Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Evolusionisme en Skrifkriftiek

AKTUEEL:
Akademici en studente van PU vir CHO sluit aan by ANC

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Skrifkritiek: 'n Dodelike kanker?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

Islam en sy profeet, Mohammed

Liturgiese sang

Ingrypende Reformatoriese verklaring van die NG Kerk Brakpan-Suid

Die skool van die Kerk gedurende die oorlog

Is kommunisme dood?

Die Goddelike kultuuropdrag in die konteks van grondbesetting in Suidelike Afrika

Godsonterende uitlatings op Radio 702

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Bergbron Lewe!"

Skokkende berig en brief in Beeld oor kerklike besluite en teen gesag van die Bybel en belydenisskrifte

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Reformatoriese erfenis en roeping op onderwysgebied

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Slot

PERSRUBRIEK: 
Ordelike liturgie


Kategese deur die Kerk

Lotery

KOMMENTAAR: 
Die bydrae van (Beroep-)sport

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Bybelse Etiek

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 5  September 2000

AKTUEEL

AKADEMICI EN STUDENTE VAN PU VIR CHO SLUIT AAN BY ANC

Is dit versoenbaar met die gereformeerde geloofsoortuiging?

-  P VAN DER KOOI  -

Die PU vir CHO is aanvanklik begin as 'n positief Christelike hoër onderwysinrigting om te voorsien in die behoefte om, teenoor die reeds bestaande sogenaamd neutrale universiteite, tersiêre onderrig te verskaf in ooreenstemming met die gereformeerd Christelike geloofsoortuiging. Helaas is dit nie meer sonder teëspraak van toepassing in die geheel van die dosering van vakonderrig nie. Nog minder met betrekking tot talle dosente wat dien in die onderskeie fakulteite van dié skool, wat as 'n bolwerk van Calvinisme sy bestaan begin het. Dit is veral op die terreine van die geesteswetenskappe waar prinsipiële bybelse benaderings vervang is met dié van die kontemporêre humanisme, rasionalisme en eksistensialisme.

Volgens 'n berig in BEELD, Saterdag 24 Junie 2000, is daar ''groot getalle akademici en studente aan die Potchefstroomse Universiteit wat by die ANC aangesluit het''. Onder diegene is daar twee dosente wat spesifiek genoem word. Dit is prof Theo Venter (Dept Politieke Wetenskappe) en prof Wim Naudé (Dept Ekonomiese Wetenskappe).

Volgens prof Venter is dit die eerste keer dat hy lid van 'n politieke party word. ''Ek beleef die Afrikaner, waaruit ek waarskynlik stam, as 'n groep wat groter gemaklikheid met verskille moet kry. Verder is politieke stabiliteit in die land die grootste enkele ding waarvoor ek my beywer'', aldus prof Venter.

Prof Wim Naudé sê dat hy geruime tyd al lid van die ANC is. Hy verstaan ook nie die bohaai oor die inbreuk van die ANC op ander politieke partye se steun op die kampus nie. ''Ons het lankal SAKP- en ANC-lede op die kampus en dit lig nie 'n wenkbrou nie. Ons bly die steunpilaar vir Suid-Afrikaanse denkwyses en is gewis nie 'n universiteit vir 'n sekere groep mense nie.'' As die universiteit steeds die etiket van 'n wit Afrikaanse universiteit dra, is dit verkeerd. Dit is 'n moderne, nasionale universiteit, sê prof Naudé.

Hoewel die universiteit 'n gedragskode het dat personeel se politieke oortuigings nie in hul werkverpligtings tot uitdrukking mag kom nie, het elkeen die persoonlike keuse en reg om by die politieke party van sy voorkeur aan te sluit, sê prof Carools Reinecke, rektor van die PU, aldus die berig in BEELD.

Is politiek 'n neutrale saak waaraan jy kan deelneem volgens pragmatiese oorwegings? Is Jesus Christus, vir die PU vir CHO, nie meer die Koning op alle lewensterreine nie? Staan die politieke betrokkenheid vir Christene nie onder die gesag van God se Woord en die norme wat daarin geopenbaar is nie? Is de kommentaar van prof Reinecke, as rektor van die PU, gepas en aanvaarbaar in die lig van die Christelike karakter wat die Potchefstroomse Universiteit behoort te handhaaf?

Deelname aan partypolitiek is relatief ondersteunend of krities opponerend. In albei gevalle geld dit volgens die Christelike geloofsoortuiging dat dit moet dien tot die erkenning, eer en verheerliking van die heilige en almagtige God, óók as die Formeerder van volke en nasies (Jes 45:18; Jer 10:16; 51:19).

Volgens Romeine 13:1-7 en NGB, art 36, dien die owerheid as dienaar van God, om deur middel van die wetgewing en regering die losbandigheid van die mense in bedwang te hou en te sorg dat alles onder die mense ordelik kan verloop. Dit is 'n bepalende faktor vir die hoedanigheid en deelname aan die praktiese politiek. 'n Opregte Christen-gelowige mág en kán nie onverskillig staan ten opsigte van die bybelse riglyne met die oog op die staat en samelewing nie.

Hetsy relatief ondersteunend, hetsy krities opponerend, in albei gevalle gaan dit daarom of die Here God daardeur as die enige en almagtige Skepper van hemel en aarde geëer, en as die Beskikker oor die lotgevalle en die geskiedenis van nasies en volkere erken sal word.

Kan, met inagneming van die voornoemde skriftuurlike riglyn, die ANC relatief ondersteun word? Is die ANC 'n party wat hom bind aan die gesag van God se Woord en die norme wat daarin vervat is? Kom ons verwys na die ANC se ontstaan en sy kommunistiese verbintenis. Daarmee bevind hy hom in die ideologiese sfere van die Marxisme. Dit is 'n politieke strewe om die wêreld op 'n revolusionêre wyse te verander tot 'n utopie waarby die ongelyke verspreiding van eiendom en die politieke mag in die hande van die ''kapitaliste'', beëindig sal word. Die ANC is in 1912 gestig as 'n suiwer swart bewussynsorganisasie met die ekonomiese en politieke seggenskap van die swartes as enigste strewe. As gevolg van die kommunistiese infiltrasie het hy mettertyd sy oorspronklike karakter verloor en 'n bruikbare werktuig van die Moskou-georiënteerde Kommunistiese Party van Suid-Afrika geword. (Lees ook die artikel: "Is Kommunisme dood?" geskryf deur Sydney Gregan. 

Die kommunistiese doelwitte is antichristelik. Sy sosialistiese staatsopvatting behels die totalitêre oorheersing van alle terreine van die lewe. Veral in die omstandighede van 'n eenparty of amperse eenparty-regering is die sosialisme geneig om beheer uit te oefen oor feitlik alle openbare aangeleent-hede in die staat. Om die sosialistiese ''heilstaat'' te kan realiseer is dit nodig om, byvoorbeeld, die opvoeding en onderwys van die kinders te hervorm sodat dit kan dien om hulle te motiveer vir die begrip van die sosialistiese ideologie. Ook die evangelie wat in die kerke gepredik word moet daarby aanpas. Op die terreine van die ekonomie geld die beginsel van 'n herverdeling van produksiemiddele, rykdom en privaatbesit.

''Die ... mooiklinkende sosialistiese idealisme staan in skreiende kontras teenoor die werklike gesagsposisie wat die staat vandag in ... kommunistiese lande beklee. In die praktyk vind ons in hierdie lande dat die individu volkome onderworpe is aan die staat en die bevele van die staat. Bo-oor alles troon die Kommunistiese Party, die waghond van die kommunistiese staat, die instrument vir die kondisionering van die kommunistiese mens tot op 'n vlak waar hy sy individualiteit volkome prysgee ter bevordering van 'n magsgroep wat deur middel van die Party 'n permanente diktatuur kan afdwing'' (NJ Rhoodie, 1969).

In die geval van partypolitieke deelname is dit vir 'n Christen ongeoorloof om die kommunistiese grondslag en doelstellings van die ANC te ondersteun. Dit is 'n opmerklike verskynsel dat dit nou juis dosente in die politieke en ekonomiese wetenskappe betref wat by die ANC aangesluit het. Die ideologie van die ANC/SAKP is van betekenis op hulle vakterreine. 'n Aanduiding van die PU vir CHO se verlating van die oorspronklike beginselbasis! Want hoe rym hy dié ANC-verbintenis met ''die universiteit se gedragskode'' - volgens die rektor van die PU - ''dat personeel se politieke oortuigings nie in hul werkverpligtings tot uitdrukking mag kom nie'' ??