Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 6 November 2003
KOMMENTAARAPARTHEID
- RADIO PRETORIA SE NUUSKOMMENTAAR, DONDERDAG 23 OKTOBER 2003 -Apartheid is weer in die nuus. Mnr Sybrand van Niekerk, bekende oud-administrateur van Transvaal, het pas n boek gepubliseer met die titel Apartheid is nie sonde nie. Terselfdertyd het die NG Kerk se sinode van Wes- en Suid-Kaapland die sogenaamde Belharbelydenis wat apartheid tot sonde verklaar, aanvaar.Waar is die veilige dae van apartheid, sug Soweto-mense In BEELD, Vrydag 24 Oktober 2003, verskyn op die voorblad die volgende berig, geskryf deur Martina Smit.n Groot deel van die Belharbelydenis is bloot n formulering van die Christelike teologiese grondbeginsels wat die NG Kerk al die jare bely het. Dit is teologies beproef en verantwoord. Die omstrede byvoeging is dat die kerk teologies moet bely dat apartheid sonde is. Die Verenigde Nasies het dit trouens ook tot n misdaad teen die mensdom verklaar.
Belhar beweeg wat dit betref op teologiese wilsand. Die Bybel skryf geen staatsbestel of politieke beleid voor nie, slegs dat dit met liefde en geregtigheid toegepas moet word. En met die oog op wat in die res van die wêreld onder ander staatstelsels en politieke beleidsrigtings gebeur het, is die VN se verklaring van apartheid as misdaad interstaatsregtelik ewe onhoudbaar as die Belharteologie.
Maar gestel ons gee die twee instansies gelyk dat hulle wel daarop geregtig is om n politieke stelsel as sonde en misdaad te verklaar, dan is hulle uitsondering van apartheid so pynlik eensydig soos n klippie in die skoen.
Onder apartheid is mense wetlik verplig tot skeiding, maar geriewe, geleenthede en lewensruim is hulle nie ontsê nie. Nooit is vir enige iemand n deur toegemaak sonder dat n ander, n eie, deur vir hom oopgemaak is nie.
Onder apartheid is opstandelinge in botsings met die polisie gedood. Onder Stalin en kommunisme is na raming iets soos 35 miljoen mense vermoor in sogenaamde suiweringsprosesse.
Sowat 200 miljoen Christene word vandag nog in kommunistiese, Islamitiese en lande onder Oosterse gelowe vervolg, gemartel en op die gruwelikste wyse vermoor. In Noord-Korea word Christene soms op die grond vasgemaak en met padrollers doodgetrap.
In Islamitiese lande word Christene nie aparte geriewe, geleenthede en lewensruimte gegun nie, maar dit geheel en al ontsê. En dit sluit vriende van die huidige regime soos Saoedi-Arabië, Iran en die ou Irak in. Dit geld ook vir die ANC/SAKP se groot vriend Rooi Sjina en vir Indië waar die ANC-kabinet nou vakansie hou, en vir sommige Afrikalande.
Ons sal seker nie n antwoord op ons vraag kry nie, want niemand is so doof soos diegene wat nie wil hoor nie. Maar n mens kan tog in billikheid vra hoe die Belhar-teoloë en die VN dit met hulle gewete kan versoen om apartheid te verdoem tot misdaad en sonde, maar geen sprook sprak oor kommunisme, Islamisme en sommige Oosterse gelowe nie.
Dit is veral onbegryplik hoedat belydende Christene soveel skynheiligheid want dit is wat dit is aan die dag kan lê om hulleself blind te hou vir politieke en politiek-godsdienstige stelsels wat mede-Christene vervolg, maar n stelsel wat, ongeag al sy foute, aan alle mense lewensruimte en geleenthede wou bied, teologies tot sonde te verklaar.
Misdaad-moeë inwoners van Soweto verlang terug na die "veiligheid" van apartheid - ondanks die onrus en onderdrukking van vroeër.
Dit blyk uit voorlopige bevindings in 'n studie wat in die jongste uitgawe van SA Crime Quarterly, kwartaalblad van die Instituut vir sekerheidstudies (ISS), verskyn.
"Ek mis apartheid soms, want ons was veilig toe", sê een van die 80 respondente - almal inwoners van Soweto wat ook in die vorige bedeling daar gewoon het. "As jy jou besittings agtergelaat het, sou dit nog daar wees as jy terugkom. Maar vandag - vergeet dit."
Nog een meen misdadigers was toe "meer bedagsaam".
"As hulle mense beroof het, sou hulle geld vir vervoer gelos het. Huidige misdadigers vat alles wat jy het en dan maak hulle jou dood.
'n Derde beaam dit: "Ons was onder die indruk dat die einde van apartheid vryheid en vrede beteken. Dit lyk nie of ons reg was nie."
Die rede?
Doeltreffender polisiëring destyds, sê dr Gary Kynoch, geskiedkundige aan die Dalhousie-universiteit in Kanada en outeur van die studie.
"Die apartheidspolisie was sleg, maar daar was orde en die wet is gehoorsaam", meen een van sy respondente.
Die huidige polisie word gesien as "skaamteloos korrup", skryf Kynoch.
Nog 'n respondent sê: "Hulle stel net padversperrings op as hulle honger is en geld nodig het om drank of iets soos hoender te koop."
Tog is die polisie nou meer toeganklik. "Die huidige polisie behandel ons met respek, anders as die apartheidspolisie", sê 'n respondent.
Inwoners kritiseer die regering se klem op menseregte deur onder meer die afskaffing van die doodstraf en teenkanting teen vigilante-optrede.
'n Tweede het gesê misdadigers het meer regte as burgers wat hulself in die gemeenskap gedra.
Kynoch glo dié "apartheidnostalgie" kan te wyte wees aan selektiewe geheue, maar dit maak dié opvattings nie ongeldig nie.