Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Sintese... of Antitese?

AKTUEEL:
Die Nuwe Millenium

SKRIFOORDENKING:
Die Evangelie is Gesagsbediening
1 Petrus 1:10:12

Groet of seën by die aanvang van die erediens?

Afgodery met die Woord?

Simposium: Skrifgesag teenoor Skrifkritiek

  • Menslike bewyse of Geloofserkenning?
  • Skrifkritiese stellings dogmatologies besien
  • Mosies wat aanvaar is

God se plek vir die vrou in die gemeente

Ons roeping binne natuurlike verbande

Staan ons nog by die beginsels van Dordt en die stigting van die GKSA?
Verskil tussen Lutherse en Gereformeerde kerksang

Die gelowige en die praktyk van stakings

Daar is ook goeie isolasie

KERKLIKE JOERNAAL: 

OPVOEDING EN ONDERWYS:
VCHO geniet nie meer die goedkeuring van Sinode

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY:
Ware betekenis van die Calvinisme.   Abraham Kuyper (2)

PERSRUBRIEK: 
Waarheen, NG Kerk?

KOMMENTAAR: 
(1) Prof Faan Denkema oor die 1999 Węreldparlement van godsdienste
(2)Dr Willem de Klerk se stellings tydens ATKV-Kongres

POLITIEKE KRONIEK: Die ANC teenoor die Gereformeerde (Christelike) geloof (9)
Mag ons toelaat dat ons ontwapen word?

GESPREK MET DIE LESERS

MEDIESE ETIEK:  Kloning in die Perspektief van die Christelike geloof.
Die beleid aangaande Kremasie

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 3  No 6  November  1999

PERSRUBRIEK

WAARHEEN, NG KERK?

Onder die bogenoemde opskrif skryf Dr Sampie van Vuuren (NG Kerk Witfield) in die rubriek "Vuurhoutjie" in DIE KERKBODE van 3 September 1999 (bl 7) die volgende wat ons met instemming ter kennisname van die lesers hier publiseer.

Dit sou 'n fout wees om die besluit van die Algemene Sinode oor kinders se deelname aan die nagmaal in isolasie te sien. Daardie ingrypende besluit is die kulminasie van 'n reeks verskynsels wat die koers wat die NG Kerk inslaan, duidelik aantoon.

Hoe onbelangrik orde in die kerk deesdae is, word geďllustreer deur die toepassing van die Algemene Sinode se besluit oor gemeentegrense deur predikante, kerkrade en ringe. Die besluit lui duidelik dat dit gaan oor uitsonderlike gevalle met bona fide-redes. In talle gemeentes en ringe is geografiese grense egter totaal afgeskaf. Een predikant uit so 'n ring het dit so gestel: 'Julle moet bykom, man, julle bly agter! Die NG Kerk is op pad!'

Op pad waarheen?

Dit is interessant dat kinders enersyds volwasse genoeg is om ten volle te deel in die nagmaal van die Here, maar andersyds so onvolwasse is dat hulle 'n eie 'jeugsangbundel' nodig het!

Die vraag wat ten grondslag van hierdie verskynsels lę, is natuurlik belangrik: hoe oorleef 'n Christelike kerk in die postmoderne węreld? In Junie 1959 het ek in 'n artikel in Die Kerkbode 'n perspektief op hierdie vraag probeer gee. Ek sluit daarby aan.

In die Protestantse kerke in die węreld word twee basiese oplossings vir ons vraagstelling gebied.

Die NG Kerk het sedert sy stigting 'n sterk evangelies-gereformeerde karakter gedra. Vir baie predikante maak daardie karakter nie meer sin of saak nie. Trouens, dit het vir hulle 'n remskoen geword wat die kerk verhinder om byderwets te wees. Ons vind dan hierdie skisofrenie in die kerk: daar is 'n element van kontekstualiste wat die kerk in hulle rigting dwing, terwyl daar 'n kern van evangelies-gereformeerdes is. En tussenin huiwer lidmate in onsekerheid en verwarring.

Die NG Kerk kan nie bekostig om hierdie toestand oogluikend te aanvaar nie. Die feit is dat die twee rigtings onversoenbaar is, veral ten opsigte van hulle Skrif- en belydenisbeskouing.

Hierdie saak is so ernstig dat dit dringend op die tafel van die Algemene Sinodale Kommisssie hoort. Maar dit het ook tyd geword dat kerkrade die koers wat die kerk nou inslaan, goed bekyk en vir hulleself uitmaak waarheen die kerk op pad is, en of hulle bereid is om daardie pad te loop. Elke predikant staan voor die belangrikste keuse van sy bediening: kontekstualisasie met sy wrange vrugte, of gereformeerd-wees?