Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die vaste punt van ons bestaan

AKTUEEL: Sportverdwasing .... selfs-verafgoding 

SKRIFOORDENKING:
Die misdaad van Agan (Jos 7..)

Beswaarskrif van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Christus se borgtogtelike lyding

In die begin was die Woord ...

Dr JAE (KOOS) Adendorff se pad : - Buitengesluit uit die NG Kerk te Elsburg -

KERKLIKE JOERNAAL: 
Algehele wantroue oor waarheidskarakter van Handelinge Sinode 2003

Klassis Pretoria Moot : Beskrywingspunte insake die verwerping van sekere sinodebesluite

Die Gereformeerde Kerk Witrivier : Besluit teen toelating van vroue in diakenamp asook teen gebruik van 2001 (CLOETE) omdigtings

Gereformeerde Kerk Pretoria-Wapadrant skakel oor na kleingroepbediening (KGB)

Belhar-belydenis deur NG Sinode aanvaar

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Godsdienstige indoktrinasie duer middel van skoolgodsdiens

BCVO persverklaring 24 September 2003

Hoeksteen vir Eg Suid-Afrikaanse universiteit gelê .... ten koste van die PU vir CHO !

Seksvoorligting op skole

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Postmodernistiese skrifuitleg -'n Doodloopstraat

PERSRUBRIEK:  Afrikaanse Radio-Advertensie gebruik die Bybel vir karikatuur van "Apartheid"

Intergeloof bevorder deur Lutherhaan en ander sogenaamde "Christene"

Geloofsbelydenis of ongeloofbelydenis?

Behoedende Kerklike berigte vanuit Nederland

"Vrijmaking" in Bergschenhoek (Nederland)

Pompeji "U raak die berge aan en hulle rook" (Ps 104:32)

QUO VADIS?

KOMMENTAAR: Appartheid 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Outonomie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 6 November 2003

OPVOEDING EN ONDERWYS

GODSDIENSTIGE INDOKTRINASIE DEUR MIDDEL VAN SKOOLGODSDIENS

Onder die hoof "Géén oop debat oor skole en godsdiens, mnr Asmal" skryf W van Niekerk, Pretoria in Beeld van Maandag 22 September 2003, die volgende insiggewende briefkommentaar.

Mnr Kader Asmal, minister van onderwys, beweer in Unieke proses lei tot beleid oor godsdiensonderrig (18 September) dat hy die eerste debat ooit in Suid-Afrika gehou het oor skoolgodsdiens, maar met die publiek is net deur middel van die media onderhandel.

Daar is streng embargo's geplaas op verskeie van die dokumente en die twee wat ons wel in baie laat stadiums ná dringende vertoë te siene gekry het, was vir talle mense onaanvaarbaar. Daar is ernstige vertoë gerig waaraan die minister hom nie gesteur het nie.

Die publiek het gevra dat godsdiens opsioneel en 'n nie-eksaminerende deel van die kurrikulum moet wees. Wat ons gekry het, is verpligte godsdiensonderwys met bepaalde uitkomste wat multi-kultureel van aard is en getoets moet word.

Geen kind sal die godsdienstige indoktrinasie dus kan ontvlug nie.

Ons het gevra dat ons jong kinders, wat nog te min kennis oor hul eie geloof het en nog nie geborge voel binne hul eie geloof nie, nie verwar en ontwrig word met 'n multi-godsdienstige opvoeding nie.

Wat ons gekry het, is 'n beleid waarin hulle reeds vanaf graad 1 verwar en gebreinspoel gaan word.

Ons het gevra dat godsdiensonderrig die demografie van die skool weerspieël.

Niks het hiervan gekom nie, want alle godsdiensonderrig en godsdiensbeoefening wat binne die skoolprogram plaasvind, moet "gelyke voorsiening maak" vir die multi-godsdienstige aard van die samelewing.

Ons het gevra dat beheerliggame die aard en etos van elke skool bepaal en het onderneem dat dat daar teen niemand gediskrimineer sal word nie en dat ons ons kinders sal leer om mekaar se godsdiens te respekteer en mekaar se reg om hulle eie godsdiens te beoefen, te erken.

Ons het die "toegewing" gekry dat beheerliggame oor die aard van die godsdiensbeoefening kan besluit, maar die bepalings daarby kanselleer dié "toegewing" uit.

Ouers en beheerliggame het in werklikheid geen seggenskap nie.