Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Wêreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

KOMMENTAAR

DR WILLEM DE KLERK SE STELLINGS TYDENS ATKV-KONGRES

JOHAN DE RIDDER  -  PRETORIA

Verkramp en Verlig

In die vroeë sestiger jare het dr Willem de Klerk op 'n Jeugbondbyeenkoms die begrippe "Verkramp" en "Verlig" in die Afrikanergeledere ingedra wat uiteindelik skerp verdeeldheid tot gevolg gehad het.

Toestande vandag

Vandag, ongeveer 34 jaar later, is die Afrikanervolk van alle politieke mag ontneem en gaan hy gebuk onder 'n Engelse Kommunistiese regime. Sy taal word oral vertrap, sy feesdae is afgeskaf, sy geskiedenis word onherkenbaar herskryf en is feitlik in geheel uit skoolleerplanne verwyder. Sy skole en universiteite word stelselmatig oorgeneem deur Engelssprekende Swartes. Die Christelike karakter van die Staat is weg en alles is onderhewig aan 'n godlose Handves van Menseregte. Die hoofstrewe van die nuwe heersers is om 'n Nuwe Nasie ('n Reënboognasie) in die nuwe Suid-Afrika tot stand te bring waarin die Afrikanervolk verswelg sal word en sal moet verdwyn tesame met sy taal, kultuur, geskiedenis en tradisies. In die aangesig van hierdie toestande en bedreigings is Afrikaners op kerklike, kulturele en politieke terreine verdeeld en verwar,

Dr WJ de Klerk op die ATKV-kongres

Teen hierdie agtergrond het dr de Klerk die ATKV-kongres onlangs as gasspreker toegespreek. BEELD het as volg oor sy referaat verslag gelewer:

De Klerk het aan die kongres die uitdaging gestel om die paradoks te aanvaar om behoudend en byderwets te wees. Alles moet egter nie behou word nie. Dwalings in die Afrikanertradisie, soos eksklusiwiteit, 'n uitverkorenswaan en 'n angstige drywing na isolasie moet laat vaar word.

Wat behou moet word is Afrikaners se regte, taal, waardestelsels en 'n eie bestaan wat neerslag vind in die verskeie fasette van die Afrikaanse taal, media, onderwys en ekonomie. Tesame daarmee moet die ATKV byderwets wees, wat volgens De Klerk onder meer behels om inklusief te wees.

Die begrip "Afrikaner" en "Afrikanervolk" is te besmet met apartheid en te veel gelaai met die assosiasie van die eksklusiewe wit etniese groep. Die begrippe moet uitgeskakel en vervang word deur die begrip "die Afrikaanse Gemeenskap". Ras, godsdiens en geskiedenis asook sosiale stand moet in geen opsig tel nie. Die gemeenskap moet gekenmerk word deur sy inklusiwiteit en gemengdheid.

Dr de Klerk (politieke konsultant) het ook sy standpunt gestel dat hy nie glo dat iemand se geloof bepalend vir sy Afrikanerskap is nie. Verder (het hy gesê) is 'n beduidende deel van die Afrikaanse gemeenskap, die bruin Moslems van die Kaap, by voorkeur vir die ATKV as moontlike lede uitgesluit indien hy sy Christelike grondslag handhaaf. (Tot sover die berig in BEELD, 28 - 8 - 99)

Verdeeldheid

"Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te gee? Nee, sê Ek vir julle, maar eerder verdeeldheid. Van nou af sal daar vyf in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie. Die vader sal verdeeld wees teen die seun, en die seun teen die vader, die moeder teen die dogter en die dogter teen die moeder; die skoonmoeder teen haar skoondogter en die skoondogter teen haar skoonmoeder (Luk 12 : 51 - 53). Is dit nie 'n beskrywing wat ook toepaslik is op die huidige toestand in Afrikanergeledere nie?

Dr de Klerk se advies dat godsdiens in geen opsig (in die Afrikaner-gemeenskap) moet tel nie, bring Christus, die enige ware drieënige God, in die gedrang en is in stryd met die hele verloop, ontstaan, ontwikkeling en karakter van die Afrikanervolk. ...

Die feite van ons wordingsgeskiedenis en die groot dade van God daarin dwing ons tot die onverbiddelike gevolgtrekking dat geloof 'n bepalende faktor vir ons Afrikanerskap is. Miskien is dit juis die rede waarom dr De Klerk bepleit dat geskiedenis ook in geen opsig in sy nuwe "Afrikaanse Gemeenskap" moet tel nie. 'n Afrikaner wat nie sy geskiedenis ken nie sal nooit werklik kan begryp hoekom hy 'n Afrikaner is en die onlos-maaklike deel wat ons Gereformeerde godsdiens van ons Afrikanerskap uitmaak nie.

Inklusief en gemeng

Die pleidooi dat ras, godsdiens en geskiedenis asook sosiale stand in geen opsig moet tel nie en dat die nuwe Afrikaanse gemeenskap deur sy inklusiwiteit en gemengdheid gekenmerk moet word, is niks anders as 'n pleidooi dat ons 'n streep moet trek deur die Gereformeerde godsdiens en ons geskiedenis; dat ons 'n gemengde volk moet word, 'n Babel, gelykvormig met 'n sekulêre en anti-christelike wêreld. ...

Godsdiens, waardestelsel en ras

Dit tref 'n mens dat die Afrikaner se Gereformeerde godsdiens en sy geloof nie deur dr De Klerk onder dit wat behou moet word, genoem word nie maar wél sy "waardestelsels". Is die tradisionele waardestelsel van die Afrikaner dan nie gegrond en afgelei van sy godsdiens en die Woord van God en sy Calvinistiese lewensbeskouing nie?

Welke regte beskik Afrikaners in die nuwe Suid-Afrika oor? Hoe kan Afrikaners hulle taal behou as diegene wat nie Afrikaans praat nie, nie uit die volk uitgesluit word nie? Hoe kan daar sprake wees van 'n eie bestaan sonder eksklusiwiteit, wat deur dr De Klerk as een van die dwalings van Afrikaners getipeer word?

Naas godsdiens en geskiedenis moet (volgens De Klerk) ras ook glad nie tel in die "Afrikaanse Gemeenskap" nie. Is dit egter nie 'n feit dat ras 'n Goddelike skeppings- en voorsienigheidswerklikheid is, wat as sodanig nie geïgnoreer, ontken en vernietig mag word nie?

In isolasie lê ons krag

Dr de Klerk se verwerping van ons volk se "angstige drywing na isolasie" staan ook in kontras met die volgende wat Totius in 'n preek gesê het met betrekking tot die teks uit Num 23 : 9:

"...'n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie".

Ons volk het 'n eie oorsprong en tot dusver 'n eie bestaan gehad. Ons het as Christenvolk afgesonderd geleef, met 'n eie beginsel, 'n eie lewensopvatting en 'n eie volksideaal. Moet ons nou so bly? Ons sê met ons hele hart, Ja! Die leuse van 'n politieke party bring ons dikwels in die war en laat dit vir ons lyk asof die samesmelting van nasies die grootste volksdeug is. Ons daarenteen handhaaf op grond van die Woord van God daardie veelomvattende gebod: "Woon afgesonderd!"

(Totius: Versamelde Werke - Vol 11)

Ook word dit duidelik saamgevat in die bekende stelling van Groen van Prinsterer: "In die isolement lê my krag".

(Artikel enigsins verkort - red)