Vorige Uitgawes

Inhoud

REDAKSIONEEL

HOOFARTIKEL:
Evolusionisme en Skrifkriftiek

AKTUEEL:
Akademici en studente van PU vir CHO sluit aan by ANC

SKRIFOORDENKING:
Die Here se vereistes vir ware reformasie van sy kerk

Skrifkritiek: 'n Dodelike kanker?

Is beroepsport 'n beroep waaraan Christene vrylik kan deelneem?

Islam en sy profeet, Mohammed

Liturgiese sang

Ingrypende Reformatoriese verklaring van die NG Kerk Brakpan-Suid

Die skool van die Kerk gedurende die oorlog

Is kommunisme dood?

Die Goddelike kultuuropdrag in die konteks van grondbesetting in Suidelike Afrika

Godsonterende uitlatings op Radio 702

KERKLIKE JOERNAAL: 
"Bergbron Lewe!"

Skokkende berig en brief in Beeld oor kerklike besluite en teen gesag van die Bybel en belydenisskrifte

OPVOEDING EN ONDERWYS:
Reformatoriese erfenis en roeping op onderwysgebied

KERK, STAAT EN MAATSKAPPY: Ware betekenis van die Calvinisme.   Slot

PERSRUBRIEK: 
Ordelike liturgie


Kategese deur die Kerk

Lotery

KOMMENTAAR: 
Die bydrae van (Beroep-)sport

Gesprek met die lesers

MEDIESE ETIEK: 
Bybelse Etiek

INTEKENING

REDAKSIE

Die Kerkpad
"Laat ons wandel in die lig van die Here"
(Jes 2 ; 3 - 5)

Jaargang 4  No 5  September 2000

Hoofartikel

EVOLUSIONISME EN SKRIFKRITIEK

Alle eeue van die menslike bestaan is die waarheid van God se Woord en werk (NGB, art 2) betwyfel en 'n betekenis daaraan verleen wat aanpas by die redelike denke van die mens. Dit is ook tans die geval met evolusionistiese hipoteses wat dui op 'n spontane en pre-historiese ontstaan van die menslike lewe. Dieselfde tendense is aanwesig in die eksegese van Skrifkritiese teoloë. Hulle onderwerp die Bybel aan hulle denke, wat min of meer aanpas by die benaderings van die evolusionisme. Dit is vir die nie-ingeligte en goedgelowige Christene 'n verborge verleiding om die gesag van God's Woord te betwyfel.

Die dialektiese diskussie oor die waarheid van die Bybel bots met die geloof aan sy Goddelike inspirasie. Dialektiek is die logiese beredenering van 'n saak. Kan die Bybel aan die menslike logika onderwerp word? Dit is waar die vlakke van die natuurwetenskappe, met sy evolusionistiese hipoteses, die terreine van die hermeneutiek en eksegese van die Bybel ontmoet. In artt 3 en 5 van die NGB bely ons die onbetwyfelbare geloof in die Goddelike inspirasie van die Bybel ,''om ons geloof daarna te rig, daarop te grondves en daarmee te bevestig''. Hierdie geloof word aangetas deur 'n evolusionistiese benadering van die bestaande werklikheid, nie slegs op die vlakke van die natuurkunde nie, maar ook in die Skrifkritiese teologie.

'n Opregte ateïs verwerp in sy gedagtes die bestaan van God en sy almag in die skepping en onderhouding (voorsienigheid) van hemel en aarde (HK,Sondae 9 en 10, V/A 26 en 27). Tog wil hy 'n verklaring vind vir die ontstaan en bestaan van die menslike lewe en vir die leefwêreld waarin hy gedompel is. Dit het 'n wetenskap geword om dit na te vors. Dit vind vertakkinge in talle gespesialiseerde vakgebiede wat elk vir homself, maar ook in verhouding tot mekaar, poog om die oorsprong van die menslike bestaan te verklaar.

Dié verskillende domeine van die wetenskappe word bedryf deur sowel ateïste as Christene. Die ateïste glo aan hul aanname van miljoene jare wat aan die huidige bestaan voorafgegaan het en die teorieë van 'n ''oerknal'' en ''uitdyende heelal'', asook die ontstaan van lewe uit dooie anorganiese stof wat onder ongedefinieerde ''gunstige'' omstandighede 'n eensellige ontstaan gekry het, wat die evolusie van lewe op aarde aan die gang gesit het. Daar is ''Christene'' wat dié hipotetiese evolusieteorieë kritiekloos aanvaar as die wetenskaplike verklaring van die natuurlike bestaan. Hulle probeer dit te versoen met hulle geloof deur die Bybel te vergeestelik. Die verhale van die Bybel moet nie in alle opsigte letterlik verstaan word nie, maar daar is 'n hoëre, 'n dieper betekenis wat ''ontdek'' of geëksegetiseer moet word. Die Bybel moet ontmitologiseer word! Dié opvattings word gehuldig nie slegs deur natuurkundiges nie, maar ook deur Christen-teoloë van ons tyd.

Hierdie evolusionistiese verklaring van die aardse bestaan spruit voort uit die ongeloof en die hoogmoed van die mense om rasioneel te wees, met ander woorde, om met hul verstandelike vermoëns God te begryp en na te reken met die werk wat Hy gedoen het en doen. Dit is 'n deïstiese godsbegrip, die leer van die Deïsme, wat strydig is met die geloof wat in die gereformeerde belydenisskrifte as hoofsom van die leer van die heilige Skrif geformuleer is.

Op teologiese terrein is die Skrifkritiek allereers bevorder deur die Arminianisme van die sestiende en sewentiende eeu in Nederland. Dit was 'n poging om rasionalisme te hanteer in die verstaan en verklaring van die bybelse teks. Die belydenisgeskrif, die Dordtse Leerreëls, is 'n direkte resultaat hiervan, om hierdie dwalings uiteen te sit en te weerlê.

Sonder om detail te bespreek van skriftuurlike en wetenskaplik-gemotiveerde weerleggings van die evolusionisme, wil ons daarop wys dat die Skrifkritiek sterk gelei is deur die Darwinistiese "natuurlike seleksie"-teorie. Dit is veral Julius Wellhausen (1844 - 1918), 'n Duitse Ou Testamentikus, wat deur Georg W Hegel (1770 - 1831) se dialektiese filosofie beïnvloed is. Sodoende het hy begin doseer dat die mens van 'n primitiewe bestaan en denke ontwikkel (evolusioneer) het tot waar hy nou staan.

JC Erasmus skryf in ''Bewaar my Woord - Kritiek op die Nuwe Vertaling van die Bybel'', dat ook Karl Marx een was wat uit die dialektiese denke van Hegel geput het en sy sosio-ekonomiese idees daarop gebou het. Die uiteinde van Hegel se denke is natuuraanbidding of panteïsme wat die evolusieleer dan ook in wese is. "Wellhausen het die aanname gemaak dat daar 'n progressiewe ontwikkeling van godsdienstige praktyke was, naamlik van 'n politeïstiese (veelgodendom) begin tot monoteïsme (eengodendom). Die opvattings van die omringende kulture is in die Hebreeuse teks geabsorbeer."

Dr WJ Ouweneel beskryf dit as volg: As gevolg van die Wellhausianisme is die Ou Testament voortaan deur byna alle kritici as wesenlik onhistories beskou. Eén van die verste strekkende konsekwensies van hierdie teorie was die aantasting van die bybelse volgorde, dat éérs die wet en daarná die profete, presies omgekeer is. Volgens die kritici op die spoor van Wellhausen, moet die ''wet'' (dit is die boeke van Moses en die ''Priesterkodeks'') eers lange tyd nadat die profete opgetree het, gedateer word. "Daarmee is de hele bijbelse voorstelling prijsgegeven van Jahweh die Zijn volk aan het begin van zijn geschiedenis Zijn wetten geeft, en die lange tyd daarna de profeten zendt om het volk weer tot Zijn wet terug te voeren. Daarvoor in de plaats krijgen wij een visie waarin de profeten de ene God 'uitvinden', waarna vervolgens een priesterklasse, die God een wet in de mond legt".

In ''Het ontstaan van de Bijbel'' (1998 Amsterdam: Telos, bl 147) skryf Ouweneel tesame met ds WJJ Glashouwer dit aldus: Die skool van Wellhausen het dus van 'n volslae ongegronde vooronderstelling uitgegaan dat die godsdiens van Israel, net soos dié van ander volke, van puur menslike oorsprong was en uitsluitend evolusionisties verklaar moet word. Dat nie 'n enkele bekende godsdiens hom ooit tot die egte monoteïsme ontwikkel het nie, het vir hom nie saak gemaak nie: ook die godsdiens van Israel kón immers nie anders as met animisme en grof politeïsme begin het nie! ''De overweldigende hoeveelheid bewijzen vanaf Genesis, dat Israëls godsdienst hoogstaand en puur monotheïstisch was vanaf het begin, werd eenvoudig weggeredeneerd door ze als latere invoegsels en verdraaiingen te verklaren''.

Hierdie evolusionistiese en filosofiese vooronderstellings is direk in stryd met die geloof in die Goddelike inspirasie van die Heilige Skrif. Die neerslag daarvan vind ons in die 1983 Bybelvertaling en populêre Bybelverklarings soos ''Die Bybel in Praktyk'', ''Die Bybellennium'' en andere. In ons blad is reeds keer op keer verwys na die Skrifkritiese tendense van die NAV en genoemde Skrifverklarings.

Allereers is die evolusionisme in stryd met die Goddelike openbaring in sy Woord. ''Deze heeft door haar leer van schepping, van een daarna volgende staat der rechtheid en van een daarop volgende zondeval het evolutionisme in principe veroordeeld. De eerste mens is bij haar niet prae-histories, dog histories. Hij is geen mythologische voorstelling, dog concrete werkelikheid. ...'' Die sogenaamde primitiewe mens van die evolusionisme is daarom 'n fiksie en hierdie fiksie is slegs haalbaar as deur 'n prinsipiële verloëning van die Skrifwaarheid oor ontwikkeling gepraat word waar die Skrif slegs enkel afval sien, aldus prof dr K Schilder (College-dictaat: Christelijke Religie). ®