers om ons blad wyd en syd bekend te stel onder hulle wat nie hiervan weet nie en sodoende die getal intekenare te probeer vermeerder.

ADMINISTRATIEF

Die volgende uitgawe sal DV vroeg Januarie 2004 verskyn. Dit betref die eerste uitgawe van die agtste jaargang. Met die oog daarop versoek ons dat die agterstallig verskuldigde bedrae asseblief nou vereffen sal word en dat intekening vir die volgende jaargang, indien dit nog nie gedoen is nie, ook vroeg in die jaar hanteer sal word.

Daar is enkele persone binne ons leserskring wat finansieel swaartrek en tog graag ons blad wil ontvang. Binne die verband van die gemeenskap van die heiliges (HK, Sondag 21, vr/antw 55) word gawes gewillig en met vreugde tot nut ... van die ander ... aangewend.

By die jaarwisseling wat voorlę word aan al ons lesers die Here se besondere sorg en seën vir die komende jaar toegebid. Die redaksie se allerbeste wense vir almal!