Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Wêreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

SKRIFOORDENKING

DIE EVANGELIE IS GESAGSBEDIENING

1 Petrus 1 : 10 - 12

DS JP COETZEE - PRETORIA

Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.

Aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons dié dinge bedien het wat julle nou aangekondig is deur dié wat die evangelie aan julle verkondig het in die Heilige Gees wat van die hemel gestuur is - dinge waarin die engele begerig is om in te sien.

1 Petrus 1 : 10 - 12

God voer die stryd teen die kwaad en niemand anders nie. Hy voleindig dit. Die Kerk van Christus leef in die tyd tussen die aanvang en die voleinding van die stryd. Daarom leef die kerk in hierdie wêreld in die hoop op die voleinding.

God voer die stryd teen die kwaad op sy wyse. Dit beteken dat Hy sy gesag steeds oor alle dinge vestig. Die magte van die Bose voer 'n stryd teen God. Die stryd wat van die Bose uitgaan word gekenmerk deur die verloëning van God se gesag. God bou, maar die duiwel hoon.

Hierdie brief van Petrus is gerig aan die kerk op aarde (hfst 1:1). Hierdie kerk is in die heiligmaking van die Gees uitverkies tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Christus . Die gelowiges moet in gehoorsaamheid die skuldvergewing in Christus aanvaar en bely. Wie dit nie doen nie hoon die gesag van God. Dit bring ons in die stryd teen die kwaad.

In sy genade het God die Woord van die evangelie gestuur om ons aan sy gesag te bind. Geloofsgehoorsaamheid is nie 'n aksie van 'n mens waarby hy self besluit hoe hy die stryd sal voer nie. Ook hierin werk God op sy wyse. Hy het eers die profete gestuur om 'n woordbediening tebring. Hulle het die woord van oordeel en genade bedien. Dit was ook 'n getuienis oor die lyding van Christus en die verheerliking daarná. Daarmee het hulle die gesagsbetuiging van God bewoord. God betoon sy gesag in stryd en oorwin-ning oor die kwaad. Die profetiese gesagsbewoording loop uit op die evangeliese bewoording daarvan. Hiermee is die saak van die Skrifgesag vasgelê. Verder word die Skrifgesag as 'n skriftuurlike belydenis vasgemaak aan die bybelse leerstuk dat die Ou én die Nuwe Testament 'n eenheid van God se Woord is.

Die Heilige Gees bewerk hierdie bediening. Die Bybel leer ons in hierdie gedeelte dat die Heilige Gees werk deur profete en apostels te stuur. Hulle lewer 'n getuienis wat met Goddelike gesag beklee is. Dit is verder beskik dat die getuienis in die voortgang van die gelowige geslagte leef. Die gesag van die evangelie is nie aan 'n bepaalde tyd of gebeurtenis gebind nie.

God bepaal ook die feit en wyse waarop die evangeliese gesagsgetuienis oorgedra word. Hy het die verbond van sy genade opgerig. Daarvan het Hy ook in die sakrament van die Heilige Doop die teken gegee. Die water wys ons immers op die besprenkeling met die bloed van Christus (vs 1).

So bind God ons gehoorsaamheid aan sy gesag ook aan sy verbondseis wat tot ons kom. Ons geestelike lewe groei in die gelowige aanvaarding van die profetiese gesag, die evangeliese gesag en die vervulling van die profesie, dus ook aan die voleindingsgesag. Dit is geen wonder dat die duiwel juis die verloëning van die Skrifgesag uitkies om die stryd teen God te voer nie!

In die kerke ontstaan daar soms groot spanning rondom die saak van mense se betoning van gehoorsaamheid aan God se gesag. Hierdie spanning wissel in ons dae van die blatante verloëning van God self tot meer gesofistikeerde vorms van relativering. Dit is veral in die wetenskapsbeoefening dat die mens 'n "verfynde" hoon van God se gesag voortbring. As voorbeeld kan ons die aanvaarding van die evolusieteorie en die daarmee gepaardgaande afwysing van die skeppingsleer noem. En in die teologie kom dit in die verwerping van die gesag van die Heilige Skrif. As iemand sê, hy glo dat die Bybel niks meer is as 'n samevatting van geloofstradisies wat van tyd tot tyd geheers het, dan kan hy nie tegelykertyd leer dat dat die Bybel God se Woord is nie. Dan het hy immers die gesag van die Skrif afgewys.

Ons Skrifgedeelte sê dat die evangelie in die Heilige Gees verkondig is. Daarmee is die fondament gelê vir die mens se onderwerping aan God se gesag op alle terreine van die lewe. Ons mag ons nie net met woorde aan God se gesag onderwerp nie, maar moet dit ook doen met en in ons optrede. Belydenis en die uitlewing daarvan is nie dinge waaroor die mens kan besluit sonder om voor die gesag van God te buig nie.

Hoe groot is ons troos dat ons saam met die gelowiges van alle tye voor die gesag van God kan buig!