Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Wêreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

KERKLIKE JOERNAAL

 

VROU LEI BYEENKOMS IN LINDENSE DOPPERKERK

Neels Jackson berig in BEELD, 31 Augustus 1999:

'n Vrou het Sondagaand die aand-byeenkoms van die Gereformeerde gemeente Linden in Johannesburg gelei.

Die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) laat vroue nie toe om predikante te word nie, 'n posisie wat vroeër vanjaar tot 'n ge-weldige polemiek in Beeld se brie-wekolom gelei het.

Prop Elsje Büchner, proponent van die NG Kerk Sesmylspruit, het by navraag gesê sy het die byeenkoms waar sy gepreek het baie beslis as 'n erediens beskou. Sy het egter nie met 'n votum begin nie.

Ds Piet Venter van die gemeente het egter gesê dit was beslis nie 'n formele erediens nie. Büchner het nie die votum uitgespreek nie en sy het ook nie van die kansel af gepraat nie.  Hy wou nie veel verder oor die saak sê nie omdat hy dit nie as iets buitegewoons beskou nie. Die byeenkoms is Sondagoggend afgekondig en niemand in die gemeente het skeef opgekyk daaroor nie. Volgens hom is dit nie die eerste keer dat so iets gebeur nie.

Büchner het gesê die byeenkoms was baie informeel. Haar teks was Jer 18 en Gen 32. Haar preek het gehandel oor die pottebakker en die klei en oor die pad wat God met Jakob geloop het.

Prof Andries du Plooy, rektor van die teologiese skool in Potchefstroom het by navraag gesê die vraag oor die rol van die vrou in die kerk word wêreldwyd deur baie Gereformeerde kerke bestudeer. Die GKSA en kerke soos die Christelik Gereformeerde Kerk in Nederland en die Nederlands Gereformeerde Kerk het nie een die Skrif so verstaan dat vroue in die besondere dienste toegelaat word nie.

In die GKSA het die kerke met mekaar die afspraak dat elke kerk nie sy eie weg inslaan terwyl 'n saak nog bestudeer word nie. As die byeenkoms in Linden 'n erediens was, het hulle "nie volgens die afspraak" opgetree nie. As dit net 'n byeenkoms was waar lidmate saamgekom het om iets te bespreek en dit het nie die karakter van 'n erediens gehad nie, "sou 'n vrou die leiding kon neem".

Redaksionele kommentaar

Die saak word al te maklik op 'n syspoor gelei. Die grondliggende saak is of vroue mag voorgaan in die bediening van die Woord al dan nie. Daarbenewens die saak van die voorgaan van 'n proponent wat nie 'n lidmaat van die Gereformeerde Kerke (GKSA) is nie. In albei gevalle raak dit die kerkverband en het die kerkraad in eie reg (independentisties) afgewyk van die normale orde van die kerk ten aansien van die onderlinge byeenkomste op die dag van die Here om te luister na die prediking, onder leiding van sy kerkraad. Die genoemde verweer maak geen verskil daaraan nie.