Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Wêreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

POLITIEKE KRONIEK

DIE ANC
TEENOOR DIE GEREFORMEERDE (CHRISTELIKE)
GELOOF EN LEWENSBESKOUING

- P VAN DER KOOI -

(Vorige Aflewering)

In hierdie kroniek wil ons die aandag vestig op die prinsipiële onversoenbaarheid met die ideologiese beginsels, stryd en strewe van die ANC om ons land in al sy fasette te oorheers, soos wat dit voor en sedert die politieke revolusie van 2 Februarie 1990 as beleid aanvaar is en tans realiseer.

-'n Brosjure van SERKOS (Sentrum van Reformatoriese en Kontemporêre Studies) Studiestuk No 1, Herfs 1989 -

9. "THE ROAD TO DAMASCUS" 1)

The Road to Damascus roep die Suid-Afrikaanse ge-meenskap op rondom die bekeringsverhaal van Paulus op die Damaskuspad (Hand 9 : 3 - 5). Hierdie gemeenskaplike bekering draai rondom die persoon van Jesus. In The Road to Damascus word Hy voorgehou as die God net van die arme en van die bevryding van die onderdrukte. "In preaching the Reign of God Jesus was prophesying the coming of a new world order. This brought him into conflict with the status quo of his time, the religious and political authorities. They found his preaching 'subversive'. That is why they conspired to kill him."

Schillebeeckx skryf oor hierdie Jesus-beeld: "Wie die Abba-ervaring (die besondere verhouding tussen Jesus en sy Vader) weglaat, maak van die verwagting van Jesus 'n utopie. Sonder die Abba-ervaring word die historiese Jesusbeeld volkome vermink, sy boodskap van die Godsryk ontkrag, en sy lewenspraktyk beroof van die sin wat Hy daaraan gee."

BEOORDELING

Die ANC het vanuit sy rewolusionêre aard die kerk in Suid-Afrika nodig vir sy bevrydingstryd. As instituut is die kerk nodig om die "nasionaal demokratiese bewegings en organisasies" in 'n verenigde front saam te bind. Die bindingskomponent is die beleid- en belydenisgeskrifte van die "belydende beweging", wat op die Kontekstuele Teologie, as Bevrydingsteologie en protesteologie gefundeer is. Die kerk word hierdeur so verpolitiseer dat die kerk in 'n politieke front en protesbeweging verander word. Die kerk as organisme word deur die BCC's omskep deur selle wat binne die kerk as instituut werk, om sodoende die kerk tot kontekstualisering te dwing en die bevrydingstryd van die ANC te steun. Dit word in die kerkleiding bereik deur "dialoog" as wapen van on(op)gemerkte ideologiese oorbrenging van die Marxistiese begrippe en ideale.

Die ANC en die Kerk in Suid-Afrika is daar, om of die pad van die Marxistiese rewolusie of die van die Gereformeerde Protestantse reformasie te loop. Die verskille lê duidelik vir hulle wat dit in die lig van Gods Woord beoordeel. Nihilisme, die vernietiging van die bestaande orde, nie net van politieke en ekonomiese orde nie, maar ook van die godsdienstige en sedelike orde en alle hoër geestelike waardes, is die uiteindelike doel van die Marxisme. Dit kan alleen gebeur indien die Christusbeskouing verander soos deur die verkondigers van die Bevrydingsteologie gepropageer word. Die Jesus van die Marxisme is 'n "Jezus zonder God".

Die ANC se rewolusie staan 'n gewelddadige kon-frontasie met die Reformasie en die vrugte daarvan voor. Om sy ideaal te bereik predik die rewolusie 'n "nuwe" ideologie (afgodsdiens) aan die bevolking. Dié rewolusie is daarom 'n regsmiskennende en regsvernietigende gewelddadige handeling. Reformasie eis erkenning, ten spyte van wantoestande, dat regsgegewens en regsverhoudinge (gesagsaanvaarding) bestaan, wat goed is en gehandhaaf moet bly. Gewelddadige konfrontasie is op Skrifgronde verwerplik veral as reformatoriese beginsels aangewend word om die optrede te regverdig.

Die rewolusie vernietig die verlede. Reformasie daarenteen eis erkenning dat die geskiedenis in Gods hand is en Gods wil openbaar. Rewolusie is opportunisties en is die laagste vorm van misleiding, wat van geen reg of waarheid wil weet nie. Reformasie is nie opportunisties nie, maar geskied volgens beginsels en die sedewette van Gods Woord. Die Marxistiese rewolusie verwerp die morele en sedelike en verlaag sodoende die mens tot 'n offer van die bevrydingstryd. Die gestorte bloed van die rewolusionêr is dan die bevrydende bloed van Jesus. Die reformasie bring die opheffing van die mens, nie tot net 'n politieke bevryde mens nie, maar tot 'n verhewe herstelde beelddraer van God deur die volkome aanvaarding van die verlossende versoeningsdood van Jesus Christus. Die rewolusie beskou die kerk as 'n voertuig vir bevryding: 'n verkondiger van die "demokratiese" boodskap. Die reformasie beskou die kerk as die draer van die boodskap van verlossing en die herstel van die verloregaande mens in die gemeenskap met God.

Die stryd en keuse lê vir ons tussen die "kerk" van die ANC en die Kerk van Christus, tussen die ideologie van Bevryding en die teologie van Verlossing. Die ANC se aanwending van die godsdiens en die kerk vra van elkeen, dat ons liefde vir Jesus Christus al hoe meer sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling sodat ons sal kan onderskei waarop dit werklik aankom.

1) Teksverwysings van die aanhalings is weggelaat maar dit is beskikbaar in 'n gekopieerde uitgawe van die publikasie in sy geheel, (20 bladsye), verkrygbaar by die administrasie van ons blad, teen R12-00 per eksemplaar (koste vir posversending ingesluit).

 

MAG ONS TOELAAT DAT ONS ONTWAPEN WORD?

-  Redaksioneel in:  DIE BOODSKAPPER, September 1999   -

Die uiters omstrede beoogde wet wat daarop gemik is om die wapenbesit van gelisensieerde wapeneienaars te kniehalter, roep ook die etiese vraag op of 'n mens jouself mag beskerm, of nie. Die Christen se lewe, net soos dié van sy naaste behoort aan God. Hy het dit gegee en ons is teenoor Hom verantwoordelik vir die instandhouding en ontwikkeling daarvan. Daarom is dit nie net 'n "reg" om onsself te verdedig en te beskerm nie, maar ook 'n heilige roeping. As 'n land se owerheid die middele tot hierdie selfbeskerming (waarby die beskerming van ons dierbares - veral in so 'n barbaarse tyd soos ons s'n ingesluit is) uit ons hande wil neem, is dit 'n dure roeping om ons met al die Godgegewe mag tot ons beskikking daarteen te verset.