Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Wêreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

KERKLIKE JOERNAAL

DR BRAAM KRüGER SE POLEMIESE STRYD OOR GAY HUWELIKE

Die kultuur-gebonde Skrifkritiek met sy goedpraat van homoseksualisme en gay huwelike, wat in sommige denominasies selfs kerklik bevestig of ingeseën word, het die laaste tyd nogal opslag gemaak in die plaaslike pers. Die NG Kerke besin op hulle sinodes oor hierdie saak en daaroor is die menings verdeeld. Dr Krüger het sterk standpunt ingeneem en die skriftuurlik-behoudende siening verdedig teenoor ander wat die saak goedkeur en met swak Skrifbewys probeer regverdig.

Met verbygang aan die voorafgaande volg hier 'n (voorlopige?) afsluitingsbrief van dr Braam Krüger van die Gereformeerde Kerk te Barberton, in BEELD van Donderdag 4 November 1999. Die strekking van sy skrywe is vir wie wil vasstaan by die waarheid van God se Woord, sonder meer duidelik verstaanbaar. Dié wat meer inligting verlang kan ongetwy-feld dit van hom gewaar word. Sy brief lui as volg:

Gun my in reaksie op ds Wim Griebenow se brief (Absurd om te verwag gays moet hul van seks onthou - Beeld, 1 November) die volgende opmerkings:

Ds Griebenow verklaar dat die Bybelse tekste waarin homoseksualiteit afgewys word, verwys na tempelprostitusie en dat dit die homoseksuele bedrywighede is wat deur die Bybel afgewys word. Dit is egter 'n erge veralgemening.

Die gebeure om Sodom en Gomorra (Gen 19) gaan glad nie oor tempelprostitusie nie en tog vernietig God die stede juis weens hierdie sonde. Só ook Rigters 19. Daar is ook geen duidelikheid dat Paulus in Romeine 1 verwys na die praktyk van tempelprostitusie nie.

Die argument in Romeine 1 handel wél daaroor dat onkunde oor God (onder heidene, maar ook onder diegene wat wel van Hom gehoor het) lei tot sedelike en morele verval. En die kulminasie van hierdie verval is homoseksualiteit. Verskeie kommentare wat ek geraadpleeg het, sien dit op hierdie wyse.

Ten tweede is dit nie juis duidelik wat ds Griebenow bedoel met sy verwysings na ijsh en ishsha nie. Wil hy probeer sê dat die twee woorde etimologies met mekaar verband hou, dit wil sê van dieselfde oorsprong kom en daarop sinspeel dat man en vrou eenders (dieselfde soort) is? En beteken dit dan die geslagtelike differensiasie is nie belangrik nie?

Dit word algemeen deur Hebreeuse kundiges aanvaar dat die woorde nié van dieselfde stam kom nie en nie etimologies verwant is nie. Boonop word in Genesis 2 nie die woord ijsh gebruik om die man aan te dui nie, maar adam.

Die betekenis van die twee woorde moet gevolglik op sintag-matiese (sintagma = sinvolle woordgroep, red) vlak gesoek word, en dan is die woordeboeke eenstemmig daaroor dat dit teenoor-gesteldheid ten opsigte van geslag aandui. Die hele redenasie is dus futiel.

Dit word bevestig deur die uitspraak van Jesus in Lukas 10 : 6, waar Hy sê: "... van die skepping af, 'het God hulle man en vrou gemaak'." Die Griekse woorde aldaar verwys ook na die onderskeid, op sintagmatiese vlak, tussen geslagte.

Derdens praat ds Griebenow oor "kernhomoseksualiteit", waarmee hy verwys na aangebore homoseksualiteit. Navorsers is dit glad nie so eens oor die genetiese bepaaldheid van homoseksualiteit nie.

'n Oppervlakkige soektog op Beeld se webblaaie verwys na twee artikels in Beeld waarin daarop gewys word dat daar nog geen konkrete mediese gronde aangetoon kan word vir 'n homoseksuele oriëntasie nie.

Daar word wel gemeld dat as 'n genetiese korrolasie sou bestaan, dit nog geïdentifiseer moet word, asook dat hormonale wanbalanse 'n rol kan speel.

As laasgenoemde waar is, kan 'n mens dan wel van 'n siekte praat?

Vierdens reken ds Griebenow dat dit "absurd" is om te verwag dat homoseksuele persone selibaat moet wees. Dan is dit natuurlik ook absurd om te verwag dat heteroseksuele persone selibaat moet wees indien hulle ongetroud is.

Wat 'n lekker godsdiens begin ons nou nie kry nie! Boonop - wat is Thielecke se redenasie? Dat, as jy nie die gawe van selibaatskap het nie, jy jou maar kan oorgee aan (monogame) buite-egtelike verhoudings, hetsy binne of buite die huwelik, homo- of heteroseksueel!

1 Korinthe 7 : 7 verwys wel hierna - en sê dan dat elke man sy eie vrou moet hê, en elke vrou haar eie man - en daar is nie 'n byvoeging wat sê "of elke man sy eie man en elke vrou haar eie vrou nie" nie. Wat wel absurd is, is om te reken dat monogame gay huwelike deur die kerk ingestel moet word.

Laastens dink ek gays maak 'n fout as hulle die Bybelse tekste wat direk hieroor handel, wil "wegverklaar". Want dan word die eerste sonde met 'n tweede aangevul, naamlik eiewillige godsdiens. Eiewillige godsdiens is om God te aanbid op die manier wat vir jóu aanneemlik is eerder as op die manier wat Hy voorskryf.

En dit is 'n direkte oortreding van die tweede gebod. Jesus het mos die eerste tafel van die wet opgesom en gesê: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart ...".

Dit is om hierdie rede dat gelowige gays wat die Bybelse lering systap gedurigdeur deur hul gewete aangespreek word en nooit werklik vrede maak met hulle lewenswyse nie.