Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Wêreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

GOD SE PLEK VIR DIE VROU IN DIE GEMEENTE

DS BC SMIT   -    BRITS-WES

BYBELS RIGLYNE OOR DIE VROU:

KLEREDRAG EN GESINDHEID VAN EN IN DIE EREDIENS

(Artikel 2 in hierdie reeks oor die plek van die vrou in die gemeente volgens 1 Tim 2 : 9 - 15)
Vorige Artikel

In 1 Tim 2 :9 kom die eerste saak ter sprake wat vroue direk raak. Dit handel oor hulle kleredrag.

1. Voorkoms van die vroue.

Vers 9 begin met die woorde "so ook". Die woorde verbind vers 9 aan vers 8 se "Ek wil dan hê." Met die woorde word daar nie ‘n wens uitgespreek nie, maar ‘n opdrag. Letterlik beteken dit daarom: ek beveel julle op grond van my apostoliese gesag.

En dan is die apostoliese opdrag aan vroue dat hulle hulleself moet versier. Die woord vir versier is "kosme_" om te rangskik, te orden, of voor te berei. Ons vind die woord terug in ons "kosmetiek". Hier sê die woord egter hoe die vrou haar moet voorberei vir die erediens, naamlik deur haarself te orden of te rangskik. Vroue moet hulle dus vir die erediens voorberei en die neiging wat al meer kop uitsteek, om met slenterdrag na die erediens te gaan, moet op grond van hierdie woorde ten sterkste afgekeur en teëgestaan word.

Hoe lyk die voorbereiding vir die erediens wel? Hulle moet hulleself klee met behoorlike kleding. Dit is met voorbe-reide of gepaste kleding. En dan gaan haar voorbereiding oor veel meer as dit wat die vrou aanhet. Die woord wat gebruik word gaan ook oor haar houding of gesindheid. Daarom nie maar gepaste klere nie, maar gepaste versiering innerlik en uiterlik. En die innerlike voorbereiding word uiterlik sigbaar in haar klere.

Die teenoorgestelde van "kosme_" of orde is chaos. Vroue moet dus sorg dat hulle voorkoms nie chaoties of onordelik is nie. Daarmee word die voorkoms van anti-mode, (hoe leliker en woester hoe beter) dus by die wortel afgesny. ‘n Gepaste innerlike wat ook in kleredrag sigbaar moet wees, is ‘n innerlike wat gerig is op eerbewys aan God. ‘n Aanbiddende hart gerig op God en sy eer sal noodwendig invloed hê op wat jy aantrek.Wat hou dit aan die negatiewe kant in? "... nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie."

Wat verbied word met die woorde is ‘n spesifieke styl van spoggerigheid. Hierdie verbod beteken nie dat vroue in hulle voorbereiding onnoukeurig of slordig en onversierd mag wees nie. Dit gaan eerder oor ‘n beheptheid met die uiterlike.

Uit geskiedskrywing van daardie tyd blyk dat daar nogal heelwat probleme ondervind is met oordadige versiering in juwele en haarstyle. ‘n Vertoon is so gemaak na buite met hare en juwele, net soos vandag ook maar gebeur.

Ook met grimering is oorboord gegaan. Hou daarby in gedagte dat oordadige grimering ‘n kenmerk was van die prostitute. Daarmee het hulle aandag op hulleself gevestig.

Deur so ‘n opgesmuktheid in die erediens sê ‘n vrou nou: ek is nie hier om God te kom dien of eer nie, maar om myself ten toon te stel. Die aandag te vestig op myself eerder as om alle aandag te vestig op die Here.

Teenoor hierdie gesindheid wat klaarblyklik in die vroeë gemeentes voorgekom het, was daar by die vroue van ander wêreldgodsdienste toe en nou, baie streng voorskrifte oor kleredrag. Dink maar aan die klem wat vroulike kleredrag kry onder die Hindoes en Moslems. ‘n Vrou wat verkeerd geklee aankom by hulle plekke van aanbidding, word nie weggewys nie, maar eerder voorsien van die regte klere.

Die Kerk se opdrag is om ‘n getuienis te laat uitgaan in die wêreld en as die kerk nou toelaat dat wêreld in haar midde kom, word die getuienis uitgedoof. Vroue wat manne se aandag op hulle vestig tydens die erediens, hoort nie daar nie. Daarby was daar destyds net soos vandag ook groot verskil tussen ryk en arm in gemeentes. Armes is in die skadu gestel deur ryk dames, wat met klere wat spreek van rykdom, die erediens bywoon. Nog ‘n verdere probleem was vroue met uitlokkende klere wat maklik die aandag van mans trek. Net soos toe, tas dit vandag nog die gees van die ontmoeting met God aan.

Die haarvlegtery wat ter sprake is was nie die onskuldige vlegsels wat dogters vandag gebruik om hulle hare netjies te hou nie. Dit was oordadige kapsels waar stukkies goud en pêrels in hare ingevleg is en die hare op die hoof gestapel is. Sou dit beteken dat juwele nou, veral goud en pêrels, verbode is in die erediens? Verseker nie! Die vraag is egter wat is jou motivering om juwele te dra? Is dit God of die mense? Wat is jou fokus? Die ontmoeting met Hom of met die gemeente?

Om te dink dat die kerk ontsnap aan die probleem van immoraliteit sou naïef wees. Hoeveel ampsdraers val nie voor die versoeking van ‘n ander vrou, en dan heel dikwels ‘n mede-lidmaat nie? Hoeveel huweliksontrou is daar nie in die geledere van die kerke nie? Hoeveel ontevredenheid is daar nie dikwels met eie ekonomiese omstandighede nie, omdat vroue elke Sondag dieselfde rok kerktoe moet aantrek, terwyl ander altyd nuwe uitrustings het. Hierdie verse is daarom die doodsteek vir kerklike modeparades. Die vraag wat elke gelowige vrou haarself moet afvra is of sy in die erediens is om God te ontmoet of om haarself ten toon te stel? Die gelowige vrou moet haar aandag vestig nie op die uiterlike nie, maar op ‘n nederige innerlike.

2. DIE GESINDHEID VAN VROUE

Die saak van gesindheid word ter sprake gebring met net twee woorde: beskeidenheid en ingetoënheid.

Beskeidenheid, (Grieks: aid_s) hou verband met beskroomdheid of skaam wees. En dan nie skaamte om vrou te wees nie, maar skaam of beskroomd om enigiemand van die opregte diens aan God te verhinder. Huiwering om aandag af te lei of die oorsaak te wees van enige verkeerde gedagtes. In die vrou wat beskeie is is daarom geen begeerte om enige grense te oorskry nie. Hierdie gesindheid van beskroomdheid behoort die mooiste eienskap te wees van vroue.

Die tweede woord wat handel oor gesindheid is "ingetoënheid" (Grieks: s_phrosun_). Die woord kan moontlik beter vertaal word as selfbeheersdheid. Dit wil sê dat jy jou begeerte en passie onder volkome beheer het. Dat jy voortdurend in beheer van jouself is.

Die gevaar as selfbeheersing verloor word is natuurlik nie denkbeeldig nie. Vir die voorgangers is die eis in 1 Tim. 3:2 en 12 dat hulle die man moet wees van een vrou. Wie voorgaan in die gemeente moet volledig toegewy wees aan sy eie vrou. Die probleem in Efese was egter juis dat man-ne nie getrou was aan hulle vroue nie. Dalk het hulle nie daadwerklik rondgeloop nie, maar wel rondgekyk. Satan se aanslag in die gemeente was om vroue met verkeerde motiewe in die erediens te laat kom en dit trek die manne se aandag af. Hierdie aanslag het oor die eeue heen nog nie verander of afgeneem nie.

Maar ook vir die gemeentes het so ‘n verkeerde gesindheid gevaar ingehou.

In Efese was daar volgens 1Tim. 5: 14 klaarblyklik te veel hubare vroue. Daarom is dit vir die apostel belangrik dat jong weduwees getroud kom. So 'n oorvloed van jong hubare meisies veroorsaak probleme in die gemeente.

In Kreta het die gesindheid ook probleme veroorsaak. Daarom gee die apostel opdrag (Tit. 2: 4 - 5) dat ouer vroue die jonges moet leer om regte aandag te bestee aan hulle huis, eggenote en kinders, sodat God se Woord nie belaster word nie. Instede van hierdie regte aandag was daar blykbaar vroue wat nie hulleself beheers het nie en so probleme veroorsaak het in die gemeente.

In Korinte word die probleem van verkeerde gesindheid in oortreffende trap aangetref. In 1 Kor 5 word die gemeente tereggewys vir afskuwelike onsedelikheid. En die verskoning van die gemeente volgens 1 Kor 6 was dat seks bloot ‘n biologiese funksie is. Vroue met onbehoorlike motiewe was ook daar dus ‘n probleem. Wie onseker is hoe God sulke verkeerde motiewe beoordeel moet maar ‘n keer Jes. 3: 16 - 26 gaan lees.

Ten slotte is die vraag vir elke gelowige vrou daarom: wat is jou motief vir die juwele en klere wat jy aantrek? Klere en bykomstighede wat onsuiwer motiewe ontbloot, het geen plek in die kerk van die Here nie.