Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die vaste punt van ons bestaan

AKTUEEL: Sportverdwasing .... selfs-verafgoding 

SKRIFOORDENKING:
Die misdaad van Agan (Jos 7..)

Beswaarskrif van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Christus se borgtogtelike lyding

In die begin was die Woord ...

Dr JAE (KOOS) Adendorff se pad : - Buitengesluit uit die NG Kerk te Elsburg -

KERKLIKE JOERNAAL: 
Algehele wantroue oor waarheidskarakter van Handelinge Sinode 2003

Klassis Pretoria Moot : Beskrywingspunte insake die verwerping van sekere sinodebesluite

Die Gereformeerde Kerk Witrivier : Besluit teen toelating van vroue in diakenamp asook teen gebruik van 2001 (CLOETE) omdigtings

Gereformeerde Kerk Pretoria-Wapadrant skakel oor na kleingroepbediening (KGB)

Belhar-belydenis deur NG Sinode aanvaar

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Godsdienstige indoktrinasie duer middel van skoolgodsdiens

BCVO persverklaring 24 September 2003

Hoeksteen vir Eg Suid-Afrikaanse universiteit gelê .... ten koste van die PU vir CHO !

Seksvoorligting op skole

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Postmodernistiese skrifuitleg -'n Doodloopstraat

PERSRUBRIEK:  Afrikaanse Radio-Advertensie gebruik die Bybel vir karikatuur van "Apartheid"

Intergeloof bevorder deur Lutherhaan en ander sogenaamde "Christene"

Geloofsbelydenis of ongeloofbelydenis?

Behoedende Kerklike berigte vanuit Nederland

"Vrijmaking" in Bergschenhoek (Nederland)

Pompeji "U raak die berge aan en hulle rook" (Ps 104:32)

QUO VADIS?

KOMMENTAAR: Appartheid 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Outonomie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 6 November 2003

KERKLIKE JOERNAAL

KLASSIS PRETORIA MOOT

BESKRYWINGSPUNT INSAKE DIE VERWERPING VAN SEKERE SINODEBESLUITE

 

KLASSIS PRETORIA MOOT

BESKRYWINGSPUNT INSAKE DIE VERWERPING VAN

SEKERE SINODEBESLUITE

Die Klassis Pretoria-Moot het 'n beskrywingspunt van die Gereformeerde Kerk, Die Kandelaar aanvaar dat hy (so lui die beskrywing) "na maande se besinning en formulering tot 'n verantwoordingsdokument (Sola Scriptura!) gekom het waarby die besluite van Sinode 2003 insake die aanbeveling van die 2001-omdigting asook die verkiesbaarheid van vroue tot die diakenamp verwerp word."

(Hierdie dokument is aan soveel as moontlik alle kerkrade in die verband van die GKSA geadresseer).

Die Kerkraad motiveer ter kennisname voorts dat hy "in bewustheid van ons eie sonde en vele tekortkominge gevoel ons die roeping om ons besluit asook ons verantwoording uit die Skrif, Belydenis en Kerkorde daaroor aan u, ons mede-gemeentes in die klassis asook alle kerke van ons kerkge-meenskap mee te deel."

Verder is die Klassis versoek om die meegaande verantwoording as 'n dringende broederlike oproep te hanteer:

a) met die oog daarop om hom met hierdie saak te vereenselwig

b) en die saak in dieselfde gees aan die Part Sinode Pretoria as 'n dringende broederlike oproep voor te hou met die oog daarop om hulle met die saak te vereenselwig ten einde

c) dit aan die eersvolgende (buitengewone?) Nasionale Sinode voor te hou met die bedoeling om die onrus wat in ons kerkegemeenskap oor die sake is op te ruim.

Die Kerkraad motiveer vervolgens:

"Ons bevestig dat hierdie stuk op u (die klassis) tafel gelê word, nie as 'n beswaarskrif nie, aangesien ons nie 'n herbesinning van die besluitnemingsprosesse en alles daarmee saam van die besluite van die Nasionale Sinode 2003 aanvra nie, want

In terme van art 46 KO sal daar geen nuwe materiaal by die sinode dien om dit weer te behandel nie en

Daar is geen meerdere vergadering naas die Nasionale Sinode waarop beroep (appelleer) kan word nie."

Die Kerkraad motiveer ten slotte:

"Ons lê hierdie stuk in die karakter van ons belydenis aan u voor as 'n kennisgewing van die diening en status van die Gereformeerde Kerk, Die Kandelaar, betreffende die genoemde sake.

"Dat hierdie saak vir ons aanvoeling uiters dringend is aangesien die gewraakte besluite reeds deur 'n groot aantal kerke vir uitvoering aangeneem en deurgegee is."

 

ALBEI RAPPORTE VAN KOMMISSIE VIR PRE-ADVIES AAN DIE KLASSIS PRETORIA MOOT INSAKE SKRYWE EN TOELIGTING VAN DIE DEPUTATE VAN DIE NASIONALE SINODE OOR FINANSIëLE SAKE IS NA UITVOERIGE BEHANDELING, MET IN BEGRIP VAN DIE WYSIGINGS WAT AANGEBRING IS, IN GEHEEL AANVAAR.

Ook is die voortspruitende aanbeveling aanvaar dat die Part Sinode versoek word om 'n buitengewone Nasionale Sinode in die lig van dié dringende sake op te roep.