Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Wêreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

KERKLIKE JOERNAAL

 

FONDSINSAMELING GEKOPPEL AAN LOTINGS EN PRYSTREKKINGS

Van verskeie kante word ons redaksie gekonfronteer met tereg genoemde besware teen die gewoonte om publieke en kerklike insameling van fondse te adverteer met 'n verleidelike moontlikheid om 'n prys te kan wen. Daardie prys word gewoonlik bepaal deur 'n spesifieke nommer te wen of te trek. So lees ons in 'n advertensie in DIE KERKBLAD van 11 Augustus 1999 in 'n bekendstelling vir 'n gesinskamp van die Gereformeerde Kerk Beestekraal onder andere: "Daar is ook 'n wildpakket te wen vir 'n gelukkige gesin". Dit is aan ons bevestig dat dit 'n (lotings-) prystrekking betref het. 'n Ander intekenaar/leser uit Burgersdorp het aan ons 'n plaaslike advertensie van die Gereformeerde Kerk Burgersdorp oorgefaks oor 'n "Draf-stap-trap" op 9 Augustus 1999, waaraan ook prystrekkings verbind was: "Geen wenpryse maar prystrekkings". Om op dié wyse fondse in te samel is teen die beginsel dat winsbejag gepaard sal gaan met die bydrae aan die fondse vir die Kerk van die Here. Dit lyk so onskuldig omdat dit klein sake betref, maar dit lei veral die jongeres, op die verkeerde pad om later die casino's te gaan besoek vir die groter winsbejag.