Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die vaste punt van ons bestaan

AKTUEEL: Sportverdwasing .... selfs-verafgoding 

SKRIFOORDENKING:
Die misdaad van Agan (Jos 7..)

Beswaarskrif van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Christus se borgtogtelike lyding

In die begin was die Woord ...

Dr JAE (KOOS) Adendorff se pad : - Buitengesluit uit die NG Kerk te Elsburg -

KERKLIKE JOERNAAL: 
Algehele wantroue oor waarheidskarakter van Handelinge Sinode 2003

Klassis Pretoria Moot : Beskrywingspunte insake die verwerping van sekere sinodebesluite

Die Gereformeerde Kerk Witrivier : Besluit teen toelating van vroue in diakenamp asook teen gebruik van 2001 (CLOETE) omdigtings

Gereformeerde Kerk Pretoria-Wapadrant skakel oor na kleingroepbediening (KGB)

Belhar-belydenis deur NG Sinode aanvaar

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Godsdienstige indoktrinasie duer middel van skoolgodsdiens

BCVO persverklaring 24 September 2003

Hoeksteen vir Eg Suid-Afrikaanse universiteit gelê .... ten koste van die PU vir CHO !

Seksvoorligting op skole

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Postmodernistiese skrifuitleg -'n Doodloopstraat

PERSRUBRIEK:  Afrikaanse Radio-Advertensie gebruik die Bybel vir karikatuur van "Apartheid"

Intergeloof bevorder deur Lutherhaan en ander sogenaamde "Christene"

Geloofsbelydenis of ongeloofbelydenis?

Behoedende Kerklike berigte vanuit Nederland

"Vrijmaking" in Bergschenhoek (Nederland)

Pompeji "U raak die berge aan en hulle rook" (Ps 104:32)

QUO VADIS?

KOMMENTAAR: Appartheid 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Outonomie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 6 November 2003

KERKLIKE JOERNAAL

ALGEHELE WANTROUE OOR WAARHEIDSKARAKTER VAN HANDELINGE SINODE 2003

Gereformeerde Kerk Pretoria-Die Kandelaar stel voor dat dit volledig hersien word

By die klassis Pretoria-Moot, wat op 9 September 2003 in die kergebou van die Gereformeerde Kerk Totiusdal vergader het, is 'n beskrywingspunt insake volledige hersiening van die acta Nasionale Sinode 2003, wat deur die GK Die Kandelaar voorgestel is, eenparig aanvaar.

Die volledige voorstel en motivering is as volg geformuleer:

1. Voorstel

Die Kerkraad stel voor om aan 'n buitengewone of Nasionale sinode of alternatiewelik die eersvolgende Nasionale sinode die versoek te rig om sy deputate vir die samestelling van die Handelinge van sinode 2003 wat hulle uitgegee het, volledig te hersien om ooreen te kom met die inligting en besluite soos wat dit geneem is, soos wat dit in die oorspronklike stukke verwoord is, soos wat dit elektronies tydens die sinode opgeneem, vertoon en goedgekeur is, en om in volledigheid al die dokumentasie wat daar gedien het, tesame met die besluite daarop korrek weer te gee en in te sluit.

2. Motivering:

2.1 Dit het aan die lig gekom dat die minderheidsrapport van die kommissie wat oor die Psalmomdigting gehandel het tesame met die besluite daaroor heeltemal by die samestelling van die acta uitgeval het.

2.2 Dit het aan die lig gekom dat die verskillende besluite wat in verband met die gebruike by die Nagmaal onvolledig en onduidelik in die acta weergegee is sodat daar groot verwarring is oor wat die sinode eintlik besluit het.

2.3 Dit het aan die lig gekom dat die besluite wat geneem is oor die toelaatbaarheid van vroue tot die diakenamp onseker en onvolledig weergegee is.

2.4 Dit het aan die lig gekom dat die finansiële state soos dit in die acta gepubliseer is, nie ooreenkom met die ondernemings en besluite wat tydens die sinode gegee en ge-maak is nie.

2.5 Uit die voorbeelde van punte wat lukraak nagelees en as onvolledig of verkeerd ontdek is, bestaan daar 'n algehele wantroue oor die waarheidskarakter van die acta.