Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)
Jaargang 7 No 6 November 2003
OPVOEDING EN ONDERWYSHOEKSTEEN VIR EG SUID-AFRIKAANSE UNIVERSITEIT GELê . . . TEN KOSTE VAN DIE PU VIR CHO !
Onderstaande is deur die nuwe Northwest University uitgereik. Let veral op die laaste paragraaf. Dink dan aan die Franse Rewolusie se leuse: "vryheid, gelykheid, broederskap".
Die hoekstene vir die eerste eg Suid-Afrikaanse universiteit is 20 Junie gelê toe die PUK, n histories wit universiteit, en die Universiteit van Noord-Wes, n histories swart universiteit, die fondament gelê het metIn net meer as drie maande se onderhandeling is ooreenstemming bereik oor onder meer die naam van die instelling, sy setel, n aangewese interimraad, n interimraad, voorsitter van die interimraad asook die taalbeleidsraamwerk van die instelling.
Die naam van die instelling is Noordwes Universiteit met sy hoofkantoor in Potchefstroom. Die aangewese interimraad (wat die vestiging van die nuwe universiteit voorberei) tree op 30 September inwerking tot die einde van Desember 2003. Adv Pansy Tlakula en dr Leon Wessels is die voorsitters. Adv Tlakula is van 1 Januarie 2004 die voorsitter wanneer die interimraad in werking tree. Tlakula is ook die voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie en Wessels is n menseregtekommisaris en voormalige ondervoorsitter van die grondwetskrywende vergadering.
Daar is ook besluit dat die nuwe instelling n multi-kampus universiteit met n vise-kanselier en n seniorbestuurspan. Elke kampus sal n kampushoof met bestuurspanne hê.
Totdat die nuwe instelling n eie korporatiewe handelsnaam ontwikkel het, sal kampusse bestaande handelsname vir bemarking kan gebruik.
Die universiteit, wat 1 Januarie 2004 amptelik tot stand sal kom, sal dan vier kampusse op Potchefstroom, Vanderbijlpark, Mmabatho en Mankwe hê wat moontlik later na meer kampusse kan uitbrei. Elke kampus sal funksioneer as n sake-eenheid met bepaalde programme.
Die nuwe universiteit sal n taalbeleid hê wat die taalwerklikheid van elke kampus in ag sal neem. Die beleid sal toegang, integrasie, n gevoel van behoort (sense of belonging) bewerkstellig en die taalongelykhede van die verlede omkeer. Talle strategieë sal ondersoek word wat veeltaligheid kan bevorder. n Toetsprogram vir gelyktydige tolking is reeds op die Potchefstroomse kampus in werking.
Die universiteit sal gedryf word deur waardes wat in die grondwet vervat is waaronder menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Die nuwe instelling sal ook verdraagsamheid en respek vir alle opvattings en geloofsisteme bevorder wat n gepaste omgewing vir onderrig, leer, navorsing en gemeenskapsdiens kan kweek.