Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die vaste punt van ons bestaan

AKTUEEL: Sportverdwasing .... selfs-verafgoding 

SKRIFOORDENKING:
Die misdaad van Agan (Jos 7..)

Beswaarskrif van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Christus se borgtogtelike lyding

In die begin was die Woord ...

Dr JAE (KOOS) Adendorff se pad : - Buitengesluit uit die NG Kerk te Elsburg -

KERKLIKE JOERNAAL: 
Algehele wantroue oor waarheidskarakter van Handelinge Sinode 2003

Klassis Pretoria Moot : Beskrywingspunte insake die verwerping van sekere sinodebesluite

Die Gereformeerde Kerk Witrivier : Besluit teen toelating van vroue in diakenamp asook teen gebruik van 2001 (CLOETE) omdigtings

Gereformeerde Kerk Pretoria-Wapadrant skakel oor na kleingroepbediening (KGB)

Belhar-belydenis deur NG Sinode aanvaar

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Godsdienstige indoktrinasie duer middel van skoolgodsdiens

BCVO persverklaring 24 September 2003

Hoeksteen vir Eg Suid-Afrikaanse universiteit gelê .... ten koste van die PU vir CHO !

Seksvoorligting op skole

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Postmodernistiese skrifuitleg -'n Doodloopstraat

PERSRUBRIEK:  Afrikaanse Radio-Advertensie gebruik die Bybel vir karikatuur van "Apartheid"

Intergeloof bevorder deur Lutherhaan en ander sogenaamde "Christene"

Geloofsbelydenis of ongeloofbelydenis?

Behoedende Kerklike berigte vanuit Nederland

"Vrijmaking" in Bergschenhoek (Nederland)

Pompeji "U raak die berge aan en hulle rook" (Ps 104:32)

QUO VADIS?

KOMMENTAAR: Appartheid 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Outonomie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 6 November 2003

KERKLIKE JOERNAAL

GEREFORMEERDE KERK PRETORIA-WAPADRANT SKAKEL OOR NA KLEINGROEPBEDIENING (KGB)

"Vanaf Sondag 24 Augustus 2003 het die lidmate van Wapadrantgemeente se lewens ingrypend verander" sê "Die KGB" (Kleingroepe se Blad vir Jou), uitgegee onder redaksie van Ds Wilhelm Leuschner.

"Aangesien geografiese wyke nie die beste instrument blyk te wees om ons visie te verwesenlik nie, het die kerkraad nou besluit om finaal van wyke na kleingroepe oor te skakel. ... Vandag, Nagmaalsondag 24 Augustus 2003, stel ons die saak amptelik bekend aan die gemeente. Daarna ontvang almal geleentheid tot 12 Oktober 2003 ons volgende nagmaal - om as gesin of individu spontaan groepies te vorm van min of meer 12 persone (of vyf tot ses gesinne). ... Die bedoeling is om kleingroepprofiele te skep wat ook rekening hou met woonareas. So sal byvoorbeeld ouers met jong kindertjies saamgevoeg word wat ook naby mekaar woon om meelewing en dienswerk te vergemaklik. ... Hierdie dinge het Wapadrantgemeente 'n besondere etos en karakter in die koninkryk gegee wat vir ons dierbaar is."

"KGB verslaggewers het na verskeie onderhoude en intense navorsing agter die kap van die byl gekom. Lidmate sal voortaan self vir die groepering in verskillende kleingroepe verantwoordelik wees. Elke groep sal steeds deur 'n ouderling én al drie die uiters bekwame predikante bedien word en sal nou ook vir die eerste keer mekaar bedien. Elke kleingroep sal verder 'n diensprojek in die gemeente en een buite die gemeente aanpak.

"Dit blyk dat daar besondere opgewondenheid is rondom die oorskakeling na kleingroepe, hoewel daar tog ook vrae en vrese by sommige lidmate aanwesig is. KGB sal die saak deurlopend ondersoek en weekliks berig lewer oor hierdie grootse gebeurtenis in Wapadrant se geskiedenis", aldus die redakteur, Ds Wilhelm Leuschner.