Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die vaste punt van ons bestaan

AKTUEEL: Sportverdwasing .... selfs-verafgoding 

SKRIFOORDENKING:
Die misdaad van Agan (Jos 7..)

Beswaarskrif van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Christus se borgtogtelike lyding

In die begin was die Woord ...

Dr JAE (KOOS) Adendorff se pad : - Buitengesluit uit die NG Kerk te Elsburg -

KERKLIKE JOERNAAL: 
Algehele wantroue oor waarheidskarakter van Handelinge Sinode 2003

Klassis Pretoria Moot : Beskrywingspunte insake die verwerping van sekere sinodebesluite

Die Gereformeerde Kerk Witrivier : Besluit teen toelating van vroue in diakenamp asook teen gebruik van 2001 (CLOETE) omdigtings

Gereformeerde Kerk Pretoria-Wapadrant skakel oor na kleingroepbediening (KGB)

Belhar-belydenis deur NG Sinode aanvaar

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Godsdienstige indoktrinasie duer middel van skoolgodsdiens

BCVO persverklaring 24 September 2003

Hoeksteen vir Eg Suid-Afrikaanse universiteit gelê .... ten koste van die PU vir CHO !

Seksvoorligting op skole

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Postmodernistiese skrifuitleg -'n Doodloopstraat

PERSRUBRIEK:  Afrikaanse Radio-Advertensie gebruik die Bybel vir karikatuur van "Apartheid"

Intergeloof bevorder deur Lutherhaan en ander sogenaamde "Christene"

Geloofsbelydenis of ongeloofbelydenis?

Behoedende Kerklike berigte vanuit Nederland

"Vrijmaking" in Bergschenhoek (Nederland)

Pompeji "U raak die berge aan en hulle rook" (Ps 104:32)

QUO VADIS?

KOMMENTAAR: Appartheid 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Outonomie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 6 November 2003

KERKLIKE JOERNAAL

BELHAR-BELYDENIS DEUR NG SINODE AANVAAR

Neels Jackson beskryf in BEELD van Vrydag 17 Oktober 2003, dat die NG Kerk in Wes- en Suid-Kaapland op 16 Oktober geskiedenis gemaak het deur die eerste streeksinode van die NG Kerk te word wat sy steun daarvoor gee dat die belydenis van Belhar deel vorm van die belydenisgrondslag van 'n herenigde kerk van die NG Kerk-familie.

Die sinode het in dié besluit die bewoording onderskryf waarop in 2001 op die konvent van eenheid met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) ooreen gekom is. Dit lui dat Belhar ingesluit word in die belydenisgrondslag van 'n groter herenigde kerk "op 'n wyse wat die eenwordingsproses dien."

Die belydenis van Belhar is in die jare '80 van die vorige eeu deur die destydse NG Sendingskerk opgestel en dit behandel die drie kwessies van kerkeenheid, versoening en geregtigheid.

Dr Coenie Burger, assessor van die sinode en moderator van die algemene sinode, het op vrae uit die sinode gesê dit maak nie van 'n ondergeskikte belydenis nie. Dit is steeds deel van die kerk se belydenisgrondslag, maar daar word bloot erken dat daar oor die belydenisskrif meningsverskil is.

Die voorstel is gegrond op die voorbeeld van kerkverenigings in ander lande en is daarop gemik dat die proses kan voortgaan, al is daar nie eenstemmigheid nie. Burger het gesê daarmee wil hulle 'n prosesbenadering volg pleks van 'n alles-of-niks-benadering

Hy het gesê die realiteit in die NG Kerk is dat almal Belhar nie aanvaar nie en die kerk wil ook die Vrystaat en Noord-Transvaal saamneem na kerkeenheid. Dit sal sy hart breek as net 3% van die gemeentes nie saamgaan op die eenheidspad nie. Daarom is 'n deurlopende pastorale gesprek met gemeentes noodsaaklik.

beskryf in BEELD van Vrydag 17 Oktober 2003, dat die NG Kerk in Wes- en Suid-Kaapland op 16 Oktober geskiedenis gemaak het deur die eerste streeksinode van die NG Kerk te word wat sy steun daarvoor gee dat die belydenis van Belhar deel vorm van die belydenisgrondslag van 'n herenigde kerk van die NG Kerk-familie.

Die sinode het in dié besluit die bewoording onderskryf waarop in 2001 op die konvent van eenheid met die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) ooreen gekom is. Dit lui dat Belhar ingesluit word in die belydenisgrondslag van 'n groter herenigde kerk "op 'n wyse wat die eenwordingsproses dien."

Die belydenis van Belhar is in die jare '80 van die vorige eeu deur die destydse NG Sendingskerk opgestel en dit behandel die drie kwessies van kerkeenheid, versoening en geregtigheid.

Dr Coenie Burger, assessor van die sinode en moderator van die algemene sinode, het op vrae uit die sinode gesê dit maak nie van 'n ondergeskikte belydenis nie. Dit is steeds deel van die kerk se belydenisgrondslag, maar daar word bloot erken dat daar oor die belydenisskrif meningsverskil is.

Die voorstel is gegrond op die voorbeeld van kerkverenigings in ander lande en is daarop gemik dat die proses kan voortgaan, al is daar nie eenstemmigheid nie. Burger het gesê daarmee wil hulle 'n prosesbenadering volg pleks van 'n alles-of-niks-benadering

Hy het gesê die realiteit in die NG Kerk is dat almal Belhar nie aanvaar nie en die kerk wil ook die Vrystaat en Noord-Transvaal saamneem na kerkeenheid. Dit sal sy hart breek as net 3% van die gemeentes nie saamgaan op die eenheidspad nie. Daarom is 'n deurlopende pastorale gesprek met gemeentes noodsaaklik.

Die sinode het ook sy steun toegesê daaraan dat 'n gesamentlike sinode van die hele NG Kerkfamilie in Kaapland gehou word.