Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Wêreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

 

ONS ROEPING BINNE NATUURLIKE VERBANDE

Artikel van PJR Kruger, in: DIE KERKBLAD 6 Oktober 1999, bl 26, 27

Met die geweldige klem wat deesdae op individuele regte geplaas word, is dit belangrik om weer aandag te gee aan natuurlike verbande en die Bybelse leer van die verbond. Ons glo en bely dat God alles geskape het met die mens as kroon van die skepping. Dit behoef geen beredenering dat die skepping sekere natuurlike verbande impliseer nie - waarvan die huisgesin die primêre lewensverband is.

Regdeur die Bybel is dit duidelik dat die gesinsverband 'n gawe van God is wat gekoester en beskerm moet word (vgl Ps 127; Ps 128; Ef 5 : 22 en 6 : 4) Hieruit volg logies dat familie 'n volgende natuurlike verband is en daaruit volg noodwendig die volksverband.

Die individu word onlosmaaklik verbind aan sy voor- en nageslag. So word die verbond aan Abraham en sy nageslag toegesê en sy nageslag saamgebind deur God se beloftes van die verbond (Hand 2 : 39). Daarom mag natuurlike verbande soos dié van gesin, familie en volk nie geminag word nie.

Prof WJ Snyman skryf so daaroor:

"Matteus leer in wat volg op vers 32 (hfst 25) dat die skeiding sal wees in die nasies en deur die nasies heen, 'n skeiding tussen die gelowiges en on(skyn) gelowiges in elke nasie '... die een sal aangeneem en die ander verlaat word'. Tot driemaal toe word hierdie droewige woorde herhaal. Dit gaan hier om die intiemste lewensverbande en verhoudinge. Dit word deursny van familiebande, volksbande. Dit lyk of hierdie natuurlike lewensverbande hier opsygesit word. Dit is nie die gelowiges wat afgesonder word uit hulle geslagte en uit hulle nasies, sodat hulle nou al by voorbaat onverskillig moet begin staan teenoor familie en volk nie. Nee, die ongelowiges is per slot van rekening die kaf wat verwyder word uit hulle geslagte en uit hulle nasies."

Lynreg teenoor die New Age-ideologie in sy strewe om alles gelyk te skaaf in 'n nuwe Babel of wêreldorde, staan die volksverbondenheid, Christelik-nasionaal bepaal deur Calvinistiese beginsels met die kollektiewe roepingsgedagte as uitgangspunt. Dit sou 'n kwade dag wees as Christene so deur liberale sentimente verswak word dat die Christelik-nasionale beginsel ter wille van politieke korrektheid nie slegs afgewater word nie, maar selfs teëgestaan word.

Verkeerd?

Sou dit dan verkeerd wees om volkskap te koester as 'n Godgegewe kleinood? Meer nog, weerstaan ons nie God se wil deur onverskillig teenoor ons volkskap te staan nie? Dit sou dwaas wees om die wysheid van God om volke te beskik, te verontagsaam en om te vergeet van die roeping om suurdeeg in die volksverband te wees. God roep gelowiges (kerke) in die volke. Wie dus doelbewus volksverband afbreek, werk mee aan verbrokkeling van die kerk.

Iemand het eenkeer opgemerk dat 'n individu terugkyk en die wieg sien, en vorentoe kyk en die graf sien, terwyl 'n volk terugkyk en 'n graf sien en vorentoe kyk en die wieg sien. Dit is net so van toepassing op die kerk wat vashou aan God se verbondstrou. Waarom sou ons dan meedoen met die liberalisme en kommunisme om die volksverband af te breek of om nasionalisme 'n skeldnaam te maak? Kan dit onder leiding van die Heilige Gees geskied of sou dit die Heilige Gees eerder bedroef?

Ons kerkvaders het nooit teruggedeins van die stryd op volksterrein nie, omdat die Verbond wat aan ons en ons nageslag toegesê is, vir hulle kosbaar was en omdat die verband tussen volk en verbond goed verstaan is.

Kom ons stel prof Cachet aan die woord: "de leuze onzer school is: Gereformeerd en nasionaal" - in 1889 tydens die twintigste verjaardag van die Teologiese Skool.

Ons roeping

As Gereformeerdes is dit ongetwyfeld in hierdie krisistyd ons roeping om gesins-, familie- en volksverbande te versterk. 'n Groot Afrikanerleier het gesê: "Wanneer die na-binnegerigte blik en die wil om die vreemde en anderse te weerstaan, verdof en vervaag, volg verbrokkeling. ... As wetenskap en godsdiens, sedelikheid en kuns, ekonomie en sedelikheid, volk en staat, gesin en skool, kerk en politiek, individuele en sosiale belange ensovoorts harmonieer, sal die mens roepingsgetrou en verantwoordelik, tot eer van God, sy taak op aarde na behore vervul", aldus prof HG Stoker.

Eerder as om gesins- en volksverbande af te breek, behoort ons dit te handhaaf en te bou. Dit is deel van ons suiwer Calvinistiese tradisie en ons roeping as gelowiges. Sodoende sal Satan en sy bose magte 'n gevoelige terugslag kry.

(Met instemming uit DIE KERKBLAD oorgeneem - Red)