Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 6 November 2003
KERKLIKE JOERNAALDIE GEREFORMEERDE KERK WITRIVIERBESLUIT TEEN TOELATING VAN VROUE IN DIAKENAMP
ASOOK TEEN GEBRUIK VAN 2001 (CLOETE) OMDIGTINGS
Die kerkraad van die Gereformeerde Kerk Witrivier het eenparig die bevindinge en aanbevelings van sy kommissie vir pre-advies aangaande die bogenoemde betwiste sake aanvaar.
- t o v die Sinodebesluit oor vroue in die diakenamp, dié saak téén Sinodebesluite van 1988 en 2000, en in stryd met art 46 KO weer ter tafel geneem is, en uitgeloop het op n besluit wat geneem is sonder dat enige nuwe lig uit die Skrif nuwe voorstelle oor vroue in die kerklike ampte noodsaaklik gemaak het.- t o v die Sinodebesluit oor die 2001 (Cloete) omdigtings van die Psalms ons vanuit verskeie motiverings nie daarvan oortuig is dat hierdie besluit op grond van Skrif, belydenis en kerkorde geneem is nie. Vergelyk ook Kerkraadsbesluit van 19 Sept 2002: " .. dat die 2001 (Cloete) omdigtings van die Psalms nie in die Gereformeerde Kerk Witrivier gesing sal word nie." (bylaes beskikbaar).
Die Gereformeerde Kerk Witrivier handhaaf die status quo deur nie vroue in die diakenamp toe te laat nie, en deur nie die 2001 (Cloete) omdigtings saam met die 1936-beryming van die Psalms te gebruik nie.
Dat hierdie besluit van die kerkraad spoedig aan die gemeente deurgegee sal word.
Dat hierdie besluit van die kerkraad ook aan die kerkverband deurgegee sal word deur middel van kennisgewings aan Die Kerkblad, Die Kerkpad en aan die Administratiewe Buro.