Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die vaste punt van ons bestaan

AKTUEEL: Sportverdwasing .... selfs-verafgoding 

SKRIFOORDENKING:
Die misdaad van Agan (Jos 7..)

Beswaarskrif van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Christus se borgtogtelike lyding

In die begin was die Woord ...

Dr JAE (KOOS) Adendorff se pad : - Buitengesluit uit die NG Kerk te Elsburg -

KERKLIKE JOERNAAL: 
Algehele wantroue oor waarheidskarakter van Handelinge Sinode 2003

Klassis Pretoria Moot : Beskrywingspunte insake die verwerping van sekere sinodebesluite

Die Gereformeerde Kerk Witrivier : Besluit teen toelating van vroue in diakenamp asook teen gebruik van 2001 (CLOETE) omdigtings

Gereformeerde Kerk Pretoria-Wapadrant skakel oor na kleingroepbediening (KGB)

Belhar-belydenis deur NG Sinode aanvaar

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Godsdienstige indoktrinasie duer middel van skoolgodsdiens

BCVO persverklaring 24 September 2003

Hoeksteen vir Eg Suid-Afrikaanse universiteit gelê .... ten koste van die PU vir CHO !

Seksvoorligting op skole

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Postmodernistiese skrifuitleg -'n Doodloopstraat

PERSRUBRIEK:  Afrikaanse Radio-Advertensie gebruik die Bybel vir karikatuur van "Apartheid"

Intergeloof bevorder deur Lutherhaan en ander sogenaamde "Christene"

Geloofsbelydenis of ongeloofbelydenis?

Behoedende Kerklike berigte vanuit Nederland

"Vrijmaking" in Bergschenhoek (Nederland)

Pompeji "U raak die berge aan en hulle rook" (Ps 104:32)

QUO VADIS?

KOMMENTAAR: Appartheid 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Outonomie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 6 November 2003

POMPEJI

"U raak die berge aan en hulle rook" (Psalm 104:32)

- Prof VE d' Assonville, In: Kerk en Woord, September 2003, bl 18 - 20  -

Dit was Vrydag, 13 Junie 2003. Ek staan in die straat Via dell' Abbondanza van die ou Romeinse stad Pompeji. Rondom my kyk ek vas teen die aaklige silhoeëtte van murasies, want in 79 nC is hierdie stad van 20 000 inwoners in een uur deur 'n uitbarsting van die vulkaan Vesuvius totaal verwoes.

Dit het op 24 Augustus 79 gebeur. Dit laat 'n mens aan die atoombom van Hirosjima in Japan in 1945 dink. Die top van die berg is feitlik "weggeskiet" en die gloeiende as het op Pompeji, sowat 2 km van die berg af neergereën en die stad onder 'n dik laag, 6 meter diep, begrawe. Die temperatuur van die gloeiende as was 400 grade Celsius.

Ek kyk noordwaarts en ek sien die berg waarvan die top weggeblaas is. Ek kyk na die rook wat vandag nog uit die krater opstyg. Skielik kom 'n teks in Psalm 104 in my gedagtes. Op daardie oomblik kon ek nie die presiese vers onthou nie, maar die aand op ons skip in die hawe van Napels het ek dit gekry; vers 32: "Hy (die Here) raak die berge aan en hulle rook". O, wat 'n aangrypende daad van God as Hy midde in die lewe van mense met sy oordeel kom! 'n Sondaarmens staan stom. As ons dan iets moet sê, word daar binnensmonds geprewel: "O, Here, wat is u Woord tog ewig waar!"

Ek staan steeds in die straat Via dell' Abondanza en my oë gly oor die ruïnes. Vir eeue lank het die argeoloë die ou stad Pompeji weer blootgelê. Uit die lawa-as is die kolossale pilare van die eertydse imposante tempels van die afgode Apollo, Venus, Isis en vir keiser Augustus weer oop - maar met die "reuk" van die dood. Hierdie gode is letterlik dood! God se gloeiende toorn het op hulle gereën.

Ook oor 25 bordele het die as van wraak geval en in 'n oomblik het die lewe tot stilstand gekom. Die bakker was nog besig om sy brode te bak; die "Take away" -koswinkel waarvan die murasie en sy toonbanke vandag nog kan gesien word, is midde in hulle transaksies oorval; die modehuise vir die dames het meteens gloeiende inferno's geword. Met sy vinger het God die berg Vesuvius aangeraak.

Was daar ooit Christene in die ou stad Pompeji? Ja, daar word selfs 'n huis aangedui waar Christene geleef het. Byna 20 jaar vantevore het Paulus op sy vierde sendingsreis daar naby, by Putuoli, aangekom "waar ons broeders gevind het wat ons gevra het om sewe dae by hulle te bly" (Hand 28:14). Putuoli (vandag Pozzuoli) was die hawe waar Pompeji sy koring ingevoer het. Waarskynlik het die skip Castor en Pollux, waarmee Paulus van Melite (Malta) gekom het, koring van Alexandrië na Italië vervoer.

Van Castor en Pollux gepraat. Dit is die name van die hoofgod Zeus (Latyn: Jupiter) se twee seuns. In Pompeji was daar ook 'n tempel vir hulle. Wie weet, die skip Castor en Pollux was miskien die eiendom van 'n koringhandelaar van Pompeji. Maar hoe wonderlik, met die koms van Paulus na Putuoli, het die Evangelie geseëvier.

Daar is nog 'n ander merkwaardige ding in die heidense stad Pompeji: Teen een van die mure in 'n straat is die name "Sodoma Gomora" vóór 79 nC uitgekerf (grafffiti van destyds). Was dit 'n Jood (daar was baie Jode) of 'n Christen wat teen die verskriklike onsedelikheid (25 bordele!) en buitensporige afgodediens gereageer het? Ons weet nie, maar die boodskap is duidelik: God gryp in! Soveel te meer in 'n "christelike" stad as in 'n heidense stad. Ons dink aan die woord van Jesus: "En jy, Kapernaïm, wat tot die hemel toe verhoog is, jy sal tot die doderyk toe neergestort word, want as in Sodom die kragtige dade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou hy bly staan het tot vandag toe" (Mat 11:23).

Pompeji, soos Sodom, het nie bly staan nie. En ons stad waar daar steeds "kragtige dade" van Christus plaasvind - die preke? Verstaan ons nog iets van God se oordeel oor die sondige wêreld?