Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Wêreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY

WARE BETEKENIS VAN DIE CALVINISME

P VAN DER KOOI

CALVINISME IS SINONIEM AAN GEREFORMEERD-WEES VIR DIE WETENSKAP EN DIE PRAKTYK VAN DIE LEWE

(Vorige aflewering)

ABRAHAM KUYPER (2)

In die vorige aflewering is 'n begin gemaak met die behandeling van dr Abraham Kuyper se standpunte en optrede in die Nederlandse politiek. As geesgenoot van Groen van Prinsterer het hy die gevierde leier van die Anti-Revolutionaire Partij geword. Ons wil van nou af enkele aspekte van dié beginselprogram aan die orde stel en bespreek.

Vra jy wat 'n Program van beginsels is, dan blyk dit dat hierdie soort van manifeste 'n saak op homself is. Van jou beginsels kan jy dán slegs 'n program bekendstel, as die beginsels van anderes teenoor joune bekend is.

As jy van oortuiging is om nie net op bepaalde beleidsaspekte nie, maar opposisie "in het generaal", teen die hele gees, teen die leidende gedagte, teen geheel die strewe wat hom in feitlik alle wetsbepalings en alle besluite van die regering openbaar, dan is die formulering van 'n program van beginsels tog van liewerlee 'n noodsaaklike plig om in daarin te voorsien.

Daar moet vir 'n program van beginsels sodoende vereers 'n moedergedagte, 'n grondbegrip, 'n worteldenkbeeld wees, wat ooglopend verskil van die worteldenkbeeld, waaruit die anderes leef.

Van dié worteldenkbeeld moet in die eerste plek aangetoon word dat dit op onmiddellike wyse aansluit by die diepste grondslag van die volk en in die geskiedenis van dié volk sy waarmerk vind. Kuyper bedoel dat 'n beginselprogram die neerslag van sowel die gees as die geskiedenis en tradisie van die volk moet vertolk.

Uitgangspunt dus: Die grondoorsaak van die besware teen die bestel. Die omvang: Alles wat in die praktyk van die regering met die verwerplike grondoorsaak verband hou. Die inhoud: die antitese in die wydste vorm.

Die doel: ontwikkeling van die politieke bewussyn. Siedaar "hoe het bij een program van beginselen moet zijn", aldus Kuyper.

Die rigting wat ons voorstaan, dra twee name. Dit word òf die "antirevolutionaire" òf die "Christelijk-historische" genoem, al na gelang wat die primêre doelwit is, op dit wat bestry moet word of om die aandag te vestig op wat daarmee beoog word.

"Krachtens haar oorsprong is anti-revolutionêr haar eerste naam. Want ze trad op om iets wat haar ergernis en aanstoot gaf, om iets dat volgens haar indruiste tegen wat recht en heilig is te bestrijden. Alzoo is ze van huis uit een militante partij, die, geen vrede hebbend met de bestaande orde van zaken, daarop critiek uitoefent, die bestrijdt en poogt te wijzigen", sê Kuyper.

Wat bestry word, is kortweg die revolusie, waarmee bedoel word die staatsregtelike en sosiale sisteem, wat in die Franse revolusie neerslag en vergestalting gevind het.

Dit handel primêr dus nie - wat ten on-egte aan ons verwyt word - oor klein politieke verskille nie, maar oor die betwisting van die heersende (verwerplike) grondslag, waaruit al die ander sake voortspruit.

"We erkennen dat er oogenblikken zijn, waarin de natuurlike hoofden van het volk zelfs de roeping hebben om aan een goodelooze tyrannie waardoor het volk omkomt, een einde te maken, en eeren mitsdien onzen opstand tegen Spanje, Engelands omwenteling onder Willem III, Amerika's afval van Groot-Brittanje, en onze omwenteling van 1813", aldus Kuyper.

In dit alles sien ons geen verwoesting nie, daarenteen juis die herstel van die volksorganisme; geen onderstebo omkering nie maar 'n herbevestiging van die nasionale regstoestand; en as primêre gevolg, geen afval van die Heilige God nie, maar juis 'n terugkeer tot Hom.

Wat ons daarenteen wel en kragtens ons beginsel, hardnekkig en sonder reserwe bestry, is die poging om in en om die mens, eers in sy verstand en hart, en daarna om hom ten aansien van sy huis en land,

te vervreem van sy verlede deur die gedaante van die dinge geheel en al te verander; 'n stand van sake in die lewe te roep, wat totentaal die teenoorgestelde is van wat tot dusver, reeds eeuelank, geglo, gekoester en bely is. Om met die oog op die nuwe toestand ons te lei naar 'n volkome emansipasie van die volkere, uit die soewereine gesag en die regsoutoriteit van die almagtige God uit.

"Wat nu staat aan de Antirevolutionaire partij bij dezen stand en gang van zaken te doen? Zal ze zich er toe bepalen om tegen te houden, wat te ver zou gaan? Of zal ze zich aan het hoofd van de beweging plaatsen, om te leiden in veiliger bedding. Dus luidt metterdaad de hoofdvraag, die onze vaderlandsche actie bepalen moet. En dan zij het hier uitgesproken, uitgesproken met klem, en uitgesproken met al den gloed der innigste overtuiging, dat wie in den Christus gelooft en den Christus uit de hemelen verwacht, niet mag stil zitten en zich niet mag bepalen tot een mede kisten van de dijken, maar van Christuswege verplicht en gehouden is, om, er kome wat er van kome, moedig in de bressen van zijn volk te gaan staan, en een Christelijk-democratische ontwikkeling van onze vokssstaat voor te bereiden. Nu kan dit nog. Maar als ge dit u van God ge-geven oogenblik verzondigt en ongebruikt voorbij laat gaan, dan zal op u de schuld zijn, dat ge de toekomst van uw va-derland verspeeldet, en straks u te krommen zult hebben onder dien ijzeren vuist, die u én in uw Christelijke vrijheid én uw geld en goed, zonder sparen zal aantasten."

Hierdie taal van Kuyper pas nog al in die situasie wat ons die laaste drie dekades beleef het en tans ervaar. Hy het geen doekies omgedraai nie maar die kwaad in erns en in sy wortel ontleed en aangespreek: "Ek herhaal dus: een Christelijk-democratische ontwikkeling moet aan onze Staatsinstellingen gegeven, juist om de ochlocratie (gepeupelbewind), in anti-Christelijken geest tegen te houden."

So het Abraham Kuyper aan die einde van die vorige eeu die Gereformeerde Christen-Nederlanders gemotiveer en geaktiveer om politiek betrokke te raak. So was hy ook in die politiek 'n Christus-belyder en 'n stryder vir die saak van sy Here en God.