Vorige Uitgawes

Soek deur  Die Kerkpad


Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Die vaste punt van ons bestaan

AKTUEEL: Sportverdwasing .... selfs-verafgoding 

SKRIFOORDENKING:
Die misdaad van Agan (Jos 7..)

Beswaarskrif van die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Oos-Moot

Christus se borgtogtelike lyding

In die begin was die Woord ...

Dr JAE (KOOS) Adendorff se pad : - Buitengesluit uit die NG Kerk te Elsburg -

KERKLIKE JOERNAAL: 
Algehele wantroue oor waarheidskarakter van Handelinge Sinode 2003

Klassis Pretoria Moot : Beskrywingspunte insake die verwerping van sekere sinodebesluite

Die Gereformeerde Kerk Witrivier : Besluit teen toelating van vroue in diakenamp asook teen gebruik van 2001 (CLOETE) omdigtings

Gereformeerde Kerk Pretoria-Wapadrant skakel oor na kleingroepbediening (KGB)

Belhar-belydenis deur NG Sinode aanvaar

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Godsdienstige indoktrinasie duer middel van skoolgodsdiens

BCVO persverklaring 24 September 2003

Hoeksteen vir Eg Suid-Afrikaanse universiteit gelê .... ten koste van die PU vir CHO !

Seksvoorligting op skole

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Postmodernistiese skrifuitleg -'n Doodloopstraat

PERSRUBRIEK:  Afrikaanse Radio-Advertensie gebruik die Bybel vir karikatuur van "Apartheid"

Intergeloof bevorder deur Lutherhaan en ander sogenaamde "Christene"

Geloofsbelydenis of ongeloofbelydenis?

Behoedende Kerklike berigte vanuit Nederland

"Vrijmaking" in Bergschenhoek (Nederland)

Pompeji "U raak die berge aan en hulle rook" (Ps 104:32)

QUO VADIS?

KOMMENTAAR: Appartheid 

GESPREK MET LESERS: 

MEDIESE ETIEK: 
Die probleem van Outonomie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 7  No 6 November 2003

QUO VADIS?

Toe ek byna 70 jaar gelede as ingenieur vanuit Nederland na Suid-Afrika geëmigreer het, was eredienste, prediking en liturgiese handeling tussen die Gereformeerde Kerke, byna 10 000 km van mekaar verwyder, nagenoeg dieselfde. Ek het myself (asook ander Nederlandse immigrante) dadelik tuisgevoel in die GKSA. Vandag weet 'n mens nie in dieselfde plek of kerk A dieselfde is as kerk B nie.

Parallel hiermee word ook die kerkorde oorskry. Appèlle wat ek laat dien het in verband met die gebruik van kelkies, het tot by die part sinode geslaag, maar nóg die kerk, nóg die klassis het hulle - ondanks die kerkorde artt 31 en 44 - daaraan gesteur. (Die klassis het met algemene stem en met verwaarlosing van art 86 KO, die meerderheid op tweederde gestel en sodoende die betwiste besluit afgestem.)

Die nasionale sinode is geroepe om die eenheid van die geloof en die skriftuurlike orde in die GKSA te handhaaf, te koester en te bevorder. Gemeenskaplike kernvraagstukke word opgelos deur Bybel- en belydenisgebonde besluite te neem as riglyne in die GKSA en eenheid te bevorder. Maar die sinode neem telkemale besluite wat nie bindend is nie en laat dit aan die plaaslike kerke oor om te besluit. Sodoende word die eenvormigheid tussen ons kerke verbreek.

Ook word besluite op'n bepaalde vergadering geneem om by 'n volgende een verander te word, met of sonder terugtrekking van die vorige besluit. Dit saai verwarring en ongeloofwaardigheid met opoffering van die eenheid wat so belangrik is. Elke kerk doen maar wat goed in sy oë is, soos in die Rigterstyd.

Ons glo en bely dat die Heilige Gees teenwoordig is op die kerklike vergaderings en daarvoor bid ons ook. Maar ons moet ook onthou dat by geleenthede, waar hy 'n hou kan slaan, die Satan ook aanwesig is. Hy probeer op 'n voorsigtige, onopmerklike, oortuigende wyse die verrigtinge, handelinge, besprekings, ensovoorts te infiltreer en te beïnvloed en so die besluite met die tydsgees, die gode van hierdie eeu te besmet. Laat ons op ons hoede wees. Hy lag om wat hy reeds bereik het en sal skaterlag as daar 'n breuk in die GKSA gaan kom. Laat dit ons bede wees dat ons daarvoor behoed mag word. Ons bly verplig om alles moontlik te doen om dit nie te laat geskied nie. Psalm 81: 14 en 15 beklemtoon helder: Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel. Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.

Daar het onlangs al stemme opgegaan vir die saamroep van 'n buitengewone sinode. Dit is wel van pas om deeglik daaroor te besin om die getrapte afvaardiging te vervang met 'n verteenwoordiging uit alle kerke van die GKSA kerkverband. Vir die praktiese uitvoering hiervan, kan die toepassing van moderne kommunikasiemiddels soos internet-konferensie of iets soortgelyk dalk oorweeg word. Deskundiges op hierdie terrein kan dit ondersoek en vasstel of dit moontlik en koste-effektief sal wees. Die huidige stelsel waar 140 afgevaardigdes namens 298 kerke bindende besluite neem, is meer kollegiaal as presbiteriaal.

Broeders en susters, bogenoemde het ek met aarseling, droefheid en weemoed geskryf, omdat ek oortuig is en sien dat die GKSA op 'n dwaalspoor is en eenheid tot niet gaan en dat skeuring op die gesigs-einder opdoem. Mag die HERE dit verhoed.

Ek eindig met: Sola Scriptura - JA! Soli Deo Gloria - JA!!  Sola my eiegeregtigde kerk - NEE!!!

U broeder in Christus: CJ Judels

Orania, 30 September 2003